Boer Gerrie en Carna vertel oor hul pienkvoet

Boer Gerrie en sy vrou, Carna (Foto: Cindy Louwrens Fotografie)

Die Boer soek ʼn vrou-egpaar Gerrie en Carna het die geslag van hul eersteling bekend gemaak.

Die egpaar het voorheen aan Maroela Media vertel Gerrie is vas oortuig dis ʼn dogtertjie en Carna is oortuig dis ʼn seuntjie – en nou het dié twee pas gehoor hulle gaan ʼn babadogtertjie ryker word.

“Vir jou is ons al klaar lief, kleine dogtertjie,” het Carna op sosiale media gespog.

Toe Maroela Media die egpaar in Januarie vanjaar op die stel van Kwêla in Randburg raakgeloop het, het hulle gesê een van hul grooste drome vir die nuwe jaar is om ouers te word.

“Ons is ongelooflik dankbaar en voel so geseënd. Ek kan nie dink dat ons meer gelukkig kan wees nie en ons is baie opgewonde oor die koms van ons eerste kind. Die eerste keer wanneer jy daardie hartklop hoor, verander dit jou as mens,” het hulle destyds vertel.

Carna is 24 weke swanger.

Steeds by kykNET se Boer soek ʼn vrou. Maroela Media het vroeër berig boer Stephen (24) het hom aan dié reeks onttrek nadat hy liefde gevind het. Die 23-jarige Willie van Viljoenskroon in die Vrystaat is pas in Stephen plek as finalis aangewys.

As jy dus vir Willie wil inskryf, moet dit voor middernag op 2 Junie gedoen word. Briewe aan die ander nege boere moet kykNET steeds teen middernag op 26 Mei bereik.

Dié seisoen van Boer soek ʼn vrou begin in Oktober op kykNET.

Meer inligting oor die boere en inskryfvorms is beskikbaar op kykNET se webwerf.

Lees meer oor Boer soek ʼn vrou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Baie geluk Gerrie en Carna julle is n pragtige paartjie!!!!

Bossie ·

Pragtige twee mense. Baie geluk. Die klein poppie gaan net so beeldskoon wees soos haar mamma! Gelukkige man hierdie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.