Die kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het Sondagaand die name van die tien boere bekendgemaak wat vanjaar in die 12de reeks van dié gewilde program sal poog om die ideale pasmaat te vind.
Die sangeres en aktrise Leah keer terug as die aanbieder van die program en kykers sal van Oktober die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het se liefdesreis op kykNET kan volg.
Die ouderdomme van vanjaar se boere wissel van 26 tot 51. Nege van die boere is op soek na ʼn vrouepasmaat terwyl een ʼn manspasmaat soek. Vanjaar se oes het vyf boere van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng opgelewer.
Belangstellendes wat vir een van die tien boere wil skryf moet ouer as 21 jaar oud, ongetroud, geskei of ʼn weduwee of wewenaar wees.
Só lyk die boere:
Albert (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 29
Boerdery: Wol, merino en wild
Omgewing: Noupoort, Noord-Kaap
Brandon (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 31
Boerdery: Skaap en bees
Omgewing: Stutterheim, Oos-Kaap
Damian (Manspasmaat)
Ouderdom: 37
Boerdery: Bees en skaap
Omgewing: Bapsfontein, Gauteng
Franco (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 30
Boerdery: Gemeng
Omgewing: Moorreesburg, Wes-Kaap
Gerrit (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 31
Boerdery: Sitrus
Omgewing: Citrusdal, Wes-Kaap
Graham (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 26
Boerdery: Melk en bees
Omgewing: Cradock, Oos-Kaap
Hentie (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 51
Boerdery: Rooibostee
Omgewing: Clanwilliam, Wes-Kaap
Rohan (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 31
Boerdery: Tafeldruiwe
Omgewing: Augrabies, Noord-Kaap
Theunis (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 36
Boerdery: Tafeldruiwe
Omgewing: De Doorns, Wes-Kaap
Willem (Vrouepasmaat)
Ouderdom: 29
Boerdery: Rooibostee
Omgewing: Clanwilliam, Wes-Kaap
Diegene wat graag ʼn brief vir een van die hubare boere wil skryf, kan op een van die volgende maniere te werk gaan:
- Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv
- Skakel 079 335 5137
- Stuur ʼn e-pos na [email protected] (Let wel .media en nie .co.za nie)
Die briewe moet kykNET voor 31 Mei 2019 bereik.
Bravo vir Damian se guts, ongelooflik om te sien ‘n jong man wat eerlik met homself en sy pasmaat is. Jammer om te lees Suid-Afrika het nog so ‘n ver pad om te loop met verdraagsaamheid. Ek hoop elke boer kry sy perfekte pasmaat!
Ek dink Damian is ‘n oulike jong man. ALMAL verdien liefde en ek dink dit kos baie guts om in ‘ n Afrikaanse boeregemeenskap te erken jy’s gay. Ek stem nie saam met sy leefstyl nie, maar dis sy keuse, nie myne nie. Kudos to you ny friend! Hoop jy kry die meeste briewe.
Damian is soos n kind vir my. Hy is n goeie mens, goeie musikant, goeie sanger en ‘n goeie boer en het n goeie hart. Damian ek hoop jy kry die beste deksel vir jou pot my kind. Lief jou. Mammie.
Skuus, tikfout. Kudos to you MY friend!
Ek kom kyk net gou na al die 100% sonder enige sondes wat in hul huise van glas bly.
Kry jou boer Damian!
Ek is myself gay. En ja die Bybel se dit is sonde. Ek lees my Bybel ek glo in my God en ek glo die deure sal nooit vir my toegehou word nie. Dis nie hoe my God is nie. Ek glo in liefde en ek glo ek sal eendag self moet antwoord.
My probleem is mense in hul huise van glas.
Sam, waar in die Bybel lees jy dat gay-wees sonde is…? Daar is 3 katagorieë van “gay” handelinge wat die Bybel aandui as sonde: 1) as `n daad van geweld teen iemand se wil = verkragting 2), as `n ritueel in afgodsdiens, 3) as `n vorm van prostitusie. Ek ken jou nie, maar ek is oortuig dat jy nie in een van hierdie 3 vorme van “gay ” gedrag val nie. Gay-wees opsigself is NIE sonde nie… dis wat jy daarvan maak. Dieselfde geld vir heteroseksuele mense. Heteroseks is nie opsigself heilig nie, maar wat mense daarvan maak.
Boer soek ‘n…boer?
Dit ís hoe my God is: getrou aan Sy Woord en vir ewig onveranderlik. Waarom anders Sy wette neerpen as ons dit kan verander om by hom te pas?
Duidelik aanbid ons nie dieselfde God nie.
