Boer soek ʼn vrou: Só lyk vanjaar se boere

Marciel Hopkins. (Foto: Sulet Fourie)

Die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het Sondagaand die 13de seisoen se top-10 boere bekend gemaak.

Vanjaar se boere, almal op soek na vroulike pasmaats, se ouderdomme wissel van tussen 24 en 52. Drie boere is afkomstig van die Vrystaat, drie van die Wes-Kaap, twee van Mpumalanga, een van Gauteng en een van Noordwes.

Diegene wat vir een van die top-10 boere ʼn brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ʼn weduwee wees. Inskrywings moet voor middernag op 8 Augustus 2020 ingedien word.

Anders as tevore gaan voornemende pasmaats nie handafgelewerde briewe of pakkies vir die boere kan stuur nie en sal slegs digitale inskrywings, wat ook deur ʼn video vergesel kan word, aanvaar word.

Diegene wat die boere beter wil leer ken en wil inskryf, kan die volgende doen:

  • Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv,
  • Bel 079 335 5137 of
  • Stuur ʼn e-pos na [email protected] (Let wel .media en nie .co.za nie)

In die verlede is Boer soek ʼn vrou van Oktober tot Januarie uitgesaai, maar die Covid-19-pandemie het vanjaar die produksie van die reeks vertraag. Marciel Hopkins is die aanbieder van dié seisoen.

Kykers sal die boere se liefdesreis van Donderdag 21 Januarie kan begin volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het.

Só lyk die boere:

Boer Albert. (Foto: Verskaf)

Albert (24) Rooibostee, sitrus en skape – Clanwilliam, Wes-Kaap

Boer Déan. (Foto: Verskaf)

Déan (28) Macadamia-neute – Nelspruit, Mpumalanga

Boer Hannes. (Foto: Verskaf)

Hannes (52) Gemengde boerdery – Kroonstad, Vrystaat

Boer Kobus. (Foto: Verskaf)

Kobus (52) Gemengde boerdery – Randfontein, Gauteng

Boer Marthinus. (Foto: Verskaf)

Marthinus (25) Gemengde boerdery – Arlington, Vrystaat

Boer Mathys. (Foto: Verskaf)

Mathys (25) Skaap, bees en bosbou – Dullstroom, Mpumalanga

Boer Niel. (Foto: Verskaf)

Niel (32) Vrugte – Grabouw, Wes-Kaap

Boer PF. (Foto: Verskaf)

PF (30) Veë, groente en saad – Laingsburg, Wes-Kaap

Boer Richann. (Foto: Verskaf)

Richann (29) Skilderbokke – Vredefort, Vrystaat

Boer Stephan. (Foto: Verskaf)

Stephan (40) Bees en saai – Lichtenburg, Noordwes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Die bly maar n grap. Gaan kyk wat is die einde van die programme oor die jare. Ek hoop regtig die boere word genoeg betaal.

piet-van-die-namib

Lyk my ons is meer as een Pieter op die forum.

JohanR

Waaneer begin BoerVrou soek ‘n man? Ek is 93, lief vir die buite lewe, ontbyt in die bed met lekker koffie, middag ete onder die boome, aandete voor die kagel, en dan my bad en in die bed sit. Niemand oor die 40 nie asseblief. Op my ouderdom is ek ook nie meer soe baie kieskeurig nie, soe enige nie te sleg lykend BoerVrou sal doen. Mettertyd kan jy my ook miskien in jou boedel inskryf. As jy soe bietjie soos Anneline Kriel lyk sal dit nog ‘n bonus wees.

George

Die aanbieder is darrem vir jou pragtig

pokkel

en hul almal is weer die keer opsoek na vroue, net vroue?