Agent 2000: Nuwe tienerfliek op Showmax

agent-2000[promosie-artikel]

Walter du Toit is nie ’n gewone skoolkind van Randburg nie. So bietjie James Bond, so bietjie Sherlock Holmes en ’n groot klomp gesonde houding maak van hom Agent 2000 – ’n geheime agent en speurder wat sy grys stof vir ’n goeie doel aanwend.

In hierdie opwindende speurverhaal moet Walter/Agent 2000 ’n raaisel by die skool oplos: hy moet die berugte gemaskerde boelie, Die Laksman, voor die einde van die ontgroeningstydperk vang. Daar’s heelwat op die spel: die skoolhoof se werk is in gedrang, en Walter kan sy nuwe beste vriend en die meisie van sy drome kwyt wees as hy nie in sy missie slaag nie.

Die jong akteur Paul Loots speel die rol van Agent 2000, en ander bekende gesigte is Ruan Wessels, Izél Bezuidenhout en Amalia Uys. Alhoewel die storie deur kinders aangedryf word, sal Agent 2000 die hele gesin vermaak. Regisseur Stefan Niewoudt vertel ’n aksiebelaaide storie met behulp van ongewone visuele effekte.

Vanaf 6 Maart is Agent 2000 se avontuur vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie fliek op 6 Maart aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.