Binnekort op TV: Die 100 flieks wat jy in jou leeftyd móét sien

Grease met Olivia Newton-John en John Travolta (Foto: Grease/Lambeth Council)

M-Net stel binnekort ʼn tydelike kanaal (pop up-kanaal) bekend wat tussen 30 Oktober en 2 Desember vanjaar die 100 flieks gaan vertoon wat elke selfrespekterende fliekvlooi in sy of haar leeftyd behoort te sien.

Dié tydelike kanaal (DStv-kanaal 109), wat as M-Net Movie Bucket-list bekend gaan staan, sal net vir DStv premium-kykers toeganklik wees.

Die lys rolprente is deur ʼn groep “rolprentfanatici” saamgestel met die kriteria dat die fliek ʼn spesifieke era moet definieer, grense moes verskuif, die status quo moes verander, ʼn groot en diverse gehoor moes trek, kritici wêreldwyd beïndruk het en in staat wees daartoe om kykers se liefde vir flieks aan te blaas.

Jan du Plessis, direkteur van M-Net-kanale, sê met dié “fliek-maraton” word daar nuut gedink oor die betekenis van ʼn tydelike kanaal. “Kykers was nog nie voorheen in staat om soveel trefferflieks op een plek in só ʼn kort tydperk te kyk nie. Daarom verander ons aan die konsep van die tydelike kanaal wat ons voorheen gebruik het. Van ons tydelike kanale was by vorige geleenthede met spesifieke temas soos onder meer Star Wars, Harry Potter, BlackOut, Fast and Furious en James Bond baie suksesvol en ons het poog om voortdurend unieke kykervarings vir ons M-Net Movies-gehore te verseker,” sê hy.

Die eerste 90 flieks sal tot 25 November uitgesaai word. Die titels van die laaste tien top-flieks sal eers op die dag waarop dit uitgesaai word, bekend gemaak word.

Van die flieks wat vertoon word, sluit in:

  • My Best Friend’s Wedding
  • Shakespeare in Love
  • The Rocky Horror Picture Show
  • Grease
  • Casablanca
  • The Birdcage
  • Footloose
  • Notting Hill
  • Juno
  • Bridesmaids
  • Chariots of Fire
  • Groundhog Day
  • Risky Business
  • A Nightmare on Elm Street
  • Heaven’s Gate
  • Sleepless in Seattle
  • Inglourious Bastards

Die titels van die flieks wat tussen 30 Oktober en 2 Desember vertoon word sal daagliks in die televisiegids en op DStv se webwerf bekend gemaak word.

“Deur die tien top-flieks ʼn geheim te hou dra by tot die opwinding van die tydelike kanaal,” sê Du Plessis. “Ons elkeen het ons eie kluitklaplysie wat geskoei is op ons eie voorkeure en dit is opwindend wanneer vriende hulle lysies vergelyk.”

M-Net-kykers het nog tot 30 November om hul eie top-tien saam te stel om in aanmerking te kom vir groot pryse wat in Desember uitgedeel word.

Vir meer inligting besoek DStv se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

ECT ·

Nou waar is “Top Gun”, “Dirty Dancing’ en “Gone with the Wind” dan?

Johan ·

Ek hoop The Killing Fields (oor Vietnam oorlog se einde) en Ronin (vir die puik jaagtogte) os ook op die lys. En o ja, Basic Instincts 1 ook…

Zettie ·

Ek sou wat wou gee om Grease weer te kyk, maar nou ja, dis seker nie vir ons armg@tte bedoel nie……

Hendrik ·

Out of Africa
The deer hunter
The English patient
Saving Private Ryan
Dirkie
The gods must be crazy
The wind through the barley
Chariots of fire
Faan se trein

JC ·

“Out of Africa”- Meryl Streep en Robbie Redford ? – “yuck”. Sal nie ‘n sent betaal om daardie twee “virtue signaling” liberale ignoramusse saam in een film te sien nie.

Pop ·

My top 2 is gone with the wind. En Gladiator. Ek het eerste een as tiener elke dag vir 10 dae gekyk. Vanaf die plaas vir my neef in durban gekuier en dit was vir my fantasties. En 2de een op tv, het dit opgeneem en kyk nou nog soms weer daarna. Sug.

Kosie Kramer ·

Hierdie tipe lyste is suiwer subjektief, en eintlik `n bemarkingsfoefie. “Zap Zap, oftel in Suidpunt gaan dit pienk en plesierig” sal nie gelys word nie. Ook nie “Die Groen Faktor” of “Katrina” nie, want hierdie flieks is tydens apartheid gemaak, toe daar `n kulturele verbod was op plaaslike flieks/musiek, ens. Hierdie tipes lyste neem nooit plaaslike kunstenaars in ag nie.

Lientjie ·

Aangesien hul sulke kanale gebruik om mense te lok na die premier pakket. Ek dink nie daar is fout daarmee nie, Bemarking 101…

Annette ·

Hoekom altyd net aan Premier kykers? Almal kan dit hoegenaamd nie bekostig nie. Ons betaal ook TV lisensies.

Lientjie ·

Annette, dis so goed ek vra hoekom mag ek ook nie ‘n Ferrari besit nie, ek betaal immers ook vir brandstof? Ongelukkig werk die lewe nie so nie.

Director Krennic ·

Hoop ‘CLOSE ENCOUNTERS OF THE THIRD KIND’ is op die lysie…en ‘BLADE RUNNER’ en ‘2001’ en ‘RAIDERS OF THE LOST ARK’ en ‘E.T.’ en ‘DANCES WITH WOLVES’ en ‘A RIVER RUNS THROUGH IT’ en ‘STAR TREK II THE WRATH OF KHAN’ en ‘CONTACT’ en ‘A.I.’ en ‘THE GREEN MILE’ en ‘GLORY’ en ‘MEMPHIS BELLE’ en ‘1492 CONQUEST OF PARADISE’ en ‘STAND BY ME’ en ‘THE WHITE RIBBON’ en ‘THE REVENANT’ en ‘KNOWING’ en ‘ALIEN’/’ALIENS’…..

Hoop so…

Uvonka ·

Hulle moet tog net nie van Lorenzo’s Oil en I am Sam vergeet nie. Ooooo en Dirty Dancing, my swak hart…………!

Lorraine ·

Ek hoop Notebook is ook op die lys…. Dis beslis een in ‘n duisend wat deur almal gekyk moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.