Boer Johan het kykers wéér warm onder die kraag

Boer Johan (60) Foto: Verskaf

Johan, die 60-jarige boer van Carolina in Mpumalanga, het kykers van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou Donderdagaand vir ʼn tweede keer warm onder die kraag gehad.

Kykers het na afloop van die negende episode uit dié reeks na sosiale media gestroom om Johan oor sy “kieskeurigheid” en “veeleisendheid” oor die kole te haal.

Dit volg nadat duisende kykers verlede week hul misnoeë teenoor hom uitgespreek het nadat hy volgens kykers “beledigend” en “bombasties” opgetree het. Vurige kykers was veral ontsteld oor ʼn toneel waarin hy vir Christa, een van die vroue wat vir hom ingeskryf het, huis toe gestuur het enkele oomblikke nadat hy vir haar gesê het dat sy te veel wyn gedrink het.

Kykers was dié keer ontsteld oor ʼn geraamde lys teen die muur in sy eetkamer waarop Johan onder meer aandui watter eienskappe sy ideale vrou moet besit. In dié episode vra Marinda hom uit oor dié foto teen die muur.

“Daai wat jy geskryf het – het jy dit nou self onlangs geskryf?” vra sy. “Gaan dit oor wat jou ideaal is?” Johan antwoord dan: “[Ek het dit in] Februarie geskryf, voordat ek vir Boer soek ʼn vrou ingeskryf het.”

Boer Johan (Foto: Donna Lewis)

Johan verwys dan na sy tien minute gesprek met Marilyn waartydens sy hom gevra het presies waarna hy op soek is. Hy sê dan sy moet dáárdie eienskappe gaan lees.

Ander opmerkings wat boer Johan deur die loop van die episode gemaak het wat kykers ook ontstel het, is onder meer dat Marinda “oordonderend” is. “Marinda vat verskriklik voortou,” het hy tydens ʼn een-tot-een onderhoud vir die kamera gesê. “Sy raak ʼn bietjie oordonderend teenoor die ander. Ek hou nie daarvan nie – dit val nie goed in my raamwerk nie. Ek sal wil hê dat sy bietjie moet terughou sodat die ander dames ook na vore kan kom. Dis asof sy hulle oordonder en dan verdwyn hulle in die agtergrond. [Maar] ek is steeds baie opgewonde en ek sien geweldig uit na môre. Ek het dieselfde verwagting wat ek in die begin gehad het: hieruit gaan iets groot en iets baie mooi kom,” sê hy dan vir die kamera.

Johan het ook deur die loop van die aand gesê dat hy in dié stadium sy oog op een van die drie vroue het. “Daar is definitief vir my een persoon wat uitstaan bo die res – ons connect baie goed met mekaar. Ek kry die gevoel hier [in sy hart] as ek met haar praat. Daar’s ʼn warmte. Daar’s ʼn liedjie wat sê: ‘When I look into your eyes, you make my heart tumble.’ Ek voel in die stadium oor dié een so.”

Kykers het op Boer soek ʼn vrou se amptelike Facebook-blad Johan se “ideale eienskappe” as “verkleinerend” beskryf.

“Ek verstaan dat hy beperkte tyd het om ʼn besluit te maak en dat een verkeerde gevoel ʼn dame huis toe kan stuur – maar sjoe, hy is verkleinerend. As hy nie iemand as ʼn perfekte pasmaat sien nie, val hy haar karakter aan,” skryf Tanya Smith. “As iemand in sy 50’s is en nog steeds lysies opstel van hoe sy ideale vrou moet wees en praat van hoe sy in sy raamwerk moet inpas, het hy nog niks geleer of grootgeword nie. Liefde pas nie in ʼn raamwerk of op ʼn stuk papier in nie,” het Janina Schreuder laat hoor.

“Agge nee! [Ek] het so gehoop verlede week was net ʼn onnadenkende glips, en hier gaan hy al weer! Nou is Marinda oordonderend. Nee dis wie hy is,” het Tokkie van der Linde geskryf.

Kykers meen dié lysie gaan Johan nog ʼn lang tyd laat enkellopend wees. “Ek verwonder my oor sy lysie van voortreflikhede vir sy toekomstige vrou,” het Anli Jacobs gesê. “In Johan se raamwerk is nét plek vir Johan, en net Johan verstaan,” het Marthie du Plessis gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

CF ·

Ai tog, ek kry die arme vrouens jammer wat saam met boer Johan is. In sy lewe is daar net plek vir homself. Ek dink die een wat hom die warm gevoel gee, is die blonde dame, want dit lyk vir my of hy haar goed kan domineer.

Tribbes ·

Miskien moet die Johannes maar ook net uit die kas klim en klaar kry

Briekmerk ·

Dankie Hannelie…..en so sê die nugteres onder ons ook.

Suzie ·

Niemand is volmaak nie Johan – jy gaan al daai eienskappe kry…. maar nie in een vrou nie

MCS ·

Nee wat, hardloop dames ! Kan jy jou indink hoe dit gaan wees as hy met een trou! Elke dag gaan jy wonder of jy na sy sin gaan handel of wandel. Wonder of hy so perfek is, hoë standaarde wat hy stel aan maar net ‘n menslike wese. ‘n Paartjie moet saam groei en buig, leemtes in mekaar vul. Moeilik as iemand jou klaar gevorm wil trou en jy ken mekaar van geen adam. Tyd, geduld en liefde maak die handskoen perfek pas.

