Boer Johan: ‘Daar is net een van my’

Boer Johan (Foto: Donna Lewis)

In Donderdagaand se episode van kykNET se gewilde realiteitsreeks Boer soek ʼn vrou, het die vroue hulself gereed gemaak om die boere se gesinne te ontmoet, maar op Boer Johan (60) van Carolina in Mpumalanga se plaas het dinge nie heeltemal volgens plan verloop nie.

Dit nadat Marinda, wat verlede week in ʼn onverwagse wending saam met Marilyn op die plaas agtergebly het, vrywillig die oggend van die braai haar tasse gepak het.

Minki Joubert, aanbieder van die program, wou by Marinda weet wat gebeur het om haar dié besluit te laat neem.

“Nadat Marita uit is, het ek aan Johan se lyftaal opgetel dat ek ook nie die een is vir hom nie,” het Marinda gesê. “Hy het sy pot se deksel beslis gekry. Ek wil nie langer bly as wat ek moet bly nie. Ek wil nie langer seerkry nie.”

Marinda en Johan het gaan stap terwyl Marilyn, ʼn rekenmeester van Johannesburg, nog geslaap het en Johan het emosioneel gereageer op haar vertrek.

“Vanoggend was ʼn ongelooflike geestelike ervaring. Daar het ek besef ek en Marinda sal wonderlike vriende wees, maar daar is nie ʼn vonk in my hart vir haar nie. Marinda het na my toe gekom en my ʼn hug gegee en vir my gesê: ‘Johan, ek soek ʼn man soos jy’. Ek sê: ‘Maar daar is net een van my. Ek sal vir jou bid dat die Here vir jou een stuur wat by jou pas en saam met jou die pad kan loop’,” het Johan tranerig gesê.

Ná Marinda se vertrek het Marilyn gesê sy het eintlik haar ondersteuning nodig gehad. “Nou is ek alleen in die ding,” het sy gelag. “Dis nou heavy op my. Baie dinge het nou klaar gebeur en ek sal vinnig moet aanpas.”

Ná afloop van die braai op Johan se plaas met sy naaste vriende en familie, was meeste van hulle dit eens dat Johan die regte besluit geneem het. “Jonk van gees is sagkens gestel,” het Jerry, Johan se seun, gesê. “My pa is 60, maar hy gedra homself soos ʼn 30-jarige.”

Johan het die omstrede raam met die foto en brief van sy gekose vrou vir Marilyn gewys. “Sy is geensins ʼn trofee nie,” het Johan gesê. “Ek wil niemand ten toon stel nie.”

Boer soek ʼn vrou is Donderdae op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien. Lees meer oor dié reeks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eleanor ·

Ek dink sy speel ook maar haar eie spel. Johan is ‘n eienaardige man wat baie dinge praat.

LB ·

Ek begin al klaar weghol vir daardie vrou se onthalwe, maar ander ander kant,dalk is hulle voëls van eenderse vere. Sy huil net so maklik en gedra haar ook vreemd. Maar of hulle na pasmaats lyk op die oog af, nee beslis nie. Terwyl ek hier tik vra ek myself, nou hoekom sê ek ook nou iets oor die aangeleentheid? Dalk omdat liefde so mooi kan wees, dalk omdat dit die meeste mense ontglip en ware opregte liefde baie skaars is en ons graag iemand se sprokie wil sien ontvou. Maar soos daardie buurvrou se gesigsuitdrukking boekdele gespreek het, sal ek met haar saamstem, ons sal maar wag tot net die twee van hulle alleen is en sien of dit gaan werk.

Justice ·

Het Mac Davis nie `n country liedjie oor sulke persoonlikhede gesing nie?

Hanna ·

Marinda is n baie oulik vrou en ek is bly sy het nie by die ou agtergebly nie. Sy verdien iets beters.

jola ·

wn tog se hul oop en bloot op fb hy en marietta is nou saam?

Fantabulous ·

Die spreekwoord lei “elke pot kry ‘n deksel al is hy hoe skeef “. Lyk vir my of hierdie pot en deksel nie van dieselfde metale gemaak is nie. Marinda het vir my na ‘n beter “maatjie” gelyk maar nou ja. Marilyn tree vir my te “kinderagtig” op en soek dalk ‘n “pa” figuur. Johan hou mos daarvan om die dames se “drank” inname te beperk. Sal maar groot oog kyk en sien of dit gaan werk as hulle alleen is. Ek twyfel, die ouderdom verskil is te groot maar mens weet nooit dalk pas die “verstandhouding” altwee. Hoop maar geen harte bly in die slag nie……sterkte…….

Riana ·

Nee wat so van skouspel het ek lanklaas gesien. As sy eie seun sê hy tree soos n 30jarige op…die ou man is al oor die 60…. nou hoe verwag jy moet hy ñ volwasse vrou kies? Verseker sal hy gaan vir die jonger ene want hy sal haar mooi kan sê wat mag en mag nie. Ag nee wat… en vir wat huil hy? Nee wat… dankie.

alwyn burger ·

Moet Oom Johan nie liewer ñ tannie by die ouetehuis gaan soek nie.??

Lotte Bruwer ·

Snaakse vroutjie…. en Johan praat te veel.. ek wag in spanning vir die volgende episode..

FM ·

Party mense wat kommentaar lewer, is blykbaar lekker jaloers op boer Johan se vangs. Wys jou net wat kan n jonger vrou aan n man doen. n 60 jarige man is mos nie oud nie.!!!Gun tog die mense geluk. Dis mos hulle besluit en HULLE sal self die gevolge moet dra. Wens hulle eerder sterkte toe op die pad vorentoe. Hulle sal self dinge uitsorteer. Hoop hulle altwee het nou geluk gevind.

Stem saam ·

Die hele program is ..oom johan moet maar liewer ni vrou vat nie ..hy huil gans te veel !!

Lion ·

Oom Johan en sy laaste ,
Keuse pas baie mooi bymekaar! Almal Kan se wat hulle wil. Ek dink Hy het geluk gevind. Geen man soek mos ‘n dronk vrou nie of hoe? Moet “n mens in ‘ n verhouding met iemand voorgee wat jy nie regTig is nie….? Nee wat ek sal vir niemand verander nie! As jy lief het, “wys” en gee dit met oorgawe! Elke dag is so ‘n wonderwerk mag hulle gelukkig wees. En saam huil van geluk…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.