‘Binnelanders’ se Pippa gevange: ‘Ek gebruik persoonlike ervaring’

Nadia Valvekens as Pippa in ‘Binnelanders’ (Foto: Facebook via Binnelanders)

Die Afrikaanse aktrise Nadia Valvekens, veral bekend vir haar rol as Pippa in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders, sê sy gebruik persoonlike ervarings om haar karakter se storielyn in dié sepie met geloofwaardigheid te vertolk.

Valvekens se karakter in Binnelanders is vandeesweek gevange geneem nadat sy besef het dat Karli (vertolk deur Pascal Pienaar) nié met vakansie is nie, maar wel deur ʼn bekruiper gevange gehou word.

Dié fiktiewe storielyn het veral ʼn gesprek op sosiale media aan die gang gesit. “Tel een van daardie stoele op en slaan hom oor die kop as hy by die deur inkom. Hardloop dan en skree,” het Cecilia Strydom op Binnelanders se Facebook-blad laat hoor. “Elke keer as sy iets probeer om weg te kom, dan stop die mannetjie haar,” skryf Letitia Bouwer.

“Ek dink dis ʼn lokval vir Anton – terwyl hy gaan faff oor Karli, gaan Pippa hom oor die kop slaan,” het Talitha Botha laat hoor.

Valvekens het Woensdag aan Maroela Media vertel sy gebruik ʼn persoonlike ervaring van sowat ʼn dekade gelede om dié storielyn te vertolk. Die aktrise en haar destydse kêrel was by ʼn braai toe ʼn groep rowers op hulle toegeslaan het.

“Ek was nie veronderstel om by die braai te wees nie,” vertel sy. “Toe die rowers instap, het ek eers gedink dat dit ʼn verrassing is. Hulle het ons vasgebind en aangehou met pistole – dit is iets wat soos vir ewig gevoel het en mens weet hoe dit voel om vir jou lewe te vrees.”

Die aktrise sê hoewel sy dié voorval as verwysing vir haar toneelspel gebruik, is sy dankbaar dat hulle ongedeerd van die hele voorval afgekom het.

“Akteurs gebruik maar meestal persoonlike ervarings om ʼn storielyn met geloofwaardigheid te vertolk. In dié geval weet ek hoe dit voel wanneer jou lewe bedreig word, en ek gebruik dit dus in toneelspel. Dis maar iets wat gebeur het – daar was ʼn Heilige hand oor ons om ons veilig te hou en daar is soveel gevalle waar mense nié met hul lewe daarvan afkom nie. Ons was glad nie beseer nie terwyl talle mense nié so gelukkig is nie.

“Dit is ook maar net een van die voorbeelde van verwysings wat ons as akteurs gebruik – wanneer jy nié iets persoonlik beleef het nie, doen jy navorsing om te verseker dat jy die rol met gesag kan vertolk.”

Vir meer inligting oor dié sepie en waarna jy kan uitsien, besoek Binnelanders se Facebook-blad.

Binnelanders wys elke weeksaand om 19:30 op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Genieve ·

Binneland is tops regtig.Hulle speel hulle aktreurs baie goed ons kykers is verslaaf en kan ni in die aande wag tot wanr dit begin nie.Hoe so aan en ons wag net tot wanneer julle Anton die poets gaan bak

Pierrè Prinsloo ·

Ek het lankal opgehou kyk na Binnelanders weens sulke snert, vroutjie kyk nog so bietjie alhoewel sy ook baie kla oor dit. Hier en daar loop ek verby TV en wil in my broek bollie as ek sien dit kry nie ent nie, hul rek dit veels te lank uit, neewat sal maar net nog meer ander dinge doen gedurende die sepietyd dankie.

Linol ·

Ook maar al waar daar bietjie “goeie” acting is, Tertius en Louis is by verre, by verre die swakstes op daai storie, nie eens om te begin praat oor Naomi nie, daai simpel frons is permanent op haar gesig. Gross my uit.

Peet ·

Ek stem Linol, ek dink dis tyd dat hulle ontslae raak van ou “Mimi” en haar pa.

Dirkie ·

Binneland is uitstekend moenie kyk as jy nie Wil nie. Hou voort binneland

honourable member ·

Stem saam jou Dirkie. Binneland is een van die beste sepies.

Genieve ·

Lekker Dirkie ons kyk binnelanders die sepie is TOPS!!!!!!

Lee ·

Ek is mal oor Binnelanders. Mis dit vir niks nie maar ek moet sê Karli se aanhouding met mal Anton raak nou afgesaag. Kan Peter of iemand die mal ou nie volg nie.

Joani ·

Binnelanders is my gunsteling sepie, maar die ontvoering van Karli & Pippa is darem nou net te lank uitgerek, dit raak bietjie vervelig. Die akteurs is uitstekend.

Joa ·

Binnelanders is goeie sepie, maar kan die ontvoeringsdrame van Karli & Pippa nou asseblief tot ‘n einde kom, dis raak uiters vervelig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.