Die 23-jarige Toanette Els, die enigste vroulike boer wat vanjaar deel is van die 11de seisoen se top-10 boere, het deurgedring na die volgende ronde van die gewilde kykNET-realiteitsprogram Boer soek ʼn vrou nadat sy twee groot sakke vol briewe ontvang het van belangstellende, potensiële pasmaats.
Dit maak haar die eerste vrou wat na die top-5 van dié program deurgedring het. Toanette het luidens ʼn mediaverklaring gesê sy sien die geleentheid om ʼn deelnemer aan Boer soek ʼn vrou te wees as die kans van ʼn leeftyd.
“Dit is regtig ook ʼn voorreg om die eerste vroulike boer te wees om in elf jaar tot die top-vyf deur te dring,” het sy gesê. Drie gelukkige mans sal uiteindelik, na afloop van die ontmoeting in die Kaap, saam met haar terug gaan plaas toe.
Die deelnemer wat die meeste briewe vanjaar ontvang het, was André. Leah, die nuwe aanbieder van die program, het hom verras met vier groot sakke briewe.
In volgende week se episode moet dié vyf elk tien moontlike pasmaats van hul keuse, na aanleiding van die briewe wat hulle ontvang het, in blitsafsprake ontmoet. Aan die einde van die episode sal die boere elkeen vyf pasmaats wat hulle graag beter wil leer ken, kies om dan uiteindelik te besluit watter drie moet saam koers kies na hul onderskeie plase toe.
Sondag 28 Oktober voer Hannes van Wyk ʼn eksklusiewe onderhoud op die Kwêla-rusbank met Toanette om 18:00 op kykNET. Sy gesels oor hoe dit voel om die eerste vrou in Boer soek ʼn vrou se top-vyf te wees en haar ma se kankerstryd en afsterwe midde ʼn omstrede bedrogsaak wat ʼn media-storm veroorsaak het.
Hier is die top-5:
André, 35
André boer met skape en angorabokke in die Colesberg-omgewing in die Noord-Kaap.
Rèan, 26
Rèan boer op ʼn wingerd- en pekanneutboerdery op Groblershoop in die Noord-Kaap.
Toanette, 23
Toanette se onderneming op ʼn wildplaas in die Modimolle-omgewing in Limpopo fokus op opleiding in natuurbewaring.
Cassie, 28
Cassie boer op ʼn saai- en beesboerdery op Elandslaagte in KwaZulu-Natal.
Duncan, 36
Duncan is ʼn beesboer op Verkykersdorp in die Vrystaat.
Skakel elke Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 vir ʼn nuwe episode van Boer soek ’n vrou.
Sien uit na die nuwe reeks.
Verkykerskop
Liewe Toanette….jy maak ons dames trots! Ek is so bly jy het die “aanslag” oorleef…..dit lyk of NIKS en NIEMAND jou kan onderkry nie. Ek glo jy gaan die liefde van jou lewe ontmoet. Ek hou STYF duimvas. Die manne is net so oulik! En Leah….jy is puik en pragtig!
@ALTA, die “aanslag” hahahaha wat? die waarheid?
Hoop dis boerin soek n man !! Hulle sal maar n nuwe program moet begin!!!ha ha
@Jollie, nee man! Dit moet “Boervrou soek ‘n man” wees.
Mmmm, Andre en Duncan is sag op n ouvrou se oog.
Eintlik moet dit wees “vrou soek ‘n boer…”. Daar is meer girls wat inskryf met ander woorde meer vrouens wat soek. ?
Dalk verras Toanette ons en nooi vir Boer Johan plaas toe….! Dan kan ons weer baie lekker lag
Duncan is so ʼn aangename man en ek hoop hy kry sy droomvrou. Ek ken hom redelik goed, hy is ʼn kliënt van ons.
Maroela Media, dis Verkykerskop, hoor. Nie Verkykersdorp nie :)