Bekroonde tekenprent Jungle Beat nou op Showmax te sien

Dié lawwe, plaaslike kinderprogram en as jy ʼn Showmax-intekenaar is wat oorsee bly, kan jou kinders al dié animasiepret saam beleef.

Die reeks bestaan uit episodes van vyf minute elk en is in Suid-Afrika vervaardig. Kykers was gaande oor die eerste episode, Always Take the Weather With You. Elke episode is na ʼn bekende popliedjie benoem en kinders ontmoet verskeie wilde diere wat allerhande avonture beleef – van ʼn apie wat bang is om in koue weer asem te haal, tot ʼn vuurvliegie wat bang is vir die donker!

Seisoen 1 en 2 is nou op Showmax beskikbaar vir internasionale kykers.

Daar is boonop geen dialoog nie, so selfs die jongste kykers sal die tekenprente geniet! Die reeks het boonop met ʼn rits internasionale pryse weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.