‘Boer Soek ʼn Vrou’: Só lyk die manne

Die nuwe Boer Soek 'n Vrou-manne (Foto: Verskaf)

Die nuwe Boer Soek ‘n Vrou-manne (Foto: Verskaf)

Die keur van die Boer Soek ʼn vrou-oes is onlangs aangewys en dié boere van die negende reeks gaan die kassie behoorlik laat smeul.

Dié vyf boere is onlangs as die amptelike deelnemers aan die jongste  Boer Soek ʼn vrou-reeks aangewys.

Vanjaar het dié gewilde reeks, wat in sy negende seisoen is, ook ʼn nuwe baadjie aangetrek, met die nuwe aanbieder, Minki van der Westhuizen, wat vir die geselsies tussen die boere en meisies gaan sorg.

Vanjaar se deelnemers boer onder meer met wyn, vrugte en melk.

Die nuwe seisoen is van 13 Oktober om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, te sien.

Besoek kykNET se webwerf vir meer inligting.

Johannes (27) van Robertson (Foto: Verskaf)

Johannes (27) van Robertson (Foto: Verskaf)

Arno (26) van Newcastle (Foto: Verskaf)

Arno (26) van Newcastle (Foto: Verskaf)

Hennie (26) van Willowmore (Foto: Verskaf)

Hennie (26) van Willowmore (Foto: Verskaf)

Rob (39) van Knysna (Foto: Verskaf)

Rob (39) van Knysna (Foto: Verskaf)

Leon-Fritz (29) van die Roedtan-omgewing in Limpopo (Foto: Verskaf)

Leon-Fritz (29) van die Roedtan-omgewing in Limpopo (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annakapat ·

As ek nie so gelukkig getroud was met my stadsjapie nie het ek sowaar vir my ‘n boer gaan soek – mooie manne! Hoop julle kry elkeen die regte vrou … sterkte!

Rikku ·

Wat n klomp aantreklike mans. Sjoe Meisies julle is gelukkig ?
Hoop elke Boer kry sy Lewensmaat.

CAROL ·

Ai togi daar tel my ouderdom teen my (hahaha), mmm mens kry nog aantreklike jong manne. sterkte manne!

Moira ·

Ek het nog nooit die program gekyk nie maar ek gaan vir seker dit nou kyk. Ek is al n ou vrou en het self seuns maar hierdie klomp is baie aantreklik. Hoop elkeen van hulle kry hul maat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.