Akteurs deel hul gunsteling ‘Getroud met rugby’-oomblikke

David de Villiers en Nadia Beukes. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

David de Villiers en Nadia Beukes. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die bekende kykNET‑program Getroud met Rugby het Dinsdagaand hul 10de verjaarsdag by ʼn deftige geleentheid in Johannesburg gevier.

Van Suid-Afrika se bekendste akteurs het bymekaargekom om saam fees te vier, en het hul gunstelingoomblikke op die Getroud met Rugby-stel met Maroela Media gedeel.

Nadia Beukes (Iva)

“Van my lekkerste herinneringe van Getroud met Rugby is my twee troues. Een met Fafa en een met Schalk. Al twee is die beste troues van my lewe.”

Zetske van Pletzen en Altus Theart. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Zetske van Pletzen en Altus Theart. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Altus Theart (Fafa)

“Daar is baie herinneringe van Getroud met Rugby. Ons het die afgelope tien jaar familie geword, vriende verloor langs die pad en medespelers bygekry. Dit was ’n awesome journey. Vanaand is ’n hoogtepunt van al die goeie herinneringe. Wat ’n geleentheid!”

Marijke van der Westhuizen (Maryke de Villiers)

“Dit is ’n pragtige funksie vanaand. Dit is ’n groot eer om deel te kon wees van dag een af en na tien jaar nog steeds hier te wees.”

Christel van den Bergh. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Christel van den Bergh. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Christel van den Bergh (Renate Greeff)

“Ek het nie spesifieke mooi herinneringe nie. Ek is net baie dankbaar en gelukkig om deel te wees van die span en om elke dag te kan werk saam met hierdie wonderlike akteurs rondom my.”

Rina Nienaber (Koekie)

“Dit is wonderlik om deel te wees van hierdie ervaring. Dit is baie lekker en ons geniet elke oomblik.”

Leandie du Randt (Mieke)

“My gunstelingherinneringe van Getroud met Rugby is waar ek, Je-ani en Hanna altyd langs die rugbyveld sit en jare se probleme oplos en sjokoladekoekies eet, en net tyd saam spandeer terwyl ons met ons bene in die son sit.”

Leandie du Randt en Je-Ani Swiegelaar. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Leandie du Randt en Je-Ani Swiegelaar. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Je-ani Swiegelaar (Marietjie)

“My gunstelingherinnering  is dieselfde as Leandie s’n, maar ook die nederige mense saam met wie ons gewerk het. Ek onthou een spesifieke dag: Ons het in die middel van die winter geskiet en ek het visplakkies aangehad en Jozua Malherbe, wat ons regisseur was vir daardie reeks, het gekom en my voete vir my warm gevryf. Ek was besig om te verkluim, en hy sou nie toelaat dat enige van sy aktrises koud kry nie.”

Elzabe Zietsman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Elzabe Zietsman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Elzabé Zietsman (Magda)

“My mooiste herinnering het nooit op skerm gebeur nie. Ek dink dit was my troue met Pottie, maar niemand het dit ooit gesien nie.”

Andre Odendaal (Botha)

“Ek was daar van die begin af. Dit is nogal ’n prestasie. Welgedaan vir hulle wat dit bymekaar hou. Dit is ’n baie goeie span. ’n Lieflike span mense.”

David Louw. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

David Louw. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

David Louw (Simon Greeff)

“My snaaksste oomblik op die stel was saam met Marijke. Sy moes my masseer en toe in die skoot trek ek al my klere uit, so ek het niks aangehad nie. Toe ek opstaan en uithardloop, het ek net ’n handdoek wat alles toehou. Jy kon net wit boudjies sien. Dit was baie snaaks gewees, want niemand het dit verwag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sonja Alberts ·

Wel gedaan GMR!!!!!!!!!!!!Ek mis nie 1’episode nie dankie aan elke liewe akteur en aktrisse wat deel maak van GMR dit uit die boeke uit!!!!”ou Reitz’ie”kan speel ek is is Anna LOL…LOL…LOL..LOL..!!!!!

anni ·

Koekie en Festus maak getroud met rugby. Minder lang draadige stories soos Anna en boek, die 2 skelms van die rugby klub wat met als wegkom, en meer koekie en festus.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.