Alles wat jy van Marc Buckner moet weet voor ‘The Bachelor’

Marc Brent Buckner (Foto: Verskaf)

Nadat Marc Buckner as Suid-Afrika se tweede The Bachelor aangekondig is, wou vroue reg oor Suid-Afrika net meer van dié aantreklike 36-jarige weet. Maroela Media het met hom gesels om alles uit te vind wat jy nog nié van hom weet nie.

Marc het gesê hy hoop om groot ondersteuning van die publiek te kry en dat hy reeds agterkom dat mense hom begin herken op straat. “Ek kan nie meer my plaaslike gimnasium gebruik nie, ek gaan doen nou eerder oefening in die berge, waar mense my nie herken nie,” het hy gesê.

Marc sal daarvan hou om iemand te ontmoet wat soortgelyke belangstellings as hy self het.

“Mens wil wel ook nie iemand hê wat presies identies aan jou is nie, want dit is lekker om nuwe goed by jou maat te leer.

“Dit sal wonderlik wees om iemand te ontmoet wat gedrewe is, en dalk iemand wat hul eie ding doen, sodat hulle tyd het vir reis. Ek hou ook gewoonlik van sportiewe meisies, omdat ek self sportief is,” het hy gesê.

Hy erken dat hy in die verlede nie die regte besluite geneem het wanneer dit by sake van die hart kom nie. Hy wil hom nie bind aan ʼn spesifieke persoonlikheidstipe nie en sê hy is bereid om ʼn kans te waag op ʼn meisie wie se belangstellings heeltemal van hom verskil.

M‑Net het gesê hulle wil dié keer alles in hulle vermoë wil doen om ʼn geesgenoot vir Marc te help vind. Veral nadat Lee Thompson en Gina Myers van die eerste seisoen se liefdestorie nie uitgewerk het nie.

Lee Thompson en Gina Myers (Foto: Instagram)

“Die grootste kritiek wat ons van die vroue van die eerste seisoen gekry het, was dat hulle nie genoeg tyd saam met Lee gehad het nie, veral aan die einde. So hierdie keer is daar meer tyd wat die vroue alleen saam met die Bachelor deurbring, ook weg van die kamera af.

“Ons wil die afsprake eerder eenvoudig hou, sodat hulle nie van plek tot plek moet beweeg nie, maar dat hulle eerder daarop kan fokus om mekaar beter te leer ken,” het die M‑Net-span gesê.

Marc het gesê hy wil so gou moontlik die vroue goed leer ken, sodat hy weet of dit kan werk of nie.

“Baie keer sê mense aan die begin van ʼn verhouding hulle hou hiervan of daarvan, maar dan drie maande later is dit nie die geval nie. Dít is wat ek wil uitskakel,” het hy gesê.

Hier is 20 goed wat jy dalk nie van Marc geweet het nie:

  • Hy kom oorspronklik van Durban, maar bly al vir 21 jaar in Kaapstad.
  • Hy is mal oor reis en doen dit al vir 25 jaar.
  • Hy het al onder andere na Rusland, Suid-Amerika, Amerika en Asië gereis.
  • Hy is 36 jaar oud.
  • Toe hy jonger was, het hy gedink hy sal teen dié tyd al getroud wees.
  • Hy is ʼn model.
  • Hy het onlangs minder op sy modelwerk begin fokus en meer op ʼn beroep in eiendom.
  • Hy was al voorheen in ʼn verhouding met ʼn Russiese vrou.
  • Sy vorige verhouding het vier jaar geduur.
  • Hy het ʼn hond genaamd Luna wat hy nege maande gelede gekry het. Sy doen alles saam met Marc.
  • Sy byname vir sy hond is Luludog en Batdog. Sy het ook haar eie Instagram-profiel.
  • Hy het ʼn tatoeëermerk van Afrika wat hy op ʼn staproete van Thailand na Burma gekry het.
  • Bamboes is gebruik om Marc se Afrika‑tatoe te tatoeëer.
  • Hy het self nog nie veel The Bachelor ‑episodes gekyk nie.

    Marc het ‘n tatoeëermerk van Afrika op sy rug (Foto: Instagram)

  • In ʼn lewensmaat soek hy iemand wat volwasse is en nie jaloers is nie.
  • Hy sê hy is regtig gereed om te trou.
  • Die organiseerders van The Bachelor het Marc vir die eerste keer op die lughawe ontmoet om hom te oorweeg vir dié realiteitsreeks.
  • Marc het hom nie self vir die program ingeskryf Die The Bachelor-span het uit verskeie oorde van Marc gehoor, onder andere deur Instagram.
  • Hy het sowat ʼn jaar van sy hoërskoolloopbaan in Amerika voltooi.
  • Hy kan nie Afrikaans praat nie, maar hy stel steeds belang in Afrikaanse vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

NIMLE ·

….whahahahaha. Ja, nee die foto’s is vir my maar ‘n “raak maar waar” aspek in die samelewing.

Blommie ·

Nee ooo wragtag, enige iemand wat so liefde soek weet ek darm nie.
VRY almal DIK en sien wie die lekkerste vry dan kies jy haar. n man moet mos sy metgesel kan kies sonder dat hulle in n ry staan en wag vir hom, is jy te BESIG daarvoor? Hoe gaan jy dan tyd he vir jou vrou? Nee DANKIE, hou jou hanne van my lyf af!

Dries Moolman ·

Die eerste reeks was ‘n flop. Maar hulle druk sowaar voort en maak nog een. In die geskiedenis van reality tv is daar maar ‘n fraksie van hierdie tipe ‘verhoudings’ wat slaag. Maar dis omdat almal hulle verkyk aan die spul, soos voyeurs, dat dit so winsgewend is om nog en nog en nog reekse te maak.

E.K. die eerste ·

Ook maar Boer soek vrou tipe van ding. Hoop maar hy kry wat hy soek en dat dit HOU.

Chanel ·

Hi, weet enige iemand wanneer dit dalk op TV sal wees?
Vreeslik dankie.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Chanel

Dankie vir jou kommentaar. M-Net het nog nie ‘n presiese datum bevestig nie, maar die reeks gaan in Februarie 2020 begin.

Groetnis
Anja
Nms Maroela Media

Albert ·

Is 36 nie bietjie jonk vir trou nie? Daar is mos geen geldige rede om voor 40 te trou nie. Geniet eers nog jou vryheid en sorgelose lewe vir n paar jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.