‘Boer soek ʼn vrou’: Wie gaan saam plaas toe?

André kuier saam met Lea-Mari (regs) en Corinne (links). Hy het albei van hulle saamgenooi plaas toe. (Foto: Verskaf)

André kuier saam met Lea-Mari (regs) en Corinne (links). Hy het albei van hulle saamgenooi plaas toe. (Foto: Verskaf)

In Donderdagaand se episode van Boer Soek ’n Vrou het Cassie, André, Rèan, Toanette en Duncan elkeen ʼn tree nader aan die kans op ware liefde gegee.

Die vyf boere wat die kans gegun is om in die Kaap saam met vyf van hul potensiële pasmaats te kuier, het na afloop van ʼn individuele gesprek met elke persoon gekies wie op hul onderskeie plase gaan kuier.

Dit is van die hubare pasmaats verwag om in groepsverband hul kookvernuf in die kombuis ten toon te stel en na afloop van ʼn heerlike ete wat hulle saam voorberei het, het elke boer sy topdrie‑keuses aangekondig.

Cassie maak sy besluit bekend. Langs hom is Leah. (Foto: Verskaf)

Cassie maak sy besluit bekend. Langs hom is Leah. (Foto: Verskaf)

André (35), ʼn skaap- en angorabokboer van die Colesberg-omgewing in die Noord-Kaap, het vir Lea-Mari, Madelé en Corinne gekies. “Ek voel soos ʼn kat wat botter geëet het,” het hy met ʼn groot glimlag aan die aanbieder, Leah, gesê nadat hy sy keuse bekend gemaak het.

Cassie (28) het emosioneel geraak toe hy vir Alyssa, Natasha en Linnaé genooi het om by sy saai- en beesboerdery in Elandslaagte in Kwa-Zulu Natal te gaan kuier. “Dis nie lekker om die meisies seer te maak nie,” het hy met trane in sy oë gesê.

Rèan (26), ʼn wingerd- en pekanneutboer van Groblershoop in die Noord-Kaap, het sy flikkers gegooi vir Rox-zee, die Engelse nooi wat sy oog tydens verlede week se blitsafsprake gevang het, en het haar saam met Michelle en Minette na sy plaas toe genooi.

Duncan en Kelly kuier by die knetterende kaggelvuur. Hy het haar saamgenooi plaas toe. (Foto: Verskaf)

Duncan en Kelly kuier by die knetterende kaggelvuur. Hy het haar saamgenooi plaas toe. (Foto: Verskaf)

Duncan (37), die Engelse boer van die elfde seisoen, het vir Kelly, Christelle en Louise genooi om te kuier by sy beesboerdery in Verkykersdorp in die Vrystaat. “Dit is moeilik om te kies, want hulle almal is oulik,” het hy teenoor Leah gebieg.

Toanette (23) het vir Nardus, Adriaan en Carlo saamgenooi wildsplaas toe in Modimolle in Limpopo. “Ek sien baie uit daarna om elkeen van hulle beter te leer ken,” het sy gesê. “Ek hou nie van ʼn bakleiery nie, so dit is vir my belangrik dat almal oor die weg moet kom.”

In volgende week se episode kies die boere se kuiergaste koers plaas toe en daar gaan hulle vir ’n week lank saam met die boer woon en werk, terwyl die boer moet besluit of daar ʼn kans op liefde is.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir ʼn nuwe episode van Boer soek ʼn vrou op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ballon ·

Die boere het mooi meisies hierdie jaar. Hulle is self aantreklike jong manne en vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.