Die gratis aanlyn platform MYtv se intekenare en StarSat-kykers kan uitsien na Boerie Broers as ʼn lekker warm TV-program waarin hulle bekende Afrikaanse persoonlikhede se rissie-uithouvermoë toets.
Die sanger en akteur Steven Sterling is die aanbieder van die program, en saam met sy broer Ryan Walt verwelkom hulle weekliks ʼn ateljeegas met heerlike “boeries” oftewel “warmbrakke”. Die boeries word dan opgedis met ’n brandrissie-sous wat deur die twee broers self vervaardig word.
Die rissiesouse wissel van warm tot ongelooflik warm en beloof om interessante sêgoed by die gaste te ontlok.
Bekendes soos Blackie Swart, Gert van Tonder (Sarel Seemonster) en Quinne Brown (Connie van 7de Laan) was van die eerste gaste wat Boerie Broers se uitdaging aanvaar het. Hierdie program beloof om vir lekker vermaak te sorg.
StarSat-intekenare kan na hierdie program op MYtv, kanaal 460, kyk. Dit is ook gratis te sien op MYtv se aanlyn platform vir intekenare by www.mytv.co.za.