‘The Bachelor SA’: Hier is die deelnemers

Marc Brent Buckner (Foto: Verskaf)

Die tweede seisoen van The Bachelor SA begin Donderdag 13 Februarie op M-Net, kanaal 101, wys en Maroela Media kan eindelik die name van die 21 deelnemers bekendmaak.

Die organiseerders van The Bachelor het aanhangers op die punte van hul stoele gehad toe hulle vroeër twee van die vroue aan die publiek bekendgestel het. Die een was die bekende parlementslid Phumzile van Damme se jonger suster, Qiniso, en die ander ʼn groot diereliefhebber, Payal Sewbalak.

Hier is al 21 van die deelnemers wat gaan meeding om Marc Buckner, Suid-Afrika se tweede Bachelor, se hart:

Xia Narain (23) van Durban is ʼn internasionale model wat verlede jaar in die top-16 van die Mej. SA-kompetisie was.

Xia Narain

Tegan Edwards (31) van Pretoria is ʼn voormalige professionele tennisspeler wat nou ’n afrigter vir dié spel is.

Tegan Edwards

Tamryn Muller (30) van Centurion is ʼn soldaat met ʼn LLB-graad in die regte.

Tamryn Muller

Stefanie Vangelatos (27) van Johannesburg is ʼn sosiale media-foendi met ʼn honneursgraad in bemarking. Sy kan Grieks praat en het haar eie aanlyn bykomstigheidsonderneming.

Stefanie Vangelatos

Parushka Moodley (34) van Lonehill in Johannesburg is oorspronklik van Pietermaritzburg, maar het na die Goudstad getrek om haar droom te volg om ʼn suksesvolle rolprentregisseur te word.

Parushka Moodley

Pasha Dos Santos (27) van Milnerton in Kaapstad is ʼn professionele danser en pilates‑instrukteur. Sy was voorheen ʼn DHL Stormers‑rasieleier.

Pasha Dos Santos

Amor Kruger (26) van Pretoria het ʼn LLB-graad in regte en is ʼn Blue Bulls Babe. Sy het al in China en Kalifornië gewoon en kan basiese Mandaryn en Spaans praat.

Amor Kruger

Andeline Wieland (24) is ʼn plaasmeisie van Namibië wat tans in Stellenbosch woon waar sy juwele ontwerp. Sy was in 2012 Mej. Tiener Namibië en in 2017 eerste prinses in die Mej. Namibië-kompetisie.

Andeline Wieland

Bridget Marshall (31) van Seepunt in Kaapstad is oorspronklik van Durban, maar het voorheen in die Verenigde Koninkryk gewoon.

Bridget Marshall

Daniella Thibault (25) van Melkbosstrand in Kaapstad is ʼn sakevrou wat twee van haar eie sakeondernemings bestuur. Sy is ook ʼn gekwalifiseerde masseerder.

Daniella Thibault

Gillian Seetso (26) van Douglasdale in Johannesburg praat vlot Afrikaans, Engels en Setswana en is ʼn ontvangsdame.

Gillian Seetso

Greta Sher (27) van Broadacres in Johannesburg is ʼn naelkundige wat in Litaue in Europa gebore is, maar woon al in Suid-Afrika vandat sy 12 jaar oud is.

Greta Sher

Jessica Calder (27) is ʼn bakker van Constantia in Kaapstad wat haar eie bakkerye bestuur waar sy koeke en koekies maak.

Jessica Calder

Marisia van Wyk (24) van Klerksdorp is ʼn spraakterapeut en sy is vlot in vyf tale, insluitend gebaretaal.

Marisia van Wyk

Michaela Liebenberg (24) van Pretoria is ʼn onafhanklike sakevrou met ʼn hart vir diere. Sy wil ʼn goeie rolmodel wees om vroue te bemagtig en sy het drie honde.

Michaela Liebenberg

Mulesa Lumina (27) van Baysville in Oos-Londen is ʼn suksesvolle bemiddelaar met ʼn LLB-graad in regte. Sy is gebore in Zambië en het haar kinderjare in Zambië, Australië, Swaziland en Suid-Afrika deurgebring.

Mulesa Lumina

Nolo Moloi (27) van Midrand is ʼn radio-persoonlikheid wat aan die Stellenbosch Universiteit studeer het.

Nolo Moloi

Silke Geugis (26) is ʼn aktivis vir veganisme van Kaapstad. Haar pa is Duits en haar ma Suid-Afrikaans.

Silke Geugis

Qiniso van Damme (26) van Kaapstad is ʼn model en aktrise en die suster van DA-parlementslid, Phumzile van Damme.

Qiniso van Damme

Payal Sewbalak (30) van Kyalami in Johannesburg is ʼn sakeontwikkelingsbestuurder en ʼn diereliefhebber met twee honde.

Payal Sewbalak

Rikki Brest (34) van Johannesburg is ʼn donkerkop rabbedoe wat al ʼn program saam met die bekende Top Gear-span aangebied het, ʼn suksesvolle tromspeler is, rolle in Isidingo en 7de Laan gehad het en haar eie radioprogram aangebied het.

Rikki Brest

Jessica Ross (28) is ʼn modeontwerper van Kaapstad. Sy is ook ʼn gekwalifiseerde hip-hop‑danser en geniet buitelugsport.

Jessica Ross

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SwartBees ·

Gaan die reeks ook n fiasko wees soos die eerste reeks?

Shame, die oorsee se weergawe travel hulle heelwat oorsee….hier by ons word hulle bederf met n uitstappie gold reef city toe.

Gawie ·

Ek sien party van die dames is glad skaam om hulle bates ten toon te stel nie.

Leon ·

Hoekom moet jy aan ‘n program deelneem om ‘n vrou te kry. As vrouens nie van jou hou nie, maak ssos ek. Stuur hulle warmplek toe.

Chantel ·

Nou wonder ek, op die voorskou word daar gewys waar hyself herken ” I am emotionally not ready for this”. Nou om watter rede sou jy dan in die eerste plek ingestem het. REGTIG.

Elsabe ·

Sjoe, sulke mooi dames! Hoe sou hy kies? Ek het alreeds ‘n paar gunstelinge.

De La Rey ·

Ja nee kyk. As jou claim to fame ‘n “vegter vir veganisme” is dan moet jy weet. . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.