‘7de Laan’ hier om te bly

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die gewilde SABC 2-sepie 7de Laan sal wel Maandagaand deur die SAUK gebeeldsaai word.

Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan-woordvoerder, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat die sepie nié tydelik van die kassie afgehaal gaan word nie.

Maroela Media het vroeër berig die sepie sou moontlik nie na die kassie terugkeer nie omdat die SAUK, wat die opdraggewer van die program is, glo al vir langer as twee en ʼn half maande sloer om kontrakte te finaliseer.

“Ons het die kontrakte oor die naweek ontvang, en die finale, ondertekende kontrakte is Maandag teruggestuur na die SAUK,” het sy gesê.

Erasmus meen aanhangers én personeel is behoorlik in hul noppies dat die SAUK die kontrakte net betyds afgehandel het. “Ons het die afgelope paar dae ʼn paar oproepe van mense gekry wat vra of ons nou finaal 7de Laan gaan beëindig, en dat ons dit asseblief nie aan hulle moet doen nie. Ons is dus baie bly om die goeie nuus met kykers te deel.

“Die personeel is ook baie dankbaar hieroor. Wanneer jy hoor dat jy wel jou salaris gaan kry, is dit voorwaar goeie nuus,” het sy bygevoeg.

Vir meer inligting, besoek 7de Laan se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oosie ·

Dis nou goeie nuus. ‘n Klompie akteurs wat hul regtig goed van hulle taak kwyt. Hou so aan!

Cherokee ·

Maroela sorg altyd vir ongelooflike nuus! Moeilik om te glo maar hier is dit swart op wit!
Dit mag vreemd wees maar as Maroela so sê dan gaan ek nie stry daaroor want dan is dit seker werklik so dat daar mense is wat bly is dat 7de Laan bly.

keuse ·

Agge nee wat n teleurstelling. Gelukkig het ek n keuse om nie te kyk nie.

Tiger ·

Ek dink die sabc is niks te vertroue nie.Ek hoop maar die mense word regtig betaal . . . Ons het 7de laan in 2008 ophou kyk so wat gebeur met die program of sy mense aan die einde van die dag skeel ons niks.

Marianne ·

Aaaaaaag nee!!!!!!
7de Laan moet net sy storie Lyn reg kry, hulle program is lam. Daar gaan niks aan nie!
Daar is oompies en aunties wat wraggies nie kan act nie!!!!
Word wakker man! Genade!

Lieze ·

As jy niks goed kan sê nie, hou dit eerder vir jouself!

Kyk jou programme waarvan jy hou, maar moenie ander afkraak nie.

7de Laan bly my gunsteling op SABC !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.