Boer Johan se keuse verras kykers

Boer Johan (60) Foto: Verskaf

Kykers van Boer soek ʼn vrou is na afloop van Donderdagaand se episode net so verras soos die vroue wat op die plaas agterbly het, ná boer Johan in ʼn onverwagse wending vir Marita laat huis toe gaan het.

Die boere moes in vandeesweek se episode die eerste van die drie vroue wat plaas toe genooi is, huis toe stuur. Marilyn en Marinda was dit vroeër eens dat Marita Johan se ooglopende gunsteling is.

Marilyn, ʼn rekenmeester van Fourways, het voor die uitstemming aan die aanbieder van die program, Minki Joubert, gesê die proses is baie moeiliker as wat sy aanvanklik gedink het dit gaan wees. “Ek kan nie kompeteer met die ander dames wat dalk meer as ek praat of ekstroverte is nie. Dit is net nie ek nie,” het sy gesê.

Sy het ook gesê dit was duidelik dat Johan baie aandag aan Marita gee. “Dit het my baie onseker laat voel.”

Marinda het ook aan Minki gesê die vorige dag was vir haar moeilik omdat sy twee keer opgemerk het hoe Johan vir Marita die deur oopgemaak het. “Ek dink hy het ʼn konneksie met Marita. Hulle het [al] ʼn oomblik in die Kaap gedeel, waar hulle moontlik toe al emosioneel ʼn konneksie gevind het.”

Marita het voor die uitstemming gesê sy dink Johan is iemand wat weet wat hy wil hê. “Ons weet ook dat hy reeds weet wie hy wil kies,” het sy aan Minki gesê. “As ek kyk hoe hy sy keuses gemaak het, dan voel ek Marinda sal die een wees wat huis toe gaan, maar dit kan ook ek wees.”

Boer Johan het in verlede week se episode gesê hy het reeds sy keuse gemaak oor wie hy gaan vra om saam met hom op sy plaas agter te bly. Hy het toe gesê een van die vroue se briewe aan hom én haar foto hang teen sy muur agter in ʼn geraamde lys van die eienskappe wat sy ideale vrou moet besit, omdat hy reeds sy keuse gemaak het.

Johan het in vandeesweek se episode aan Minki gesê dat die persoon wat hy gekies het om huis toe te gaan, die plaas moet verlaat sodat hy kan tyd maak vir die ander twee dames. “Kan ek baie eerlik wees? Die dame wat huis toe gaan, oorheers die gesprekke só dat ek nie by die ander twee dames uitkom nie.

“As dié dames wat hier op hierdie plaas is, nié weet waar hulle met my staan nie, dan sal hulle nooit weet nie,” het hy gesê. “Ek is ʼn oop boek. Dis vir hulle om dit te lees.”

Tydens die uitstemming het Johan vir Marita gesê sy is ʼn wonderlike mens, maar dat hy nie ʼn romantiese aanslag by haar gekry het nie. “Ons is twee absolute ekstroverte en ons sal die nag deur praat. Ek het jou geselskap geniet.”

Marita het na afloop van die uitstemming vir Minki gesê sy het vrede in haar hart. “Ek sou hom graag beter wou leer ken.”

Boer soek ʼn vrou is Donderdae op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien. Lees meer oor dié reeks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Denise ·

Johan het seker n lang lysie van al sy gawes ai tog elkeen is uniek op sy haar eie manier !!!!

Liany ·

Kom van desperaatheid. Ek hoor mense sê “siek speletjie” dis seker maar vir hom om te besluit nie waar nie. Ek kyk elkgeval net na Minki

ek vra jou ·

Sit netnou en vinnig broodjie afsluk vir middagete en toevallig is die aan. Kyk nie die program want ek dink dis regtig simpel as boere niet vrouens gewoonweg (selfs afgeleë plase) kan ontmoet nie. Toe sien ek nou die meneer. Ai, hoe despreaat moet iemand dan nou wees om hom te wil hê. Regtig?

Go Johan ·

Al die mense wat hier kla oor Johan is vrouens.
Laat ek raai. Julle is almal ou vrouens wat reeds op die rak sit sonder ‘n man en kommitaar lewer.

Go Johan. Jy weet wat jy wil hê. Sterkte met dit.

Reti ·

Ag ek ‘moan’ ook want hys regtig simpel. En jammer eks getroud en bitter bly nie met so iemand nie.

Riana ·

Hahahahaha maar natuurlik sal hy nie die sterk een vat nie… want sy gaan nie stilbly vir hom nie. En die arme introvert… nee wat so desperaat kan mens nou wragtag nie wees nie! Ek wil n voorspelling maak…. die dame wat hy gaan kies… gaan nie hou by hom nie. Hy gaan haar voorsê op als wat sy doen en nog dra en nog drink ook. Ñ man wat 24/7 sê hy weet wat hy wil hê… is onseker en hy sê dit net om dit toe te smeer. Te is net goed in tevrede… verder moet mens pasop!

Anoniem ·

Hy rol sy oe met sy fyn stemmetjie se hy Mariska jammer maar jy moet waai en o die arme arme Marinda se bors gee so bokspring o wee ek het geglo ek is uit vanaand en die arme Maryna se koppie spin en ek was so verras want ek was seker Marinda sou waai maar ai dames as julle die ou mannetjie nie kan lees hardloop want hy lees julle 100% en gaan julle so manupileer dat arme Marinda die res van haar lewe voor sy stoof gaan staan en wortelkoek bak vir hom en Maryna kom terug stad toe jy hooet nie daar help!!!!!!

Fantabulous ·

Sterkte aan die dames en aan boer Johan. Al wat ek we’ll wil se is dat indien hy reeds sy keuse gemaak het hoekom die ander vrou nog aan ‘n lyntjie hou. Hoekom is twee nie huistoe gestuur nie hy weet mos wat hy wil he. Mense se gevoelens is ter sprake. Boere GO FOR IT as jul ‘n kans op geluk kan kry. Dit is nie altyd vir boere moontlik om iemand te ontmet wat by hulle pas in dieselfde dorp nie so ja neem deel aan Boer Soek ‘n vrou julle het “guts” en sterkte hoop almal vind geluk. Boere en dames o ja en die dames wat deelneem julle het ook “guts”. Mense wat slegte kommentaar lewer is te onseker oor hulle self om dit te doen. Onthou altyd “Die hoogste bome kry die meeste wind”.

Riette ·

Dis soos enige ander sepie of movie julle….
Iemand moet die bad guy of girl wees sodat daaroor geskryf en gepraat word sodat mense nuuskierig is en dit kyk sodat die kykergetalle kan opgaan.
:))

Hanna ·

Hy was nie die enigste boer wat sy dames verras het met sy keuse nie. Boer Ruan se dames was net so verras met sy keuse. Die verskil is egter dat Ruan nie so uitgesproke is nie en die kykers weet nie regtig wat in sy kop aangaan nie. Dit was net vreemd dat Johan in ‘n vorige episode gesê het “Marinda oorheers die gesprek en dit irriteer hom” en dat “Marita hom verstaan”. Met die uitstemmery het hy sy storie verander.
Net iets anders – met die 10 minute afspraak het hy Christa vroeër huis toe gestuur, “want hy weet wat hy wil hê en wil nie sy tyd of haar tyd mors nie”. Hy weet nou mos ook wat hy wil hê – hoekom stuur hy nie maar die ander dame ook huis toe nie? Hy mors dan nou sy en haar tyd aangesien hy reeds sy keuse gemaak het!?

Sproetjies ·

Ek kyk nie boer soek n vrou nie maar die Johan ou lyk vir my na n windbol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.