Boer Soek ʼn Vrou: Hier is die top vyf

Die top vyf boere (Foto: Donna Lewis)

Die top vyf boere in die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ʼn Vrou is Donderdagaand bekend gemaak.

Kykers kan vanaf volgende week uitsien om Jacques, Johan, Adriaan, Ruan en Braam op hul soeke na liefde op die kassie te volg.

Die eerste drie episodes in die jongste seisoen in dié reeks het tot dusver ’n terugblik gegee oor vorige reekse – en veral wat die stand van sake van dié boere se liefdeslewe is.

Die vervaardigers van die reeks maan kykers egter om vir die volgende weke tot 25 Januarie op die punt van hul stoele te sit, aangesien “alle verwagtinge oortref gaan word”.

Die tiende seisoen van Boer Soek ʼn Vrou het op 12 Oktober op kykNET begin.

Lees meer oor Boer soek ʼn vrou  op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Darm ouer ·

Dankie tog dis darm nie net n klomp seuns nie, anders sou ons weer net na n klomp universiteitsmeisies heeltyd moes kyk wat net daar is vir aandag.

3s4e ·

Mag ons nie weet wie’s no 2 en 3 op die fotos nie, “maloera” ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.