Bekroonde Fokofpolisiekar-dokumentêr op ShowMax

Bekroonde Fokofpolisiekar-dokumentêr op ShowMax (Foto: Verskaf)

Bekroonde Fokofpolisiekar-dokumentêr op ShowMax (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Dit het minstens vier jaar geneem om ʼn dokumentêr te vervaardig wat vertel van die musiekgroep Fokofpolisiekar wat kultustatus bereik en die Afrikaanse musiektoneel hervorm het. Nou kan jy dié fliek ook heel eerste op ShowMax kyk!

Fokofpolisiekar: Forgive Them For They Know Not What They Do sal van 23 Januarie eerste en eksklusief op ShowMax beskikbaar wees.

Regisseur Bryan Little, van Fly on the Wall, het in 2003 begin om die opkoms van die vyf vriende van Bellville te dokumenteer, wat die “lagwekkende”idee gehad het  om ʼn Afrikaanse punk band te begin.

“Ek dink Fly on the Wall het dit reggekry om werklik die gees van daardie era vas te vang en te behou. Hierdie film is vir my ʼn tydmasjien. By tye ʼn verleentheid en dan weer opwindend,” vertel Hunter Kennedy, een van die lede van die groep.

Fokofpolisiekar (Foto: Runnings Wolf's Rant)

Fokofpolisiekar (Foto: Runnings Wolf’s Rant)

Die dokumentêr beloof om aanhangers terug te neem in tyd, terwyl dit die storie vasvang van ʼn jong band wat probeer om ʼn lewe te maak uit musiek in Suid-Afrika en ʼn nuwe generasie Afrikaners wat die kultuur bevraagteken wat iets so walglik soos apartheid kon voortbring.

Ten tyde van die oorspronklike vrystelling in 2009, het die dokumentêr die Audience-toekenning by die Encounters Dokumentêre-fliekfees gewen. Die fliek is ook by die toonaangewende International Documentary Festival Amsterdam (IDFA) vertoon, is regoor Suid-Afrika in fliekteaters vrygestel en het die aandag van internasionale media soos Dazed getrek.

“By konserte sal ʼn 18-jarige bewonderaar na my toe kom en sê hy of sy het die dokumentêr gesien en is geraak daardeur. Hierdie outjies was vyf jaar oud toe ons ons eerste EP vrygestel het in 2003. Ek het besef dat, buiten die musiek, die dokumentêr die band bene gegee het, en vir nuwe bewonderaars ʼn beter insig in die vroeë jare van die musiekgroep,” sê Kennedy.

Vir meer inligting, besoek Fokofpolisiekar se webwerf.

Kyk ook die lokprent van die dokumentêr onder aan die berig.

Resensies:  

“Dit gaan letterlik die bewonderaars wegblaas. Dis ʼn sosio-politiese tydskapsule, wat 20 jaar van nou af selfs ʼn meer interessante terugblik gaan bied. As jy ʼn Suid-Afrikaner is wat van rock-musiek hou, is dit ʼn moet-sien.” Spling

“Vir rock ʼn roll voyeurs is dit onmisbare kykgenot… ʼn  Landmerk.” Channel24

“Vat die manier vas waarop dié opspraakwekkende band ʼn stem gegee het aan ʼn generasie jong Afrikaners wat ontnugter was deur die kerk, die staat en die erfenis van apartheid.” The Callsheet

“Vir bewonderaars van hierdie band is dit die Heilige Graal.” IMDB review

Let wel: Dié aanbod is beskikbaar vir Expat/Diaspora en Suid-Afrikaanse gebruikers.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis 14 dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.