‘Boekklub’ keer terug kassie toe

Armand Aucamp (Foto: Jenni Elizabeth)

Armand Aucamp (Foto: Jenni Elizabeth)

Die verfilming van die gewilde kykNET-reeks, Boekklub  II, het vandeesweek afgeskop.

In die tweede seisoen wroeg Tom (Armand Aucamp) met die besluit of hy terug moet terugkeer na die Moederstad en of hy in Merweville gaan bly.

Boekklub II word in die volgende drie maande tussen Stellenbosch, Kaapstad en Merweville geskiet deur Moebius films, wat ook vir die trefferreeks Die Boland Moorde I & II verantwoordelik is.

Twee troues, een geboorte en ʼn begrafnis is onder meer van die intriges wat deel van Die Boekklub II sal vorm.

Premium kykNET-kykers sal moet wag tot Julie 2017 om te sien watter nuwe wendings en avonture vir die lede van die Boekklub in Merweville wag.

Vir diegene wat die eerste reeks gemis het, word Die Boekklub  vanaf April op kykNET & Kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai.

Vir meer inligting, besoek kykNET se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Baie opgewonde ·

Ek is baie opgewonde, een van die lekkerste Afrikaanse stories!!!!!!

Johanna Botha ·

Hierdie is vir my nog die heel beste Afrikaanse fliek ….OOIT ! Het selfs die eerste reeks op dvd gekoop. Eerste klas regtig !

Hannelie ·

Jippiieeeee…..sien baie uit daarna. Was mal oor Boekklub. Beste akteurs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.