Boer Johan maak ommeswaai ná drama

Boer Johan (Foto: Donna Lewis)

Boer Johan (60) van kykNET se gewilde werklikheidsreeks Boer soek ʼn Vrou gaan nie voort met regstappe teen dié kanaal nie.

Nicola van Niekerk, kykNET se hoof van produksies, het Woensdag die nuus bevestig. Dít volg nadat duisende ontstoke aanhangers van dié reeks hul die afgelope week tot sosiale media gewend het om hul misnoeë teenoor boer Johan van Carolina uit te spreek nadat hy in ʼn episode van dié reeks volgens kykers “beledigend” en “bombasties” opgetree het.

Vurige kykers was veral ontsteld oor ʼn toneel uit die agtste episode van die reeks, wat op 23 November uitgesaai is, waarin boer Johan vir Christa, een van die vroue wat vir hom ingeskryf het, huis toe stuur enkele oomblikke nadat hy vir haar gesê het dat sy te veel wyn gedrink het.

Kykers het hul ongelukkigheid uitgespreek met boer Johan se besluit om vir Christa huis toe te stuur voordat sy kans gekry het om die tien minute alleentyd saam met hom deur te bring soos die ander vier vroue. Johan het onder meer in die episode gesê dit het “gelyk of sy te veel wyn gedrink het” en haar later beveel om nie verder te drink nie deur te sê “niks meer wyn vir jou nie”.

Johan het tydens sy een-tot-een onderhoud in die kamera gesê dit lyk asof Christa “laf geraak het” en dat hy “geen waardering het vir ʼn vrou wat só optree nie”. Christa het daarop gereageer deur te sê dat sy Johan nie gaan toelaat om op só manier met haar te praat nie.

Meer as 2 000 kykers het Johan op die reeks se amptelike Facebook-blad gekritiseer en gesê sy optrede is “totaal onaanvaarbaar”.

“Sy kan bly wees sy is nie gekies nie – dit sou haar laaste wyn gewees het,” het Jolien Koekemoer op Facebook laat hoor. “Ek was so geskok! Die vrou wat bly moet liewer hol,” het Lenie Cilliers geskryf. “Hy het ʼn probleem gehad vandat hulle begin kos maak het. As hulle nie onder sy voete is nie, staan hulle te na aan hom. Sies dat hy haar só verneder het – mens het mos maniere,” het Susan Pretorius gesê.

Boer Johan (60) Foto: Verskaf

Dié reaksie was só oorweldigend, dat boer Johan kykNET vroeër vandeesweek met regstappe gedreig het. Hy het aangevoer dat hy dié episode onder die aandag van die Menseregtekommissie (MRK) gaan bring omdat dit sy integriteit en menseregte aangetas het. Hy het skuld ontken en die vinger na dié kanaal gewys vir hoe die episode aan die einde vertoon het.

Van Niekerk het Woensdag aan Maroela Media gesê die kanaal beskou die voorval “as afgehandel”. “Johan het kykNET amptelik daarvan verwittig dat hy nie voortgaan met sy beplande regsaksie teen die kanaal soos daar in mediaberigte beweer is nie,” het sy gesê.

Van Niekerk sê die hele produksiespan wat aan die Boer soek ʼn Vrou-reeks gewerk het, het ten alle tye hul integriteit behou. “Dit is vir veral vir kykNET belangrik om te beaam dat die vervaardigers, regisseur en produksiespan se integriteit nooit betwyfel is nie. Die prosesse wat die afgelope tien jaar gevolg word, is nog altyd deursigtig.”

Boer Johan wou nie in hierdie stadium verder kommentaar lewer nie.

Boer soek ʼn vrou is Donderdae op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien. Lees meer oor dié reeks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Koos ·

Ag, die ou het niks verkeerd gedoen nie. Verstaan nie waaroor die bohaai is nie.. Hy het mooi ordentelik met die dame gepraat en haar beleeft gevra om te gaan. As jy nie van iemand hou nie, dan hou jy nie van iemand nie.

Lizzie ·

Ag nee Koos! As n man my só behandel, moet hý maar gaan! Hy dink hy’s vreeslik oulik en sexy. Toe nie!!! Hy kan maniere gaan leer by die jong boere vd reeks. Hulle tree UITSTEKEND op teen die dames.

Jy’s nou die een persoon met wie ek nie alleen op n eiland wil wees nie!!!

