Boere op die Aardsdrempel – nou op Showmax te sien

Boere op aardsdrempel

Foto: Verskaf

In ʼn klein, stowwerige dorpie in Argentinië bly ʼn gemeenskap wat van sokkie en braai hou. Hulle is afstammelinge van Afrikaners wat Suid-Afrika 115 jaar gelede, tydens die Anglo-Boereoorlog, verlaat het. Die taal en kultuur het gesukkel om te oorleef, maar die dorp bestaan vandag nog steeds en die boere wat daar bly verlang na hul families wat nog in Suid-Afrika woon.

Die dokumentêr, Boere op die Aardsdrempel, fokus op die dorp Comodoro Rivadavia, ʼn droë, windverwaaide stuk grond wat soos die Karoo lyk. Dit is waar die Afrikaners in 1903 aangekom het. Dit is in Patagonië geleë – uiters afgeleë, stil en beeldskoon. Kyk dit nou »

Die dokumentêr begin waar Theni “Ty” Dickason oor sy nalatenskap gesels. Sy ma is gebore op die skip na Argentinië toe ongeveer 650 Afrikaners oor die Atlantiese Oseaan geseil het. Ty is in Argentinië gebore en praat nog steeds Afrikaans. Om die waarheid te sê, die Afrikaans wat deur die gemeenskap in Comodoro Rivadavia gepraat word, is nader aan die Afrikaans wat in die vroeë 1900’s gepraat is, as die Afrikaans wat vandag in Suid-Afrika gepraat word.

Die Afrikaners het in die afgeleë gebied van Argentinië, Comodoro Rivadavia, beland (Foto:
kykNET)

Ty is gebore in Argentinië, maar het ʼn baie hegte verband met Suid-Afrika en sy familie wat hier woon. Vroeg in die dokumentêr sien jy hoe Ty oor die Atlantiese Oseaan uitkyk en vertel hoe hy daarna verlang om sy familie in Suid-Afrika te sien, met skote van Cecil Dickason (Ty se broerskind) wat van Kaapstad oor die Atlantiese Oseaan kyk en verstom staan hoe sy familie, meer as 115 jaar gelede, die gevaarlike reis aangepak het om van die oorlog in Suid-Afrika te vlug.

Voor die dokumentêr het Ty nog nooit Argentinië verlaat nie en was nog nooit op ʼn vliegtuig nie. Maar dan word sy droom bewaarheid en hy kry die geleentheid om na Suid-Afrika te reis. Die dokumentêr volg sy emosionele reünie met sy familie “tuis”.

Dié interessante dokumentêr, met regie deur Richard Finn Gregory, het drie Safta-toekennings in 2015 gewen vir klankontwerp, regie en kinematografie. As jy dié fliek op Showmax kyk, met bykomende beeldmateriaal van die vreedsame Patagoniese landskap, is dit duidelik om te sien waarom dit só suksesvol was. Kyk dit nou »

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Verskeie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.