
Minki en haar man, Ernst. Foto: Instagram via Minki van der Westhuizen
Kykers van die gewilde kykNET-televisiereeks Boer soek ʼn vrou kan binnekort ʼn nuwe aanbieder van dié program in hul TV-kamers verwag.
kykNET het pas aangekondig die TV-aanbieder en model Minki van der Westhuizen neem in die volgende reeks die leisels by Nadia Beukes oor. Sy sal die vierde aanbieder van dié gewilde program wees wat reeds by sy negende seisoen gaan draai.
Nadia gaan glo meer akteurswerk doen en gaan onder meer in die televisiereeks Getroud met rugby begin speel.
Minki het in Desember verlede jaar saam met haar man, Ernst Joubert, en hul twee kinders, Katerien (2) en Elise (1), teruggekeer na Suid-Afrika.
Sy het aan kykNET vertel sy is opgewonde oor die nuwe uitdaging. “’n Werklikheids-TV-program is iets heeltemal nuut vir my, maar ek sien baie uit om al die nuwe mense te ontmoet, die nuwe uitdaging aan te pak en deel te vorm van hierdie groot en suksesvolle produksie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Dis so ironies dat mense wat alles in die lewe het – dat dinge nogsteeds in hul skote val.
Wonder maar net.
Ek hou baie van Minki, maar werklik, seker daar is baie nuwe opkomende mense wat die werk ook kan doen! Baie mense daar buite wat geld meer nodig het as sy!
Hoekom kon ons as kykers nie die aanbieder kies nie?
Moenie so suur druiwe wees nie. Dis nie haar skuld sys mooi nie. Ek dink sy sal ‘n uitstekende aanbieder wees.
O!!! die groen rokkies wil hulle dra!!! welkom terug in SA Minki. Jy was en is nog steeds een van SA se beste ambasedeurs!