Alle fynproewers: MKR is nou op Showmax te sien

Sanger J’Something en restaurateur David Higgs, beoordelaars van My Kitchen Rules

Met die ysige koue buite, is daar nou ʼn goeie rede om binnenshuis te bly: die eerste seisoen van My Kitchen Rules is nou op Showmax te sien.

Dié 18 episodes is propvol eenvoudige resepte met fynproewer-beoordelaars soos die sanger J’Something en restaurateur David Higgs.

Seisoen 2 is van 3 Junie op M-Net te sien, so dis nou die tyd om al die aksie van seisoen 1 te beleef!

Al die deelnemers is amateurkokke – as hulle dit op My Kitchen Rules SA kan doen, kan jy dit ook doen!

Eenvoud is die sleutel,” verduidelik David, wat al 20 jaar lank in die bedryf is. “Hou dinge eenvoudig en berei iets voor (vir die oudisies) wat jou na aan die hart lê. Maak iets wat ʼn storie het.”

J’Something is ook ʼn ywerige kok. Alhoewel hy bekend staan as hoofsanger vir die plaaslike musiekgroep Mi Casa, is hy al jare lank doenig in die kombuis. Hy reken die belangrikste is om te luister wat die beoordelaars te sê het, veral tydens die oudisies vir die program. “Volg die opdrag en dan kan jy nie ʼn fout begaan nie,” verduidelik J. “Maak ʼn koue dis wat ons sal verras.”

As jy bietjie geïntimideerd voel wanneer jy na die episodes kyk, hoef jy nie bekommerd te wees nie. Nie almal is Gordon Ramsay in die kombuis nie! “Ons het al deelnemers gehad wat lomp is in die kombuis en lyk of hulle heeltemal in die diep kant ingegooi is, en dan bedien hulle die beste disse wanneer die tyd aanbreek,” verduidelik David. “Ons eet regtig alles wat bedien word – dit wat jy sien, is presies wat tydens die opname gebeur het. Ons proe soms tydens die verfilming, om ons net ʼn idee te gee waarheen die deelnemers op pad is, maar dan kry ons die volledige ete teen die einde van die episode.”

Deelnemers aan My Kitchen Rules is amateurs wat geen formele opleiding gehad het nie. “Dit gaan alles oor hul passie en liefde vir kos,” verduidelik David. “En ongelukke gebeur. Daar was ʼn oomblik waar ons net gehoor het iemand roep ʼn paramedikus toe iemand begin bloei – iemand het hulself met ʼn splinternuwe vlymskerp mes raak gesny.”

Jy sal dus ook self nie so simpel voel as iets in jou kombuis verkeerd loop nie, lag David. “Daar was al disse wat aangebrand het, kos wat geval het … al die goed wat in ʼn gewone kombuis gebeur. Dis deel van kosmaak. Die enigste manier hoe jy gaan leer is om dit self te doen!”

Al die bestanddele en metodes vir die eerste seisoen van My Kitchen Rules SA se disse is hier beskikbaar – van die soet-en-sout-happies vir ʼn noentee tot braai-pizzas en skaapskenkelpotjie.

“Onthou, jy is die kok – geniet die kosmaak en geniet die ete!” voeg David by.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.