Babanuus vir ‘Boer soek ʼn vrou’-paar

Niel en Chereze Bruwer van ‘Boer soek ‘n vrou’-faam word vanjaar ouers. Dit is hulle eersteling. (Foto: Instagram/Niel Bruwer)

Die gewilde Boer soek ʼn vrou-paartjie, Niel en Chereze Bruwer, beleef omtrent ʼn warrelwind van groot gebeurtenisse sedert hulle mekaar op dié kykNET-maatsoekprogram ontmoet het.

Die egpaar, wat in Januarie voor die kansel gestaan het by die Kaleo-gasteplaas in die Koue Bokkeveld, het die naweek op sosiale media aangekondig dat ʼn pienkvoet vanjaar sy of haar opwagting sal maak.

Volgens Niel se plasing op Instagram, wat ʼn skattige foto van ʼn gehekelde skapie en babakombersie bevat, sal “Baba Bruwer” in September vanjaar gebore word.

“Daar’s nie woorde om die opwinding, die dankbaarheid en die groot seën te beskryf nie,” het Niel by dié foto geskryf.

“Dankie Jesus dat U ons so vinnig met die groot geskenk seën!”

Marciel Hopkins, aanbieder van Boer soek ʼn vrou, het die egpaar op Instagram gelukgewens met die babanuus.

Niel en Chereze op hulle troudag in Januarie vanjaar. (Foto: ANNA Photography)

“Ek is so ongelooflik bly saam met julle! Julle gaan incredible ouers wees [sic],” het Marciel gesê.

Niel, ʼn vrugteboer van Prince Alfred Hamlet in die Wes-Kaap, het in Julie verlede jaar die jawoord by die Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch gevra.

Die egpaar het kort ná die 13de seisoen van die program in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê hul deelname aan Boer soek ʼn vrou was vir hulle bestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Baie geluk!

Toy

Baie geluk julle.

Chantel

“Kersfees” baba…. Baie geluk

AmY

Baie geluk!