‘7de Laan’-tydgleuf bly; talle ander nie

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die gewilde SABC-sepie 7de Laan se tydgleuf gaan volgens die SAUK nie verander nie.

7de Laan-kykers was woedend na dié sepie aanvanklik Woensdag ‘n nuwe tydgleuf vir die program op sosiale media aangekondig het.

Volgens die 7de Laan (Amptelik)-Facebook-blad sou dié program vanaf 1 Februarie om 18:00 uitgesaai word.

Die gewilde sepie se tydgleuf het sedert sy verskyning in 2000 nog net een keer vantevore verander nadat dit sedert 4 Julie verlede jaar om 19:00 uitgesaai is. Voorheen was dit altyd om 18:30 uitgesaai.

Rosa-Marie Erasmus, woordvoerder vir die program, het aan Maroela Media gesê dié besluit berus nie by die program nie, maar eerder by die uitsaaier self.

Op navraag oor dié tydgleufverandering het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, gesê daar is talle programme wat tydelik óf na ander kanale skuif óf ʼn nuwe tydgleuf kry as gevolg van die Afrikanasiesbeker-sokkertoernooi wat deur die openbare uitsaaier op TV uitgesaai word.

Kganyago het gesê dié kanaal- en tydgleufveranderings word tydelik aangebring om ruimte vir die sokker te maak soos daar in die verlede met groot rugby- en kriektetwedstryde gemaak is.

Die SAUK het egter kort hierna in ʼn mediaverklaring aan Maroela Media bevestig 7de Laan se tydgleuf sal nie verander nie en dat dit steeds weeksdae om 19:00 uitgesaai sal word.

Die Afrikanasiesbeker-sokkertoernoois sal na verwagting op 5 Februarie klaarmaak. Die wedstryde sal ook op 19 van die openbare uitsaaier se radiostasies uitgesaai word.

Dié programme word tydelik geraak:

Verskeie SABC1-programme soos Generations-The Legacy, Uzalo en Skeem Saam sal tydelik op SABC2 en SABC3 uitgesaai word.

  • Skeem Saam om 18:30 (Maandag tot Vrydag) op SABC2
  • Generations-The Legacy om 19:30 (Maandag tot Vrydag) op SABC3
  •  Uzalo om 20:30 (Maandag tot Woensdag) op SABC2

SABC2-skedule:

  • Maandae tot Vrydae om 18:00 – Tswana / Sotho Nuus
  • Maandae tot Vrydae om 18:30 – Skeem Saam
  • Maandae tot Vrydae om 19:00 – 7de Laan
  • Maandae tot Vrydae om 19:30 – Nuus
  • Maandae tot Woensdae om 20:30 – Uzalo
  • Maandae om 20:00 – Navy NCIS
  • Maandae om 20:00 – Nhlala ya Rixaka
  • Dinsdae om 20:00 (Die Afrikaanse Drama is vir eers van die kassie en sal in Februarie terugkeer)
  • Dinsdae om 20:00 – Ngula ya Vutivi

SABC3-skedule:

  • Generations om 19:30
  • High Rollers word nie in die tyd uitgesaai nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kobus Hattingh ·

Verbasend dat mense nog wel na hierdie sepie kyk. Dit is nou al n hele paar jaar verby die junk status simbool ;) Waar is die goeie dramas soos Agter Elke Man ens? Kyk veel eerder weer n keer daarna as na die moderne politieke korrekte gemors wat ver verwyderd is van die werklikheid vir baie.

Johanna Goosen ·

Ek is onsteld oor High Rollers gaan dit weer terug kom . Die programme wat nou opkom is sommer n klomp twak

elize ·

ek stem johanna ons sit nou ons tv maar net af in die aand…

Magda ·

Dit is die grootste klomp nonsens dat daar in die verlede vir groot rugby wedstryde tyd gemaak is… sokker kry altyd voorkeur..

Maria Van Dieweeck ·

Hierdie program is aaklig. Dit het die kinders geleer om aaklige taalgoggas te gebruik, om nie eens te praat van uitspraak nie “”My mo en po, willie he ek moet na n cool show gaan kykie!’ !Uuuuuuggghh!. Help asb die ‘kids’!

Sulet ·

Shame, hoekom moet die 7de-laners altyd so ‘n bohaai opskop? Dis tog net tydelik

Leana ·

Want ons kyk 7de laan dis hoekom. Skep n sport kanaal vir die sokker

ANEL ·

Ja nee ek net so de hel in oor High Rollers. Wat help dit mens volg ‘n program en voor die einde insig is stop hulle dit. Hulle wys soveel gemors in gesinstyd en al die goeie programme na 11 in die aande. Dis so pateties. Dan dagvaar hulle jou as jy nie tv lisensie betaal nie, maar hoekom moet ek betaal vir iets wat ek nie kyk of ‘n woord verstaan nie?

Koos ·

Wat maak dit saak? Ons kyk lankal nie meer 7de Laan nie. Die sepie het verval in benede middelmatigheid.

Laurie ·

Hoe kry hulle dit reg om op ‘n Maandagaand om 20:00 op SABC 2 gelyktydig NCIS en ‘n ander program uit te saai ?

Karma ·

Dis Hlaudi se skuld. Hy kan nie internasionale tyd lees nie – het mos nie ‘n wettige matrieksertifikaat nie.

Elsie ·

Elkeen het maar sy eie gunsteling programme wat hy wil kyk. Hoekom kan daar nie GROOT ASB ń kanaal geskep word net vir sport nie? Dan eers kan elkeen kyk wat hy wil en 90% is tevrede. Hoekom moet alles altyd in jou keel afgedruk word of jy daarvan hou of nie EN dan moet jy nog daarvoor betaal EN jy het geen sê in die saak nie!

Marianne ·

Stem saam oor n aparte, nie betaal sport kanaal.
Ek stel nie belang in sport nie

Karma ·

Daar IS toegewyde kanale vir sport: SS1 (201), SS2 (202), SS3 (203) ens. tot by SS7 (207), maar die problem is dat baie mense òf nie die volle Dstv-pakket wil uitneem nie, óf dit eenvoudig net nie kan bekostig nie.

Kobus Hattingh ·

Gooi asb in dieselfde asblik as High Rollers asb. Watter twak dis hulle nie alles op nie. Voer eerder 90% van die buiteland in asb. :)

Speedguard ·

Hendrik . almal is ook nie soos jy in ‘n bevooregte posisie om te kan kies en keur nie, gooi die Tv’S weg , DSTV is ook maar net so gemors ALLES word hehaal en op Showmax is die nuutste vrystelling Rocky 5, en as jy nie van geweld hou nie is die top fliek tans The Sound of Music, kry ‘n lekker boek en as jou oe te swak is kry iemand om dit op band te sit of te lees !

Christel ·

Ja ongelukkig is daar nog mense wat maar SABC 2 of 3 moet kyk want kan nie DSTv bekostig nie so ons maar op die kanale aan gewese….en ons trek swaar onder die programme!!!!

BOLANDER ·

Verstaan nie nou. Die SON koerant sê vandag die tyd is verander na 18H00?? Wat is die tyd nou eintlik. Gaan dit verander of nie????

petra van Vuuren ·

Ek kyk lankal nie twak nie. En as ek nie dstv gehad het nie, sou ek in elk geval nie gekyk het nie. Net ‘n klomp nonsens, en nou veral na daai Vinette se twak wat sy geskryf het, sal ek nog baie miner kyk. Werk eerder ini tuin of iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.