Vonkie van der Dool ·

Ja nee Koos ek verstaan ook nie waaroor die bohaai. Hy het haar nie verneder, net reguit en kalm laat weet hoe hy voel. Dit lyk my mense het dinge gesien en gehoor wat ek nie gesien of gehoor het nie. Boere het in verlede al erger dinge gedoen en gesê op die program

Joe Hall ·

Kyknet het die gebeure uitstekend hanteer want hulle het die werklikheid van ‘n WERKLIKHEIDSPROGRAM aan die kykers getoon. Dit is per slot van sake die doel van sulke programme.
Indien deelnemers se oorontwikkelde ego’s hul inspireer om goeie maniere oorboord te smyt en hulself met ‘n plank te slaan, is dit mos die WERKLIKHEID of hoe???

Koos jn ·

EK stem saam oom koos. Die dames wil net suip en is net daar vir geld. Die boere is beter af op hulle eie.
Liz stadig met die wyn daar girl..
Tong in die kies

D ·

Ek stem 100% saam met Koos. Hy was baie beleefd en het niks verkeerd gedoen nie. As sy gekies was dan was al die sê goed oulik. As sy moet uit dan raak dit ammunisie. Dis SY keuse. En dis elk geval wat deel is van die program. Die hele bohaai is regtig deur n klomp wyn drinkers wat niks beter het om te doen as om net wyn te drink nie. Ons drink glad nie. En daar was absoluut niks fout met hoe Johan die situasie benader het nie. Dis sy keuses, sy spasie en hy is daar vir n rede. En sy is nie een van hulle nie.

jean ·

Dan beledig jy nie eers die vrou aan tafel en voor die hele S A nie….ek drink self my twee tot 3 glasies wyn per dag en die wat GLAD NIE DRINK NIE is net ‘n klomp huigelaars. Wees verseker dat daar iets anders wat hulle doen wat ons wynrinkers nie doen nie!…………

Past Susan Smit ·

Ek stem saam met Koos, Ek voel ook dat sy te veel wyn gedrink het en alte laf geraak het.
Dit is Johan se volste reg om te besluit wie hy wil plaas toe neem en wie nie. Hy her nie gediskrimeneer nie hy het net gevoel dat sy beginsels na gekom word. Ek glo ook daar aan dat mense met respek hanteer word wat hy gedoen het en hy dit op ‘n baie mooi manier gedoen. My man is ook so as hy nie van iemand hou nie is dit klaar. Johan is beginsel vas en hy hou dalk nie van iemand wat nie weet wat hulle perke is nie. Hy is ook ‘n goeie opgevoede man en is baie netjies op hom self. Ek staan agter Boer Johan!

Hanna ·

In ‘n ander koerant se berig word daar beweer dat hy “aangehits was deur vervaardigers om die dame huis toe te stuur”. Dit verander nog steeds niks aan hoe hy vir Christa hanteer het nie. Deelnemers kry nie ‘n dialoog nie; die vervaardigers sou definitief nie vir hom gesê het wat om te sê nie. Die woordkeuse was syne. Hy het ook beweer sy was dronk, maar duidelik besef hy nie mens kan vrolik wees sonder om dronk te wees nie. Sy was verseker nie dronk nie, dit kon mens sien in haar een-tot-een onderhoud. Hulle het albei gesê dat hulle besef hulle pas nie bymekaar nie, maar die manier waarop hy haar huis toe gestuur het was vernederend. Ek respekteer mense wat eerlik en reguit is, maar as jy nie deernisvol is nie waai my respek by die deur uit. Hy kon dit vir haar in hulle 10 minute alleentyd ook gesê het – sonder om haar te verneder. Ek dink hy het eers besef hoe hy haar verneder het na die episode uitgesaai is. Maar niemand is perfek nie. Dankie tog al my foute word nie op TV uitgesaai nie! Ek hoop die storm waai gou oor want ek wil eerder nou fokus op die 4 ander boere.

Bertie ·

Hanna, jy het alles gesê wat ek wou sê. Ek stem heelhartig met jou saam.

Piet Pompies ·

Johan is ‘n man met nukke, sy ouderdom en ervaring dra daartoe by dat hy weet wat hy in die lewe wil hê. Ek glo hy kon dit beter handteer het, en ja, daar is gewoonlik ‘n verskil in die TV opname en dit wat uitgesaai word, dit word “edit” genoem.
Ten spyte van alles is dit nog steeds iets goeds om na te kyk op die kanaal.

