Boer soek nie meer vrou

Boer Stephen (Foto: Verskaf)

Die boere is nog skaars aan die publiek bekend gestel, maar ʼn finalis in die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het hom reeds van dié reeks onttrek.

Wilmer Muller, kykNET-mediabestuurder, het bevestig dat boer Stephen (24) kykNET pas ingelig het dat hy hom van dié reeks onttrek omdat hy liefde gevind het.

Dié boer het aan kykNET gesê sal dit onregverdig wees teenoor sy nuwe meisie om aan dié reeks deel te neem, en sy onttrekking daarvan beteken dat ʼn ander boer moontlik kan liefde vind.

Die 23-jarige Willie van Viljoenskroon in die Vrystaat is pas in sy plek as finalis aangewys.

Willie het onlangs sy B.Comm-graad in landbou-ekonomie aan die Noordwes-Universiteit behaal en is ’n saai- en beesboer.

Die sluitingsdatum vir briewe aan dié boer gaan met ʼn week verleng word.

As jy dus vir Willem wil inskryf, moet dit teen middernag op 2 Junie gedoen word. Briewe aan die ander nege boere moet steeds teen middernag op 26 Mei gestuur word.

Meer inligting oor die boere en inskrywingsvorms is beskikbaar op kykNET se webwerf.

Lees meer oor Boer soek ʼn vrou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Ruby ·

As ek in Willie se gesig kyk, sien ek ‘n bitter goeie en opregte mens.

Een vraag ·

Daar is so baie plaasmoorde, ek kan nie verstaan hoe so ‘n program nog vervaardig word nie?

Hoe nou? ·

Wat het dit met die prys van eiers uit te waai?

Mens se lewe gaan nogsteeds aan al val die wêreld uitmekaar of moet ons almal op n hopie gaan sit en vergaan?

Nettie ·

Ek val nou glad nie meer in die trou-materiaal kategorie nie (te oud, te vet en te lelik), maar ….e…. as ek óóit aan so ‘n kompetisie (in my jonger jare) deelgeneem het, sou ek net gegaan het vir die ouens wat hier in die Karoo of Wes-Kaap boer. @Een vraag – sê nou maar die storie loop op ‘n getrouery uit en ek moet daar op daai plaas doer bo in Boere-Moordenaarsland (Limpopo, Mpumalanga en Noord-Wes) gaan bly – ek plaas mos my lewe op die spel! Nee wat, gee my dan eerder ‘n Kaapse wynboer (al is hulle wintie) of ‘n Karoo skaapboer (al kou hulle klippe as hulle pgaat)!

Johann ·

Die reeks is vir my uiters swak, onvolwasse en maar net nie die ding wat ek sou wou doen nie

Amanda Landman ·

Stem 100% saam! Dis so pynlik, ek kan nie daarna kyk nie…

Floppie ·

Wens hulle wil nou die program ook staak, ek dink dit het sy sell by datum oorskry. Hoeveel van hierdie reekse het regtig tot huwelike gelei en hoeveel tot baie hartseer en onmin? En die onttrekkery is net sulke snert, as jy ingestem het tot so ‘n program moet jy dit voluit deurgaan tot teen die einde. Dis maar vir my ‘n ou floppie hoor!

Kollie ·

Ek lag altyd as die ou meisietjies by die boer se plaas aankom, so opgesmuk. Genade, die ou is ‘n boer en soek ‘n Plain Jane.

Boerin ·

Boere van 24, 25 en 26 behoort nie al vrou te soek nie. Nevermind op nasionale televisie. En vat dit maar van een wat wéét om te boer is om elke dag te dobbel. Dis glad nie so glansryk as wat die meisietjies van Durbanville en Centurion dink dit is nie.

Ashley ·

Stem 100% saam – ek staan op 26 en ek kan myself nie nou al sien trou nie…. hulle is bloedjonk!