Lorraine ·

Natuurlik is dit SY keuse. Maar hy hoef nie beledigend te wees.

Danie ·

Ek neem aan Boer Johan beskou die skeihof nie as ‘n opsie nie. Die persoon met wie hy sy lewe wil deel moet hom ‘n warm gevoel om die hart gee, Nie die kykers nie. Hoekom moet hy moet hy enige iemand neem net omdat ‘n klomp wellustige kykers dit wil hê?

As die kykers hulle die reg voorbehou om hulle opinie oor sy optrede uit te spreek mag hy seker dieselfde doen wanneer hy nie van ander se optrede hou nie.

Jack Russl ·

Stem 100% saam met jou. Dit is die persoon met wie hy sy lewe wil deel, en as die persoon goed doen waarvan hy nie hou nie is hy binne sy reg om te sê dat dit nie sal werk nie. Dit is hy wat met die persoon moet saamleef, nie die kykers nie.

LB ·

Danie wat laat jou dink die kykers is wellustig? Ek neem aan jy is ook ‘n kyker : )

Mariana ·

Ek stem saam Johan.Ek soek ook sekere eienskappe in my metgesel en hoef nie daarvan af te wyk om ander mense te beindruk nie.Hy gaan saam met haar leef.As jy iewers gaan en drink wyn asof jy by jou eie huis is,het ek ‘n probleem.As jy ander mense nie ‘n kans gee om ook ‘n opinie te he nie,het ek ‘n probleem daarmee .

jean ·

Orige en onbeskofte ou man….en hy besit seker al daardie eienskappe!… Wees verseker hy gaan weer alleen sit…..sou hy iemand kry sal dit beslis nie lank hou nie…wonder wie “oordonderend” is!

foxi ·

O hemel tog dames……..gee pad so gou as moontlik…die ou boertjie gaan veeleisend wees. Vertrou nooit n man wat sy ideale raam nie. Hy gaan jou soos n stout kind behandel!
Hy het n sterk vrou nodig om hom op sy plek te sit.

Boere meisie ·

Ek stem 100% saam met boer Johan, hy het reg opgetree, hy weet immers wat hy in sy lewensmaat soek.
Ek glo hy is al baie lank alleen juis oor die feit dat sommige dames dink dit is heeltyd speeltyd en baie maklik in ‘n wynbottel verander. Jammer om dit te sê maar jy kan ‘n dame wees en jou soos een gedra en jy kan ‘n voorgee dame wees en jou soos ‘n skorriemorrie gedra.
Johan lyk na iemand met ruggraat en goeie oordeels vermoë.

Celeste ·

Soek Boer Johan nie dalk n Boer nie. Hy huil oor alles, en alles om hom is verkeerd. Geen mens kan so vol nonsens wees nie. Hy is net een te veel! Die vrou wat saam hom n pad gaan loop gaan n moeilike tyd he.

Bervos ·

HAHAHA ja nee my ook so idee laat kry, die ou soek aandag regtig

Sterretjie ·

Haloooo……..in watter wereld leef Johan. Sal laaank soek na ‘mev perfek’. Ai……kry die dames jammer….is nou of veg of vlug!! Boer Johan weet self nie mooi nie…..shame

LB ·

Dit verstom my altyd as mense daardie perfekte maat soek en hulle is self myle vêr van perfek.. nee wat Johan, jy slaan jou naam nie net met ‘n plank nie maar met die hele Timbercity.

Antie Johan ·

Ek stem 100% saam. Op 60 kom slaan hy sy naam op TV met Timbercity!!! Wip homself soos ‘n kleuter en tree heel onvanpas op teenoor iemand wat hy self gekies het. En daai Ideale Vrou raam!! Hy het geen waardigheid oor om op te staan nie!!

Spook ·

Ag ja nee, ek voldoen aan al die man se vereistes, maar die feit dat die raampie hang vir Mrs perfect…. Dit sou my verwilder … So Johan, net raad van n Mrs perfect af, ons hou nie van raampies wat hang om ons te herhinder hoe ons moet optree nie. Ek stem wel saam dat jy die dame huis toe gestuur het wat bietjie diep in die bottel gekyk het.

EMMA ·

NEE WAT Hy gaan regtig net iemand kry wat na sy pype probeer dans vir geld en n dakkie oor die kop. Hy is nou regtig ook glad nie iets vir die oog nie. nee dankie!!!!! GELD KOOP NIE LIEFDE EN GELUK NIE

Luister ·

Boer Johan gee darem die kykers en lesers iets om oor te praat. Sonder ‘n “skurk” sal dit maar bietjie vervelig wees.
Ek is seker die vervaardigers van die program is baie bly.

