Aksiebelaaide flieks: Kyk die Bourne-reeks

Jy kan nou vier Bourne-flieks sommer in een sitting deurkyk. Dié aksiebelaaide treffers, gebaseer op Robert Ludlum se boeke met Matt Damon in die hoofrol, is nou op Showmax te sien.

Dié reeks flieks is bekend dat hy van regte waaghalse gebruik gemaak het in plaas van fotografie wat deur rekenaars gegenereer is.

Die Bourne Franchise Collection is nou beskikbaar op Showmax.

1. The Bourne Identity

ʼn Man, wat uit die see gered word, het nie ʼn idee wie hy is nie. Terwyl hy probeer om die waarheid uit te vind, word Pandora se kissie oopgemaak en hy is die gevaarlike vyand! Kyk nou op Showmax.

2. The Bourne Supremacy

Jason Bourne kon ontsnap en bly nou in ballingskap – totdat iemand probeer om hom dood te maak. Sy verloofde sterf en dié dodelike agent is warm op sy aanvallers se spoor. Kyk nou op Showmax.

3. The Bourne Ultimatum

Nog persone tree in om Bourne te keer, maar hulle is nie opgewasse teen dié spesiale agent nie. Dit is die spanningsvolle einde van die Bourne-trilogie. Kyk nou op Showmax.

4. The Bourne Legacy

Die sameswering is veel diepier as net Jason Bourne en wanneer agente probeer om almal in die program te vermoor, staan ʼn nuwe gevaarlike vyand gereed om terug te baklei. Jeremy Renner is Aaron Cross, ʼn lid van die program wat nou vir sy lewe moet vlug van die mense wat hom gemaak het wie hy is. Kyk nou op Showmax.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks is nou beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.