Rasper ·

Johan jy het op eie risiko ingeskryf, jy moes geweet het om jou skaflik te gedra, deur net stil te bly en haar met die uitstem net huis toe gestuur het. Nou wou jy die kanaal nog aanka vir jou fout. Die vemetelheid. Dink asb voor jy praat jy is op TV as jy dit vergeet het.

Amanda ·

Niks gemis. Die man was maar net baie reguit en duidelik gepraat wat hy nie van hou. Die dame was ook seker van haar saak. So waaroor die bohooi nou eintlik gaan verstaan ek glad nie.

Lyk my opregte direkte gevoel uit die hart menings mag nie die mond verlaat. Liewer reguit as agter die rug. Niemand het enige een van die dames gesmeek om in te skryf…….

So ai ek weet nie hoe en waar die dinge tot hier gekom het. Sjoe en eish!!!

Dries ·

Ek dink 10 jaar was genoeg van die reeks, gee die kykers nou iets anders.

Lientjie ·

Ons wat die kykers is sien nou eers die reeks. Die deelnemers mag met niemand iets bespreek voor die reeks nie uitgesaai is nie. Die boer het seker nie besef wat die publiek se reaksie gaan wees nie. Hy kan niks aan kyknet doen nie, want hy het homself vas geteken die dag toe hy die ooreenkoms geteken het.

Nico Maartens ·

So, kyknet meen die produksiespan het hulle integriteit behou?
Ek meen hulle het nie. Dit was nie nodig om dit so uit te beeld nie. Dit is nie n regstreekse uitsending nie. Kyknet en die produksiespan moet die blaam dra vir die manier waarop die vrou uitgebeeld is.
Ongelukkig word die publiek al gewooond daaraan dat die media hulself meestal verontskuldig en net eenvoudig weier om hul foute te erken.
Dit is tyd dat n onafhanklike ombudsman oor die media aangestel word met ‘n bevoegde persoon aan die hoof.
Selfreguleering werk eenvoudig nie. Wolf word skaapwagter gemaak

Tessa ·

Ek stem heelhartig met jou saam.
KykNet verontskuldig hulle al te heerlik.

Louise ·

‘n nuwe pragram met die naam “Mamma ek wil ‘n man hê”. Net dalk kry die boere dames n groter kans om ‘n man te kry! Sjame hulle kom net nie i. Tot die 5 op TV nie!

Tc ·

Ek het altyd nuwe konsultante genooi wat vir werk aansoek gedoen het vir n onderhoud in die middae oor n drankie en die wat te veel gedrink het,is nooit aangestel nie,so as sy volgens hom bietjie te veel gegooi het is dit seker sy reg gewees om vir haar te sê,dat sy moet gaan

Nana Venter ·

Hy het gese wat hy voel. Kalm, bedaard en ordentlik. Die vervaardigers kon besluit het die dame se “waardigheid” is aangetas en die voorval NIE gebeeldsend het nie! Bravo! Johan!

Ria Theron ·

Stem saam dat die program geredigeer is en dat die vervaardigers nie nodig gehad het om bv die oë-rol te beeldsend nie. Baie jammer Christa is emosioneel benadeel, maar ek dink Johan was eerlik en ek het nie sy woorde en gesindheid negatief beleef nie. Geen nodigheid om hom te beledig nie. Die snedige en lelike kommentaar openbaar mense se karakter en persoonlikheid – baie erger as sy optrede

zack ·

Toy. Is jy Christa se eks? Ek vra ook maar net?

Go Johan. Jy is reguit en baie mense verkies dit so. As daar meer reguit mense was sou die lewe baie beter gewees het en ook minder egskeidings.

Joe Hall ·

Daar’s ‘n reuse verskil tussen “reguit” en goeie maniere.

Bolla ·

Ek was eens op n tyd een van die dames op die plaas….Vir ons was daar kort kort drank gegee..hou dop op al die agsprake ens is daar drank ek het gevra hoekom en my antwoord was…..Guve the girls some booz they will hive you drama..en ja in die onderhoude begin hulle die sin vir jou en jy moet dan met die sin begin en voltooi..bv ek hou van die boer want……so ja ek kan glo dat daar baie wyn gedrink is en dalk so een of 2 goed nie vlh sy woorde 100% was nie

Toy ·

Koos is jy dalk familie van die boer. Vra maar net. Dit was uiters ongeskik van hom om vir haar te se sy het te veel wyn gedrink. Hy het haar verneder voor duisende kykers. Swak van hom. Ek het deur hom klaar gekyk met sy trane en dan die volgende hierdie ongevoelige mens.

