‘Boer soek ʼn vrou’: Húlle gaan huis toe

Boer Cassie

Tydens Donderdagaand se episode van Boer Soek ’n Vrou moes die boere vir die eerste keer een van die deelnemers huis toe stuur.

Na ʼn paar dae op die onderskeie boere se plase, het die boere een van die drie deelnemers huis toe gestuur.

Boer Cassie het al drie die vrouens op sy plaas as sy “perfekte vrou” beskryf voordat hy uiteindelik vir Natasha uitgestem het en vir Alyssa en Linnaé gevra het om op die plaas aan te bly.

“Ek het vir Natasha laat huis toe gaan omdat sy altyd op haar eie was en ek meer aandag aan haar moes gee om haar deel van die groep te laat voel. Ek dink op hierdie manier gaan ek meer tyd aan die ander twee kan gee,” het Cassie gesê.

“Saam met die hartseer om hulle seer te maak, bereik ek ʼn eindbestemming. En dit is die enigste manier om daarby uit te kom,” het hy bygevoeg.

Boer André

Boer André het gesê die ondervinding is vir hom wonderlik sover en dat hy bevoorreg voel omdat hy “van die begin af die oulikste dames in [sy] span kon hê”.

André het vir Corinne en Madelé gevra om op die plaas te bly, en vir Lea-Mari huis toe gestuur.

“Dankie vir alles, jy is wonderlik, maar ek dink net nie hierdie is ons sprokie nie,” het André vir Lea-Mari gesê. Lea-Mari het gesê sy is hartseer, maar haar hart is nie gebreek nie.

“My reis hou nie hier op nie, dit gaan aan na ʼn ander seisoen in my lewe. Ek is opgewonde vir my ander twee ‘familielede’ se part,” het sy gesê.

Boer Réan

Boer Réan het gesê hy is opgewonde om vir Minette en Rox-Zee beter te leer ken, en het besluit om vir Michelle totsiens te sê.

“Ek sien die opgewondenheid as ʼn baie beter ding as om nou negatief te wees. Ek sit my emosies in die opgewondenheid in sodat ek daai twee meisies nog beter kan leer ken. Ek is in my skik,” het hy gesê.

Boer Toanette

Boer Toanette het gesê sy het met elke deelnemer op haar plaas gesels en dit het haar gehelp om haar besluit te neem. Sy het vir Nardus en Adriaan gevra om langer op die plaas te bly, en vir Carlo huis toe gestuur.

“Ek het nie daardie spesiale konneksie met hom nie, die konneksie wat ek met die ander twee het, is bietjie sterker. Ek dink nie daar sal nooit iets tussen my en Carlo kan werk nie, maar dit gaan net bietjie meer tyd vat vir my om hom tot daardie stadium te kry,” het sy gesê.

Boer Duncan se Kelly, Louise en Christelle

Boer Duncan het besluit om vir Christelle huis toe te stuur.

“Dit is nooit lekker nie, maar ek weet ek was eerlik met wie ek is en hoekom ek hier was. Ek is baie bly vir die ander twee meisies. Wie ook al hy kies, gaan baie gelukkig wees,” het Christelle gesê.

“Ek het Christelle huis toe gestuur omdat ek bietjie meer van die ander meisies wou sien. Ek dink hulle sal dalk nou bietjie meer uit hul doppe uit kruip. Ek het gevoel Christelle het ʼn bietjie die kollig by die ander twee gesteel, en ek het definitief ʼn beter konneksie met Kelly en Louise,” het hy gesê.

In volgende week se episode ontmoet die deelnemers die boere se vriende en familie vir die eerste keer.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir ʼn nuwe episode van Boer soek ʼn vrou op kykNET DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Foxi ·

Wat n uitstekende spel van ‘Boer soek n vrou’. Boer Réan speel soos n stout seuntjie. Ek kan net dink wat in daai gedagtes omgaan nê. Nee wat, vir hierdie boertjie moet jy ligloop, hy wil nog in die bondel vry. Te groen om noual ernstig te wees.
Boer Duncan het n groot fout gemaak, Christelle is pragtig, stylvol en kon miskien n goeie boerevroutjie gewees het vir hom. Sy is in elk geval te sterk vir boer Duncan. Boer Duncan is bietjie in sy eie dop gekruip, vertrou hom net nie.
Boer Teanette, wel…….twee sterk manne…..taai stryd lê vir haar voor. Maar sy weet wat sy wil hê en beslis nie n sissie van n man nie.
Boer Andre…….sagte man, maar ek glo nie hy weet eintlik wat hy soek nie, hy sit tussen die boom en die bas.
Boer Cassie, wat n ‘Gentleman’ hy moet baie mooi dink. N donkerkop meisie gaan beslis nie by hom pas nie. Hoop hy gaan die regte keuse maak. Hierdie boer Cassie sal n vrou laat voel soos n vrou. Hy is sovêr die beste keuse van al die ‘manne’ boere vir my beslis.

Oom Jan ·

Cassie het ‘n groot fout begaan met Natasha. Rean is nog veels te kinderagtig vir ‘n verhouding, Rox-Zee se persoonlikheid is te sterk vir hom.

Elsa ·

Vir my een van die stupids te programme op TV. Hoekie vir eensames… Geniet julle dit maar.

Lorinda de Jager ·

Dankie Elsa, maar tog weet jy genoeg van dit om kommentaar te lewer, so jy kyk ook maar saam. En daar is nie n woord soos stupids te nie

Ballon ·

Ek het die meeste gehou van Rean en Cassie se meisies wat hul laat gaan het. Die ander 3 boere het goed besluit. Rox zee is n oulike meisie maar nie een wat ek vir my eie seun sal wil hê nie.

Lorinda de Jager ·

Ek is bly Duncan het vir Christelle huistoe gestuur, haar beterweterigheid en dominering van situasies het die ander twee vrouens heeltemal oorskadu

Linda ·

Boer Rean is so eerlik en opreg, hoop hy maak die regte besluit !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.