Kietsie ·

Die program is erger as ‘n landbou skou. Ek het een aand gekyk waar 10 meisies/ dames hulle self uitstal en die boer moet 5 kies. Dis ongelooflik vernederend en ek kan in my wildste drome nie dink hoe desperaat hulle moet wees nie!

Johan ·

Hoe desperaat moet n mens wees om op so n manier n vrou te probeer kry, en watter tiepe vrou loop agter n man aan ?

Lies ·

Ons kyk “boer soek vrou” van oorsee. Minder opsmuk, fieterjasies en sonder drama. Hier is dit ‘n mode parade van vroegoggend tot laat aand en dan kry ons ook nog drama klas. Ag nee wat! Simpel program.

Ina ·

Wat van “Pothole soek teer”? Dan kry ons finaliste met emmers teer en vul al die potholes. Dis darem ‘n verhouding wat ‘n paar maande sal hou.

Leona ·

Oh wereld eks gaande oor die mense se kommentaar!!! Ek het nou gelag vir jou Ina…dankie dat jy my dag gemaak het.

liza ·

Ek geniet die program en ek dink hulle het baie pret. Nie almal verstaan hoe ‘n realiteitsprogram werk nie. Veel beter in elk geval as die klomp sepies was deesdae op is. Maar ek stem saam, die meisies hoef nou vir seker nie so op te dollie as hulle plaas toe gaan nie.

E.K. - ek sê net! ·

Boerdery is wat my betref ampers dobbel met die natuur so ek stem saam as jy 24 is kan jy waaragtig nog nie so desperaat wees om vrou te kry nie. Dis bloedjonk vir enigeen en veral in boerdery behoort ‘n jong boer eers ‘n stywe bankbalans op te bou vir die maer jare en dan hom toespits op vrousoek. Vaderland wat is mense so desperaat? Hoekom kry hul nie gewoonweg vrou by oulike meisies in die distrik wat weet hoe boerdery werk, die maer jare wat mag kom en nie wil rondtrippel op hoë hakkies en na twee jaar besluit die stad is steeds waar hul wil wees nie? Net my mening, maar regtigwaar hierdie “cattle show” is vir my geheel en al simpel.

Deon ·

Wat van gegradueerde soek man of vrou? Welgestelde persoon soek man of vrou! Gay soek maat of oorgewig man soek vrou!!
Dit sal tenminste sorg vir kyk pret!!

cs ·

Deon ek stem, dit kan groot pret wees – Boer soek ‘n vrou is boring verby

sussa ·

wat gebeur as ek deelneem, my droomboer ontmoet en met hom trou, en 5 jaar later onteien die ANC-regering die plaas SONDER vergoeding en jaag ons weg? Enige boer en vrou met planne vir “settle” in ‘n huwelik, moet BAIE GOED die odds bedink voor hulle aan so n realiteitsreeks deelneem…

FJD ·

Elkeen van die meisies soek maar haar 5 minute van “fame” en die boere doen bemarking vir hulle plaas. Vervelige ou storie!!!!

cor ·

Ek sien die boersoek vrou ding het al soveel variasies gekry. Hier in ons omgewing is n bord op Bul soek boer, die boer teel stoetbulle, so ek wonder nou wat sal gebeur as hy op boer soek n vrou sou beland

Odette ·

Die program”Boer soek n vrou”behoort van die lug verwyder te word agv plaasmoorde! Ditl aat alles so goed en normal voorkom, terwyl die teendeel waar is. Alle aandag behoort op plaasmoorde gefokus te word, dis n nood toestand.

Konrad ·

Ek sal nooit n vrou of meisie na n plaas toe kan lok nie. Rede? PLAASMORDE. Punt.STOP die program.

Friendly ·

HALLO FAAN, DANKIE DAT JY MY GEKIES HET, DIS SO MOOI HIER EN KYK NET AL DAAI MOOI SKAPE!!!
FAAN: “MAGTIES MARTA, DIS KLIPPE”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.