Boer Niel en sy Cheréze beloof ewige trou

Niel Bruwer en Cheréze Maree, wat tydens die 13de seisoen van Boer soek ʼn vrou liefde gevind het, het Saterdag ewige trou aan mekaar beloof.

Niel, ʼn vrugteboer van Prince Alfred Hamlet in die Wes-Kaap, het in Julie verlede jaar die jawoord by die Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch gevra.

Die paartjie het mekaar op dié einste landgoed ontmoet tydens die Boer soek ʼn vrou-blitsafsprake van die 13de seisoen waaraan hulle deelgeneem het.

Niel het ná die verlowing aan Maroela Media vertel hy het tussen die trane deur die groot vraag gevra.

“Ek het vooraf geoefen wat ek gaan sê, maar toe die oomblik kom, het daar net twee sinne uitgekom: ‘Daar is so baie dinge wat ek vir jou wil sê en wat jy vir my beteken, maar alles kom net na een ding toe. Sal jy met my trou?’” Cheréze het tussen die trane deur uiteindelik “ja” gesê, het Niel vertel.

Die paartjie het kort ná die reeks in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê hul deelname aan Boer soek ʼn vrou was vir hulle bestem.

Nog drie boere van Boer soek ʼn vrou se 13de reeks beplan om ook vanjaar voor die kansel te staan.

Die nuwe seisoen van Boer soek ʼn vrou het Donderdagaand op kykNET (DStv-kanaal 144) begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Skappie ·

Baie geluk, mag julle baie gelukkig wees en al julle drome waar word in die nuwe lewe as man en vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.