Annie ·

Christa is een van die mees sprankelende en lewenslustige mensies wat ek al ontmoet het. Sy is amazing en daai boer verdien haar verseker nie.

o ·

Ek hou ook nie daarvan as mense laf raak nie, veral nie agv ‘n paar drankies nie, maar dit is persoonlike voorkeur. Die regte ding om te doen, is om stil te bly en aan te beweeg. Johan en Kyknet het die vrou voor die hele wereld verneder. Al wat hy moes doen, was om haar nie te kies nie. Dis immers waaroor die program veronderstel is om te gaan, nie om iemand te verneder nie.

Rina Barnard ·

Almal wat so gal braak oor Johan, lees asseblief wat Bolla te se het. Dis in alle geval n kunsmatige program want wie kan nou n persoon of lewensmaat in 5 dae leer ken? KykNet nie so onskuldig as wat hulle voorgee nie. Hoop dis die laaste reeks van Boer soek n vrou

Koos ·

Die program is lankal saai en afgewater. Die eerste twee/drie programme was ok maar nee nie die laaste paar jare nie. Mens kan nie oordeel op wat uitgesaai word nie want jy sien net die bietjie wat uitgesaai word. Daar gebeur baie meer wat aanleiding gee tot alles.

hantie ·

OOOOO genade tog!! Hardloop dames……
Christa…YOU go girl…jy kan baie beter doen. Emosionele mishandeling is erg.

anton ·

Ja hantie……dit is van al die gehardlopery dat daar so baie op die rak sit.
Mens moet nie blind wees vir jou foute nie!!!
Te veel drank het al baie lewens en verhoudings vernietig.

Deursigtig ·

“There’s no such thing as bad publicity”. Nou gaan die kyker getalle weer bietjie optel. Soos sommige hier al genoem het, dis besig om afgewater te raak.

Willie ·

As die deelnemers hulleself in die “vermaaklikheidswêreld” wil plaas en daar aanhangers wil kry, moet hulle maar die pyne vat.

Reguit! ·

Rejection is bitter en sy kon dit nie handteer dat hy die rede vir sy rejection gegee het nie. Sy kan bly wees hy het haar tereggewys, nou weet sy waarop sy kan werk.

Adri ·

tot jy met ‘n alkoholis in ‘n verhouding is, sal jy eiers te le he. niemand besef hoe blootgestel ‘n maat voel as die drank oorvat nie. dalk in sy verlede is daar iemand wat hom groot skade aangerig het. ek kyk nie die program nie, maar verstaan as iemand heftig reageer op ‘n gedrink.

Denise ·

Ag asseblief en wat laat jou dink hy is meneer perfek ????

Alwyna ·

Stem…dit is vir my interessant dat die mans so Johan se kant kies….

FJD ·

En die meeste van die mense wat hier kommentaar lewer mis die punt met ‘n myl. Christa het nie te veel gedrink nie, lees ‘n paar dae terug en sien dat Johan erken het dat hy ‘n fout gemaak het deur te aanvaar dat sy te veel gedrink het. Ek sê weer al was hy hoe aangehits om wat ookal vir Christa te sê en deur wie ookal …… Die besluit bly by hom om te sê wat hy wil en hoe. Mense moet begin besef dat vrolikheid nie NET deur drank aangebring word nie. Ek kom uit ‘n baie luidrugtige vrolike familie en dit wil nou sê as ons in die openbaar is sal ons almal as gesuip gesien word. So asb!!! kry ‘n lewe en oordeel net met die harde feite en nie simpel stories nie.