Al 10 manne lyk perfek! Sag op die oog , Afrikaanse jong mans. Hoop elkeen kry sy deksel. Kan nie wag vir al 12 episodes nie.
Ek skaam my vir ons Afrikaner volk. Daar word vir niemand in die wereld behalwe vir hulle self ‘n plekkie onder die son gegun nie. As jy negatiewe kommentaar het, hou dit vir jou self, dit word nie in jou keel afgedruk nie. As dit nie vir jou is nie, moet dan nie kyk nie. Stertke Damian! Ek haal my hoed vir jou!
Het nou hier heen en weer deur die kommentare gekyk, en sien nie juis iets negatief nie? Is nou sou bietjie onseker wat Johan bedoel.
Jammer bedoel ek haal my hoed af vir jou! TROTS!
10 uit 10 Damien! Sterkte vir die pad wat vir jou wag. Dit gaan sekerlik vol uitdagings wees maar hopelik het dit ‘n baie mooi en besondere eind-bestemming :-)
Ja ek stem SA het nog baie om te begryp en het min kennis van gay mense nie.. wat n jammerte.. Baie Dankie Kyknet dat jul ok mense blootstel aan die waarheid want Gay mense is n werklikheid..
Damian ek hoop jy kry die meeste briewe. Ek hoop jy kry jou droom word waar.
Boer soek n Ou. Sterkte Damian! Ek weet die Bapsfontein omgewing is gekant teen dit, stuur hul in hul glory in, kry jou ou!
Eintlik moet dit wees “Boer soek ‘n lewensmaat ” of “Wie soek sal vind ” of wat van elke pot kry ‘n deksel
Chris, wat van “Boer soek ‘n (vr)ou”?
Ek haal my hoed vir Damian af. En ek hoop hy is onder die top 5.
Damian mag jy geluk vind. Jy is baie braaf om deel te neem. Elke mens verdien dit om gelukkig te wees. Voorspoed en baie seënwense vir jou.
Sterkte Damian, ek hoop jy vang die mooiste man in die land en dat hy ‘n goeie kok sal wees. Ek hoop jy kry so baie briewe dat Kyknet nie anders kan as om jou en jou kêrels elke week vir ons te wys nie. Punt in die wind vreugde vir julle.
Damian dit is wonderlik om soveel positiewe en ondersteunende kommentaar vir jou hier te lees. Jy verdien dit om met respek behandel te word soos enige ander mens. Sterkte en mag jy geluk vind.
Ek kan maar net my oe rol…
Stefan, Damian is gay. Daar bestaan nie ‘n towerstaffie wat rond geswaai word en ‘n gay person is nie meer gay nie. Ook kan ‘n dame nie ‘n gay person sommer net so “regruk” nie. Die realitieit is heeltemal iets anders.
In ieder geval, Damian jy is moet goed doen jong en geluk vind. Baie sal jou ondersteun.
Damian baie sterkte en voorspoed met jou deelname. Mag jou boerdery floreer saam met jou lewensmaat. En mag julle baie gelukkig wees. Vasbyt, jy sal geluk vind.
Hierdie gaan die beste reeks van Boer Soek ‘n Vrou nog wees. Sterkte aan al die boere!
Baie Sterkte Damian ! Ek het net so gevoel gehad daar sal ‘n gay boer wees die seisoen ! Baie Sterkte !
Mooi so Damian! Jy staan op vir wie jy is en wat jy wil hê! Verskoon die verkramptes en hulle wat jou met ‘n Bybelversie(s) ‘slaan’ – meestal is hulle self in elk geval nog ‘in die kas’ en sielsongelukkig omdat hulle ‘normaal’ probeer wees om tog net in te pas…ek weet want ek was ook daar…
Hoop jy maak die top 10 en kry die lewensmaat waarna jy soek!
Ek bedoel die ‘top 5’…en kry sommer ook die meeste briewe!
Ek het reeds 3 briewe gestuur aan Damine. Hy MOET my kies
Damian, mag ek ook vir jou skryf. AL PROBLEEM, WAT MAAK EK MET MY VROU.
Nee Siener…dis net mense wat verstaan!!!!!
AG wat, ons laat haar huishou en dan stap ons tweetjies lekker op die plaas rond.
Goeiste…… Boer Willem lyk darem baie soos Joost vd Westhuizen…. sag op die oog.
