‘Boer soek ’n vrou’: Skryf nóú in

Terwyl die jongste seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou einde se kant toe staan, het dié kanaal aangekondig dat die inskrywings vir die 2018-reeks amptelik oop is.

Die reeks, wat sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde help vind het, boei kykers oor die land.

Boere of plaasbestuurders, mans óf vroue, kan op kykNET se webwerf inskryf om deel te wees van die 11de seisoen.

Hoe werk die inskrywings?

  • Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskrywingsvorm kan aflaai.
  • Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
  • Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 9 Februarie 2018 bereik.
  • Die tien gekose boere sal teen 8 Maart 2018 in kennis gestel word.
  • Diegene wat wil deelneem, moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.

Die 11de reeks sal vanaf Oktober vanjaar op kykNET gebeeldsaai word.

Rig navrae aan Marche Media by 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Boer soek ʼn vrou is Donderdae op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien. Lees meer oor dié reeks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eier ·

Dis beter as om al die ander sepies te kyk, en as dit so pynlik is, kies n ander kanaal?

Lizelda ·

Ek geniet my weeklikse “Boer soek n vrou” program. Wens net die boere wil van die begin af besluit as afstand n probleem is want vd meisies wat huistoe gestuur was was baie oulik hulle het net volgens die boere te ver gebly. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.