Lollie ·

Jammer…..maar hy was baie reguit en effe bombasties by tafel teenoor dame. Sy moes vernederd gevoel het. Amper asof hy met n kind praat. Daars maniere van praat en woorde gebruik . Sterkte vd ander dames…

sug.... ·

Ai kyk hoe raak mense op loop. Lag sommer vir al die “hetige” kommentare! Ek kyk gelukkig nie die reekse nie. My persoonlike opinie: as jy nie gewoonweg ‘n vrou kan kry dan is daar fout. Al bly jy HOE ver van die naaste dorp, wat het geword van ‘n boer maak ‘n plan? Hoe het die ou mense dit te voet of te perd reggekry om getroud te kom? Nee wat…

Carel ·

Enige man wat respek vir n dame het sou dit op n ander manier hanteer het
Hy was uit lyn uit

Slimmie ·

Jy praat meer sense!
Vreemd genoeg het hy die sexy girls wat vir hom geskryf het, ook genooi!
Ek hou nie van dweper en skynheiligheid nie en wat my betref kwalifiseer hy vir albei kategorieë.

Martin ·

Die beledigende wyse waarmee die dame hanteer is, strek vir seker nie die boer ter eer nie. Trouens, die ander dames kon gerus uit protes teen die onbillike behandeling, hulself van die program onttrek het.

Lynet ·

Wel ek gee nie om wie wat se nie. Ek dink hy dink hopeloos te veel van homself arrogant is nie die woord nie gun wonder hy het nog nie ‘n vrou nie ek is ongelukkig ‘n vrou wat op my regte staan hou niks van hom nie

Cherokee ·

Is daar nou nog sò ‘n sepie ook? Boer soek ‘n vrou? Seker weer een of ander saamgeflanste oorgeklankte en vertaalde kietergêftie uit ‘n Afrika land. Julle is verveeld – kry iets nuttig om te doen.

Lucille ·

Johan kon maar net sy tong gebyt het en haar eenvoudig nie gekies het nie, sweet and short, no harm done… skuil daar dalk ‘n beheer vraat agter die laggie?

Wilma ·

Ek self kani hanteer indien mense hul aan drank vergryp ni. Buitendien eerste indrukke is blywend. Mooi so Johan dat vroue sien jy like ni oorlams vrou ni

Gedagte ·

Nog nooit gekyk nie, maar dis seker die rede hoekom hy 60 is en ongetroud. Terloops mens kan laf raak as jy op jou senuwees ook is. Ek dink regtig jy kan bly wees, maak nie saak hoe reguit hy dit gesê het nie, (ek self is baie reguit)’n vrou kort iemand wat ook haar hart en gevoelens in ag neem. Mens noem dit basiese wedersydse respek.

SARIE VAN HEERDEN ·

hoe KON hy so ongevoelig opgetree het. Ek sal bang wees vir so’n man., en ek het haar baie jammer gekry om so verneder te word. Gelukkig het hy vroegtydig sy grys hare weer gekleur voordat die program hervat is.

Verbaas ·

Die man is 60 en hy praat so met a dame voor kameras! Hoe praat hy dan as daar geen kameras is! Ek dink die ander 3 poppie moet hardloop terwyl hulle kan

Lizelda ·

en so herhaal verlede week se ongelukkigheid gisteraand homself weer. Nee wat daai 3 vrouens het werklik nie gemaklik gelyk nie en toe Marinda gesels word sy uitgesnou as n oordonderende mens…. :-(

Johann ·

Die eerste vrou is te laf en die tweede een te oorheersend. Ons sal maar moet kyk wat die ou bok volgende keer ontstig. Johan wil ‘n gastehuis begin maar hy hoor nie wat sy gaste sê nie – dit was ‘n lang dag (hulle is moeg) en hulle kry koud. Die ergste is hulle lyk ongemaklik.

Terloops ·

Ag Johan moes nie ingeskryf het nie. “Boer soek ‘n vrou” is nie vir hom nie.

Uvonka ·

Hy was uiters ongeskik om haar so voor die ander en SA te verneder, hy kon dit baie meer sensitief behandel het. Nee kyk, so ‘n knorrige ou man moet liefs alleen wees. Het nogal gisteraand so ‘n vereiste brief teen sy muur gewys van wat hy soek in ‘n vrou.

Vlam ·

Geen man sal my so behandel voor mense of op die kassie nie……
Hy is arrogant en dink te veel van hom self…….
Boer soek ‘n vrou raak nou afgesaag…..
Kry iets anders……..

Gill ·

Ek drink glad nie en dink hierdie boer het lelik opgetree. Hierdie week ook.

Marie Senekal ·

Arme vrou wat hom gaan vat. Ek drink niks. Maar daar is n fyn lyn
Tussen reguit en onbeskof

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.