Die bekende Die Boekklub-akteur Armand Aucamp is van Julie in die kykNET-sepie Getroud met rugby te sien.
Aucamp, wat rolle vertolk het in rolprente soos Krotoa, Ballade vir ʼn enkeling en Stroomop, het gesê hy is opgewonde om vir die eerste keer by ʼn sepie betrokke te wees.
“Ek het dit eintlik redelik lank vermy om in ʼn sepie te speel, omdat dit ʼn mens vasmaak vir ʼn bepaalde tyd en ek soveel as moontlik verkillende projekte op een slag probeer doen. Maar hierdie rol het net op so ʼn goeie tyd na my toe gekom, en nou is ek mal oor die struktuur wat sepies skep,” het Aucamp aan Maroela Media gesê.
“As akteur het ek baie min struktuur in my lewe; ons werk lang en vreemde ure. Maar met ʼn sepie is dit anders; ek weet hoe laat ek begin, hoe lank ek werk en hoeveel tonele ons op die dag moet klaarkry.”
Hoewel Aucamp nog nie veel oor sy rol kan verklap nie, het hy gesê hy is mal oor sy rol en dat dit die soort karakter is wat hy nog nooit vantevore vertolk het nie.
Aucamp woon in Kaapstad terwyl Getroud met rugby in Johannesburg verfilm word. Hy moet dus weekliks na Johannesburg reis en sy tonele vir die hele week in een dag klaarmaak.
“Dit druk my om goed voorbereid te wees. Jy moet baie op jouself staatmaak, want daar is nie tyd vir speletjies nie. Dit is vir my só lekker,” het hy gesê.
Aucamp het gesê een van die beste dinge van sy eerste sepie-ondervinding is die mense saam met wie hy werk.
“Op die oomblik speel ek net teenoor Marleé van der Merwe [wat die rol van Kristien Smit vertolk]. Almal is net baie plat op die aarde. Dit is ʼn lekker groep mense en ʼn groep goeie akteurs,’ het hy gesê.
Aucamp het ook gesê hy is opgewonde om in Getroud met rugby te wees omdat dié sepie iets anders bied as ander sepies.
“Omdat Getroud met rugby ʼn bietjie later in die aand wys, het hulle die vrymoedigheid om die grense ʼn bietjie te toets. Omdat dit nie noodwendig familietyd is op daardie tyd nie, kan die storie meer gewaagd en realisties wees, en ek hou daarvan,” het hy gesê.
Getroud met rugby word elke weeksaand om 21:00 op kykNET, kanaal 144, uitgesaai.
Oeee-la-laaaaaaaa!!!!! NOU gaan ons die sepie mos kyk!
Soooo sag op die oë. Jippieeee
GREAT!!! Nou gaan ek defnitief weer kyk.
Nou hoef niemand meer ‘n “gay” rol te “vertolk” nie…….
Dis ongevraagd en onvanpas…
Skerp waarneming ! :)
Nou sal Ek n wakkerblypilletjie moet drink. Die man is die kyk werd!
Nice!!!Baie nice!!!!Getroud met rugby is n uitstekkende sepie mis dit vir niks!!!Well done Armand!!!!
Hy is darem maar ‘n aantreklike man. Hy is ook te sien in baie Afrikaanse musiek videos.
Wow ons het darem maar mooi manne in ons Land. Goed vir die oe
WOW!!!!!! Wonderlike nuus!! Pragtigste mannetjie!! Hoop om BAIE van hom te sien in elke aflwewering van GMR!! Kyk! NOU mis ek nie ‘n episode nie!! (Nie dat ek ooit HET nie!)
Ek hou ook van die “vloekwoorde” en die manier waarop die akteurs praat, want dis hoe dit in die regte lewe is. Ek kry net vir Maryke jammer………hoop Kristien en Bart word gestraf!! Maar hulle moenie die sepie verlaat nie! Anna en Candice en Chrissie is so opwindend soos ‘n cupcake – irriteer my vreeslik!! Maar ek verstaan daar moet sulke mense ook wees….!! LOL!! Dankie GMR!!
As GMR Gay verhoudings wil bevorder is ek bevrees hulle is besig om die teenoorgestelde reaksie by meeste kykers te veroorsaak. Deur nog ‘n aantreklike agtermekaar kêrel in te bring gaan nie die kykergetal opstoot nie.
@Lotte Bruwer
Bitter min mense staan by hul beginsels en waardes.
Bitter min mense hou op om produksies te ondersteun, wanneer daardie produksies dinge propageer wat teen die mense se beginsels en waardes strek.
7de Laan is seker die beste voorbeeld daarvan. Die kykergetalle het nie met ‘n druppel geval, vandat sekere dinge in 7de Laan gepropageer word nie.
Mense kla dat dit teenstrydig is met hul beginsels en waardes, maar boeta, daardie selfde mense mis nie ‘n enkele episode van 7de Laan nie. Ek ken juis ‘n hele paar mense wie presies dit doen.
Dan wonder ons hoekom die wêreld in die toestand is waarin hy is.
.