Bekroonde tekenprente nou op Showmax te sien

Revolting Rhymes (Showmax)

Roald Dahl se Revolting Rhymes en Julia Donaldson en Axel Scheffler se topverkoper, The Highway Rat, is nou eerste en slegs op Showmax te sien.

Die animasie vir dié twee tekenprente is deur die Kaapstadse Triggerfish behartig.

Revolting Rhymes

Revolting Rhymes (Showmax)

Dahl is bekend vir sy topverkoper kinderboeke soos Matilda, The BFG, Charlie and The Chocolate Factory, James and The Giant Peach en Fantastic Mr Fox, maar dit is Revolting Rhymes, ʼn versameling feëverhale wat hy herskryf het, wat ouers graag lees. As jy jou dogter wil ontmoedig om vir ʼn prins te wag om al haar probleme op te los, is dié tekenprent net vir jou bedoel – veral as jy op soek is na ʼn tekenprent wat nie eintlik vir kinders bedoel is nie.

Revolting Rhymes is vir ʼn Oscar benoem en het 15 gesogte internasionale tekenprenttoekennings ontvang, insluitend die internasionale Emmy-kindertoekenning vir animasie en beste animasie by die Bafta-kindertoekennings.

The Highway Rat

The Highway Rat (Showmax)

The Highway Rat, gebaseer op Julia Donaldson en Axel Scheffler se topverkoper, is die verhaal van ʼn geldgierige rot wat graag broodjies en koekies wil hê, maar hy beland in ʼn taai gemors.

Die BBC het oor Kersfees dié tekenprent na ongeveer 7.5 miljoen kykers uitgesaai en dit het daarna die gehoortoekenning vir 3 – 6 jariges ontvang by New York se internasionale kinderfilmfees.

Triggerfish was ook verantwoordelik vir die gewilde Adventures in Zambezia (2012) en Khumba (2013). Die agentskap is tans besig met sy derde vollengte fliek, Seal Team.

Jy kan nou al drie BBC-Kersfeesflieks op Showmax sien wat Triggerfish vir Magic Light Pictures vervaardig het: Stick Man (2015), Revolting Rhymes (2016) en The Highway Rat (2017) – eerste en slegs op Showmax in Afrika.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie tekenprente is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.