Video: ‘Boer soek ʼn vrou’ nou op ShowMax

Boer soek 'n Vrou en ShowMax (Foto: Verskaf)

Boer soek ‘n Vrou en ShowMax (Foto: Verskaf)

[promosie-artikel]

Die gewilde TV-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou se negende seisoen is om die draai met die skoonheid Minki van der Westhuizen as aanbieder, maar die aanlyn-televisiediens ShowMax het dit nou vir laatslapers moontlik gemaak om seisoen 7 én 8 te sien sonder die beslommernis van televisie-tydskedules.

Dié seisoene van Boer soek ʼn vrou is van 1 September op ShowMax beskikbaar.

Kykers kan nou na hartelus agteroor sit en sonder ophou kyk hoe die boere kopkrap en die nooiens pronk, hoe die naels uitkom en die sjarmekrane oopgedraai word.

ShowMax is die enigste diens wat eksklusiewe toegang bied tot soveel as 14 000 episodes van die beste Afrikaanse reekse, flieks, dokumentêre reekse, iets vir die kinders en nog vele meer.

Nuwe episodes van die beste en gewildste programme word daagliks opgelaai, wat elke dag vars, nuwe inhoud bied om te ontdek.

Jy kan nou registreer vir ʼn gratis toetslopie van sewe dae, sonder enige verpligting. As jy besluit ShowMax is nie vir jou nie, is dit nie ʼn probleem nie. Jy kan enige tyd kanselleer en daar is geen versteekte koste nie, geen kontrak en geen vangplekke nie.

As jy egter hou van wat jy sien, kan jy onbeperkte toegang kry teen sowat R130 per maand.

Lees meer oor die manne wat aan vanjaar se Boer soek ʼn vrou deelneem. Die jongste seisoen begin op 20 Oktober op kykNET, DStv-kanaal 144.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.