Siesa ·

Wats fout met mense. Hoekom kan iemand nie reguit wees oor wat hy/sy in die lewe soek nie. As hy reguit is dan is it bombasties. As hy dit op ‘n ander manier gedoen het, sou daar seker gesê word hy is agterbaks. Kan nie sê watter tipe mens hy is nie. Ken hom nie. Kan nie ‘n opinie vorm as jy nie iemand goed ken nie. En nie een van julle ken hom goed genoeg om Wilde bewerings te maak nie. Wonder hoeveel vrouens wat so galbraak het dalk ook vir hom ‘n brief gestuur en is dalk bietjie suur want hulle is nie gekies nie. En miskien redigeer Kyknet die reeks so dat hulle maksimum sensasie daaruit kry. Sies vir julle!!!! En nee ek kyk nie die program nie. Kyk glad nie eers Kyknet nie.

Willie ·

Stem saam. Die mense wat na sulke programme kyk en dan nog so opgewonde raak daaroor moet dalk bietjie dink of dit waarlik ‘n mens verryk of net jou tyd mors.

Louise ·

Ek stem saam met jou Mariana. Dit is hoekom die egskeiding syfer so hoog is. Baie mense trou, sonder om te dink aan die toekoms. Ek het dieselfde fout gemaak op ‘n tyd.

Velvet ·

Ek dink die vrouens moet nou al teen die tyd begin besef dat hul ook nie meer vir hom wil hê nie…..hul kan mos ook sê nee wat…jy is nie wat ek wil hê nie

Juliana Erasmus ·

Johan het.sekerlik die reg om n maat te kies wat hom in alle opsigte sal aanvul en dus is hy geregtig om sy eerlike opinie te lug. Die feit dat hy maklik n traan stort maak ook nie van hom n gay man nie. A nee a mense ek is seker dat Johan geweldige druk ervaar, laat die ding sy loop neem en dalk veras hy nog almal.

Noellene ·

Hy is sekerlik die enigste perfekte wese op hierdie aarde.
Foeitog
Dit moet sleg wees om perfek te wees
Christa : niks meer vir jou nie hoor… jy is baie beter af. Hy sal jou net beheer.

Nel ·

‘You go’ Johan – jy blaas ten minste ‘n bietjie lewe in ‘n uiters saai en vervelige en onrealistiese soeke na liefde program.
Laat die klomp ‘ou tannie’ feministe maar galbraak.

Hannelie ·

Hardloop weg dames……hierdie man wil jul verander tot SY idee van volmaak. Hy is ‘n té in my oë. Hulle moet hom vat soos hul hom kry en hy dieselfde. Eish!

Casper Labuschagne ·

“Bombasties”, “onbeskof”, “kykers warm onder die kraag” en berigte daaroor op die voorblaaie, maak bloot dat die base van Kyknet die beste bottel yskoue sjampanje oopmaak en die glasies klink. Dit gaan nie oor die boer, oor sy gedrag of selfs die vrou waarna kamstig gesoek word nie, dit gaan slegs oor die manipulasie van die kykers sodat hoër reklamefooie gehef kan word.

DS ·

Ek lag lekker in my mou. Die klomp negatiewe kommentare se skrywers is presies soos Johan – vind fout met ander sonder dat jy hulle regtig ken. Klomp hipokrate!

Geurt ·

Luister, die reeks kan regtig waar maar ontslae raak van senior ‘boere’ Daai manne en vroue het reeds kans gehad en dit verbrou!

Jacques Conradie ·

Hieeehaaaaa!!! Gaan Johan! Ten minste weet jy wat jy wil hê en val nie vir die geur van die week nie. Moet jou ook nie steur aan sosiale media nie, die meerderheid is altyd onnosel zombies wat mekaar net na-aap. As jy nie vir iets staan nie gaan jy vir enige iets val.

FM ·

Laat Johan sy opinie gee. Hy is geregtig daarop, net soos wat die kykers hul opinie gee. Ek sal nie regtig nie maroela toe hardloop oor boer soek n vrou se deelnemers behalwe wat ek nou hier kwytraak. Ek kyk ook die program, maar sal nou nie die deelnemers op sosiale media bespreek nie. Ek dink mense wat dit doen, het seker êrens n bloutjie geloop of is seker maar alleen en wil gehoor word. Los tog die mense uit en geniet die program of nie. Dis ten minste n AFRIKAANSE program.

Antie Johan ·

Op 60 kom gooi Johan naam weg op T.V.!!! Hy stuur die beste vrou huis toe. Sy geluk dra hom deur die lewe, nie sy oordeel nie……

Antie Johan ·

Op 60 so onbeheersd soos ‘n kleuter en bo op dit, so onwaardig met iemands se ego werk wat hý gekies het uit vele briewe, dan het hy nie dit in hom om waardige te wees met jou nie, voornemende lewensmaat. Hardloop weg. Hy gaan jou terroriseer!

Vonkprop ·

Wie gee om. Die oomblik wat jy besluit om aan ‘n program deel te neem om liefde te vind is al klaar ‘n teken daar is skroewe los. Liefde moet natuurlik wees nie forseerd nie. Hierdie goed gebeur om kykers te lok. As jy besluit om deel te neem het jy ook besluit om jou vir ‘n toffie uit te gee. Bittermin in die program is natuurlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.