Boer Johan het ‘skoenlappers in sy maag’

boer soek 'n vrou johan

‘n Skermgreep uit Donderdagaand se episode. Marilyn en boer Johan gesels by die oewer van die rivier.

In Donderdagaand se 13de episode van die gewilde kykNET-realiteitsreeks Boer soek ʼn vrou, het die twee oorblywende vroue op die plase die geleentheid gekry om alleentyd met die boere deur te bring.

In die vorige episode het daar egter slegs een vrou op boer Johan, ʼn beesboer van Carolina in Mpumalanga, se plaas agterbly ná Marinda self besluit het om te vertrek. Marilyn, ʼn rekenmeester van Johannesburg, het agtergebly. Sy en boer Johan het vir die kameras gekoer.

“Gisteraand was so lekker,” het Marilyn opgewek oor die vorige aand se braai saam met Johan se familie en vriende gesê.

Johan het dit beaam. “Ek was angstig voor die tyd dat sy gaan teruggetrokke raak, maar sy het my verras! Sy het kopstukke gesels met my vriende, en my mond hang oop,” het hy opgewonde gesê.

Die twee het op die stoep gesit en koffie drink. “Ek is baie gelukkig,” het Johan vir Marilyn gefluister.

Johan het gesê dat hy die oggend ná die braai vir Marilyn in haar kamer gaan wakker maak het. “Ek het haar gesien sonder grimering en haar hare was deurmekaar, maar sy was vir my nog net so mooi soos gisteraand.”

“Ek het skoenlappers in my maag,” het Johan gesê. “Ek voel soos ʼn stout skoolkind wat iets ontdek het. Ek het gedink daar is nie meer liefde vir my beskore nie. Ek het in hierdie program ingekom met die grootste verwagting en ek is glad nie teleurgesteld nie.”

Johan het vir Marilyn gaan wys waar hy visvang en kop skoonmaak. “Ek sal graag my stiltetyd hier wil doen eendag,” het Marilyn gesê.

“Jy is baie spesiaal,” het hy tranerig vir Marilyn gefluister.

“As sy haar kop teen my bors sit en sê sy hoor my hart klop – dis vir my lekker.”

Boer Braam (Foto: Donna Lewis)

Elders, op boer Braam se groenteplaas in Oos-Londen, was die prentjie nie so rooskleurig nie.

Janine het besluit om tydens haar alleentyd vir Braam te sê dat sy nie langer op die plaas gaan aanbly nie. “Ek dink ons is op verskillende plekke in ons lewe,” het sy gesê terwyl hulle op die gras gesit en gesels het.

“Ons voel oor wesenlike dinge verskillend. Jy het self gesê jy beweeg vinnig in ʼn verhouding en ek gaan nie reg wees om plaas toe te trek wanneer jy reg gaan wees daarvoor nie,” het sy verduidelik.

Hy het vir Yola gevra om aan te bly ná sy hom met harde vrae gepeper het tydens hul alleentyd. “Ek wil weet of daar regtig nog ʼn plek vir ʼn ander vrou op die plaas is met sy ma wat reeds hier is,” het Yola gesê. “Sal die vrou wat hier kom bly haar stempel kan afdruk?”

janine en boer braam

‘n Skermgreep uit Donderdagaand se episode. Janine en boer Braam gesels op die gras tydens hul alleentyd.

Yola was ook bekommerd oor die feit dat Braam en sy ouers, wat saam op die plaas woon, gereeld mekaar se drumpels deurtrap.

Braam het haar gerusgestel en gesê hy wil graag hê sy vrou moet gelukkig wees. “Sy kan die huis mooimaak soos sy wil.”

Volgens Yola het sy glad nie verwag dat Janine die plaas uit vrye wil sal verlaat nie. “Ek het wel agtergekom hulle het nie lank tyd saam alleen spandeer nie,” het Yola gesê.

Braam was egter nie mismoedig nie. “Ek gaan die geleentheid gebruik om dieper dinge te praat en te sien of dinge gaan werk of nie,” het hy gesê.

