‘Boer soek ʼn vrou’-egpaar deel swangerskapsnuus

Boer Gerrie en sy vrou, Carna (Foto: Cindy Louwrens Fotografie)

Boer Gerrie en sy vrou, Carna (Foto: Cindy Louwrens Fotografie)

Hy is vasbeslote dis ʼn dogtertjie en sy is oortuig dis ʼn seuntjie – maar dáároor gaan hulle beslis nie stry kry nie, want die Boer soek ʼn vrou-egpaar Gerrie en Carna is gans te opgewonde oor die koms van hul eersteling.

Hulle het in 2014 die harte van kykers gesteel toe boer Gerrie en sy Carna halsoorkop verlief geraak het tydens die verfilming van dié werklikheidsreeks.

Toe Maroela Media die egpaar in Januarie vanjaar op die stel van Kwêla in Randburg raakgeloop het, het hulle gesê een van hul grooste drome vir die nuwe jaar is om ouers te word.

“En nou is ons swanger!” vertel Gerrie opgewonde. “Ons is ongelooflik dankbaar en voel so geseënd. Ek kan nie dink dat ons meer gelukkig kan wees nie en ons is baie opgewonde oor die koms van ons eerste kind. Die eerste keer wanneer jy daardie hartklop hoor, verander dit jou as mens.”

Carna is reeds 13 weke swanger. Die egpaar het die nuus al op Oujaarsaand gehoor, maar het besluit om die nuus vir ʼn rukkie stil te hou omdat “die bloedtoetse aanvanklik bietjie deurmekaar was”.

“Die dokter is huiwerig om nou al die geslag bekend te maak, omdat dit bietjie vroeg is. Ons moet wag tot so ná 16 of 18 weke. Carna is oortuig dis ʼn seuntjie en ek dink dis ʼn dogtertjie. Dit alles maak natuurlik glad nie saak nie – al wat ons weet is dat dié mense baie geliefd gaan wees.”

Wíl hulle vooraf weet wat die geslag van hul pienkvoet is? “Beslis, ja! Ons wil verseker weet. Ons sal ons opgewondenheid nie kan beteuel as ons vir nege maande moet wag nie. Ons kan onself boonop op die kleinding se aankoms voorberei,” vertel hy.

Die egpaar se baba sal na alle waarskynlikheid ʼn familienaam kry, vertel Gerrie. “En as daar een ding is wat ek en Carna nou al weet, is dat ons die kind volgens God se wil gaan grootmaak. Dat hy of sy kan wees wat God beplan het. En natuurlik moet hy of sy respek hê vir sy ouers en sy medemens; dis vir ons albei ʼn baie belangrike eienskap!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

S ·

Dis ‘n algemene term wat gebruik deur paartjies wat hoor hul word ouers. Niks verkeerd daarmee om te sê “Ons is swanger…..” nie.

Ronel ·

Ek verwys ook graag na die paartjie wat swanger is.
Baie geluk Boer Gerrie en Carna!!

evsbest ·

N mens sê SY is swanger. n Man kan nie swanger wees nie. Tensy dit n lesbiese paartjie is wat albei dieselfde tyd swanger is kan verwys word na ‘ons is swanger’
Baie geluk met die swangerskap.

Elize C ·

Die ander word vir “swanger” is “verwagtend”. So iemand “wag op ‘n baba” se geboorte. ‘n Man “wag” mos ook op sy baba se geboorte…..? Vroeër jare is daar altyd net na die vrou as swanger/verwagtend gepraat. Pappa’s het seker begin “uit” voel, hulle wag mos ook vir hul baba se geboorte, daarom seker dat daar mettertyd oor swanger/verwagtende paartjies begin gepraat word, en nie net meer na die vrou verwys word nie. :-)

J ·

Vra vir die jou vrou om haar hande vir jou te wys. Dogter is hand palms vir jou gewys word en seun as haar hande die teenoorgesteld wys. My bediende het dit vir my gevra 16 jaar terug nog voor ek self geerrt het ek is swanger en sy vir my gese het ek is by die lyf en ek het dit op my kollegas getoets en elkeer was ek reg met geslag.. Stetkte met die geslag bepaling

CK ·

Oh hel, kan mense nie net geluk sê nie. REGTIG. Baie geluk julle met die swangerskap, mag God julle seën.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.