Mooi so, Kyknet. Dis goed dat ‘n gay boer blootstelling kry, want volgens die wette van statistiek moet daar ‘n paar van hulle wees. Gay mans is nie almal trourok-ontwerpers en kokke nie; nie almal interieurontwerpers of in ‘show business’ nie. Daar is gay boere, rekenmeesters, onderwysers, prokureurs, banktellers, dokters, predikante (ja, tannie!), joernaliste, verpleërs, motorwerktuigkundiges, sekuriteitswagte en – les bes – rugbyspelers. Go, Damian! Hoop jy kry jou sielsgenoot.
TannievandieVrystaat: jy is 200% reg. As die oningeligtes wat sulke snedige opmerkings maar net weet: Hul gunsteling akteur, sanger EN rugbyspeler is OOK gay…
Dis vir my net baie vreemd dat almal wat vir Damian (en gay persone) ondersteun, hulle opinie mag gee, maar sodra iemand wat teen dit is hul opinie gee, word daardie persoon sleggemaak. Kommentare is seker vir almal, of nie?
Namens die Reformerende Kerk wil ek die hoop uitspreek dat Damien se belydenis dat hy gay en Christen is, mense se oë sal oopmaak vir die realiteite van die lewe. Ja, daar is pragtige belydende gay Christene… wat erg seergemaak word deur sommige van die neerhalende opmerkings wat deur ander “Christene” geplaas word. Ons wens Damien alles van die beste en bid dat die Here hom ryklik sal seën!” ds Andre Muller
Ja ds Andre Muller. Daar is belydende gay Christene. Daar is ook belydende Christen alkoholiste, dwelmgebruikers, egbreekplegers en sondaars soos ek. Maar, regverdig dit hulle/my sonde ewe skielik? Vergifnis beteken nie dat sonde nie meer sonde is nie; dit beteken dat jou sonde weggevat is. “Gaan dan en sondig nie meer nie” beteken dat jy nie moet aanhou sonde doen nie, m.a.w. moet nie vir ‘n alkoholis ‘n bottel bradewyn in die hand stop omdat sy vergrype hom vergewe is nie.
Ek is verstom. Kan nie glo wat ek lees nie. Dat daar soveel mense is wat pro gay is en dat dit goedgekeur-praat-gemotiveer word. Ek weet dat dit sonde is. Die Bybel leer ons dit. Dit maak die leefwyse nie reg nie. Moet ons ons kinders nou leer dat dit reg is? Die program gaan een minder kyker he! Baie teleurgestel met KykNet! Hierdie werk nie vir my nie. Dis my mening.
Sjoe.. Ek self het groot geword op ‘n plaas, my vriende boer nog en ek beskik oor ‘n bestuurderspos in ‘n bedryf wat hoofsaaklik deur “straight” mans beheer word en nog nooit is ek op neergekyk nie, inteendeel daai boere kom vinnig vir my op as iemand iets te sê het. Damian het “guts” want soos almal kan sien het mense en selfs families huise van glas. Kom ek sê net eending, ek het al gebid, gesmeek en probeer om “straight” te wees en glo my dit is waragtag nie ‘n leefstyl keuse nie. Ek is soos ek is en het sielkundig baie gesond geword toe ek myself aanvaar en dit is die mees belangrikste. Self aanvaarding en die verhouding tussen jouself en Die Here. Sal ek inskryf? Nee, maar dit is ook elkeen se keuse. Sterkte #BoerDamian
Alle sukses vir jou. Mag jy geluk vind en baie sterkte. Alle mense verdien geluk en liefde in hulle lewe. Moenie jou laat onderkry wat ander mense sê nie want alle mense is belangrik en menswees gaan oor baie meer as net seks of seksuele orientasie waarmee sommiges so behep is.
Ook voorspoed aan die ander deelnemers mag julle ook geluk vind en baie sterkte vir julle.
Ag baie dankie vir die artikel. So aangenaam om te sien dat hier sleg positiewe komentaar gelewer word. So spyt dat die werklike honderde ander wel verwyder word omdat daar geen vryheid van spraak is nie. Tekens van die tye. Soos die duiwel se “do as thou wilt”
Stem saam met Hanna en Maxi…
Ewe skielik wens al wat n “macho” is, geluk!
Iets klink nie vir my opreg nie !
Ek Personlik dink dit is al lankal tyd dat n Gay man op die program kom, Ek dink dat die tyd dat hulle sonder ander mense se onderstuining deur die lewe normaal sonder ou tanies met n nat broek of ouens wat aan hulself twyfel want mama se nee dis verkeurd is verby
ek pesoonlik dink die duiwel wag vir sulke mense wat ander mense onderdruk ek hulle lewe nag maak, maar dis my opienie en ondervinding.
Ek hoop die pot kry n deksel wat hom so gelukug maak dat dit al is wat mense raak sien.