Boer soek ʼn vrou is Donderdae op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien. Lees meer oor dié reeks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Petro Beneke ·

Die ou man wat ‘n tjankbalie is gee my ‘n kramp. As hy so fluister dink hy seker die kameras kan dit nie hoor nie,

Kobus ·

Ek verstaan dat arms Johan deurloop onder kritiek en veral omdat hy so emosioneel is. Is hy n “tjankbalie” of is daar ‘n gevoelsmens wat agv persoonlike omstandighede maklik huil?
Ek probeer sin maak van dit,hy huil as hy hartseer is en hy huil as hy bly is. Is daar ‘n rede? Bv, is hy dalk erg getraumatiseer in ‘n vorige verhouding waar hy afgekraak is en sy karakter tot die uiterste gerediseur en agv daarvan ‘n “ek is vir niks goed en word ek nie waardeer nie” karakter aanvaar is? En nou word hy oorweldig deur komplimente en positiewe woorde van die deelnemers wat onderdrukte emosies laat oorborrel en al manier hoe hy kan reageer is deur onbeheersde trane uitbarstings….Of is hy maar net ‘n emosionele mens?

Lizelda ·

Nee… Hys n tjankbalie en Bja fake. Op sy ouderdom is n mens Baie meer volwasse. Jy huil nie vd geringste dingetjie nie.

Leeutjie ·

Werklik Lizelda!! Hoe seker is jy daarvan! Hoe ouer n mens word hoe dieper raak jou emosies. Jou kommentaar is oppervlakkig en dit sou beter gewees het as jy liewers stilgebly het!

Emsa ·

Moenie altyd mense afbreuk oor hoe hul emosies is nie. As boer Johan geluk vind is ek bly vir hom. Elkeen moet maar na sy of haar eie optrede kyk. Mag julle baie gelukkig wees.

Lientjie ·

Ek sien niks verkeerd daarmee as hy huil nie, want as ek hartseer is dan huil ek en as ek baie bly is oor iets of iemand dan huil ek ook. Ongelukkig is en kan niemand dieselfde wees nie. ‘n Man wat geen emosies wys nie het verseker ‘n probleem!

Johanna Botha ·

Jy is reg Petro ” cowboys don’t cry” …mans moet hard wees en nie hulle emosies wys nie ne…mos net swakelinge wat dit doen …..

madels ·

Ekskuus, ek weet nie of jy dit nou se uit sarkasme of nie, maar ek is bly my man is nie n klip nie, as iets hom diep raak, sal hy trane in sy oe kry en self huil as hy moet want hy is n MENS nie n robot nie. En wragies n WARE MAN!

Margie Bester ·

N man wat kan huil sonder om te skroom is n man, ek verkies n man met emosies eerder as een wat geen emosies of gevoelens wys. Wens julle alle geluk toe.

Mark ·

Johan het mos klaar gekies so waarom is hy nog op die lug? Sy storie is verby, wys nou maar meer van die ander boere se interessante gebeure?

Denise ·

Ag asseblief laat elkeen se wat hy wil dit sou tog so vervelig gewees het as almal dieselfde gedink het ????? En die getjank is net te veel !!!

Denise ·

Ag asseblief ek het nou wragtig nie tyd vir n getjank nie die lewe is hard !!!!

Deon ·

Ek dink nie dit is al wanneer hy huil nie!! Ek glo sy vroutjie gaan meer as een aand wonder hoekom tjank hy so lekker, maar ek dink dit sal van lekkerte wees!

Elvira ·

Hardloop so vinnig as jy kan van daai plaas af. Johan gaan jou vertrap. Moet ook nie omkyk nie.

Daantjie ·

El vir a. Ek moet saamstem. Die Johan ou is moeilikheid. Hardloop vrou. Hardloop. Hierdie is nie ‘n lang termyn ding nie

Daan Erasmus ·

Let op. Geen kommentaar oor Braam nie. Braam is normaal. Ek is nie oor hom bekommer nie. Maar wee o wee.

Ai ·

Oom Johan was jou x vrou nie ook jou enigste nie ..en asseblieeeeef hou tog net op met huil!!

Langtoon ·

Yola, jy is heeltemal te voor op die wa!
Hoe durf jy sy ma se bestaan op die plaas bevraagteken? Asook sy verhouding met sy ouers?
Ek hoop rerig hy kies jou nie, want jy is net daar om n man te vang en dan daarna te maak en breek soos jy wil!
Jy lyk sommer na n afgunstige persoon!
Verdwyn asseblief uit daardie mense se lewe!

Johanna Botha ·

Johan moet oorweeg om meer en langer te huil vir meer impak en sensasie want dit werk !

Ichthus ·

Ek is mal oor Johan. Hy is ‘n gevoelsmens en het ‘n diep verhouding met ons Vader. Marilyn sal baie gelukkig wees saam met hom, en hy met haar, hulle is ‘n pragtige paar saam. – Mag ons Here julle toevou in Sy wonderlike liefde en julle beskerm teen woorde wat kwets, mag julle bokant dit uitstuig en Sy heerlikheid beleef…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.