‘Boer soek ’n vrou’: Dié vyf boere gaan liefde voor kameras soek

Die top-5-boere van die 13de seisoen van ‘Boer soek ‘n vrou’. Van links na regs is boere Déan, Kobus, Niel, Richann en Albert. (Foto: kykNET/Donna Lewis)

Marciel Hopkins, aanbieder van die jongste seisoen van die gewilde kykNET-reeks Boer soek ʼn vrou, het in Donderdagaand se episode die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het genooi om elkeen tien moontlike pasmaats te kies uit die hordes briewe wat hulle ontvang het.

Anders as tevore is daar nie handafgelewerde briewe of pakkies vir die boere gestuur nie en is slegs digitale inskrywings, met ʼn video, aanvaar.

Die gekose vroue sal tydens blitsafsprake met die boere in Kaapstad kennis maak.

Niel, die 32-jarige vrugteboer van Grabouw in die Wes-Kaap, is die boer wat vanjaar die meeste briewe ontvang het.

Saam met Niel sal Albert (24) van Clanwilliam in die Wes-Kaap, Déan (28) van Nelspruit in Mpumalanga, Kobus (52) van Randfontein in Gauteng en Richann (29) van Vredefort in die Vrystaat die reis na ware liefde op die kassie aanpak.

Hannes (52) van Kroonstad in die Vrystaat, Marthinus (26) van Arlington in die Vrystaat, Mathys (25) van Dullstroom in Mpumalanga, PF (30) van Laingsburg in die Wes-Kaap en Stephan (40) van Lichtenburg in Noordwes sal die liefdesreis op eie stoom moet aanpak.

In volgende week se episode kry elke boer se pasmaats presies vyf minute om met die boer te gesels. Na afloop van dié afsprake moet hy vyf pasmaats kies vir ’n groepafspraak. Die boer se finale keuse van die dag is die drie pasmaats wat by hom op die plaas gaan kuier.

Só lyk die vyf boere wat deelneem:

Boer Albert. (Foto: kykNET/Donna Lewis)

Albert (24) boer met rooibostee, sitrus en skape naby Clanwilliam, Wes-Kaap.

Boer Déan. (Foto: kykNET/Donna Lewis)

Déan (28) boer met macadamia-neute naby Nelspruit, Mpumalanga.

Boer Kobus. (Foto: kykNET/Donna Lewis)

Kobus (52) het ʼn gemengde boerdery naby Randfontein, Gauteng.

Boer Niel. (Foto: kykNET/Donna Lewis)

Niel (32) boer met vrugte naby Grabouw, Wes-Kaap.

Boer Richann. (Foto: kykNET/Donna Lewis)

Richann (29) boer met skilderbokke naby Vredefort, Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thelsa ·

Van die 5 deelnemers was 2 reeds verlede seisoen op die program. Van die talle briewe ontvang deur hulle kon hulle nie ‘n ‘catch’ maak nie. Nee wat, hierdie is sensasiesoekery.

Jaco ·

Al dié boerdery programme op Kyknet en Via is net onnodige blootstelling. Baie in die ANC en die EFF verstaan ook Afrikaans. Môre oormôre begin onteiening sonder vergoeding en dan is almal wat hulle boerderye so spoggerig op TV ten toon gestel het, bo aan die lys om eerste onteien te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.