‘Boer soek ʼn vrou’ se Ilne verloof

Ilne Prinsloo en Wianco Blom het Saterdag verloof geraak. (Foto: Instagram/Ilne Prinsloo)

Ilne Prinsloo, ʼn student van Potchefstroom en een van die kykNET-reeks Boer soek ʼn vrou se gewildste deelnemers, het Saterdag verloof geraak aan Wianco Blom.

Prinsloo het bekendheid verwerf toe sy boer Graham Lombard, ʼn melk-en-beesboer van Cradock in die Oos-Kaap, se hart gewen het op die werklikheidsprogram Boer soek ʼn vrou.

Prinsloo en Blom is die afgelope paar maande ʼn paartjie. Sy het Sondag ʼn rits foto’s gedeel waarin Blom op sy knie gaan om haar hand te vra.

“Maklikste ja van my lewe,” het Prinsloo by dié foto’s geskryf. “Ek kan nie wag om die res van my lewe saam met jou te spandeer nie [sic].”

Die voormalige Boer soek ʼn vrou-aanbieder en sangeres Leah het die paartjie gelukgewens op Instagram. “So bly vir julle. Geniet elke oomblik, dis só lekker,” het Leah gekoer.

Marciel Hopkins, aanbieder van die nuwe seisoen van die reeks wat in Januarie op die kassie begin draai, het ook die paartjie gelukgewens.

“Baie, baie geluk liewe Ilne! Super bly vir julle,” het Hopkins gesê.

Prinsloo en Lombard was een van die reeks se gewildste paartjies, maar het in Februarie vanjaar bevestig hul paadjies het geskei.

Die nuwe seisoen van dié reeks word vanaf Donderdag 21 Januarie op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.