‘BSV’: Boere nog geheimsinnig oor hul keuses tydens familiekuier

Louis M saam met Anja (links) en Laurette (regs). (Foto: kykNET)

Daar was ʼn ontspanne atmosfeer op die boere van kykNET se Boer soek ʼn vrou se plase nadat hulle die vorige aand een van die vroue wat op die plaas gekuier het, huis toe moes stuur.

Die twee oorblywende vroue het in Donderdagaand se episode saam met die boere besig gebly deur verskeie dagtake op die plaas te verrig, waarna hulle gereedgemaak het om die boere se vriende en familie te ontmoet.

Hoewel sommige van die vroue van die boere se geheimsinnigheid en weggesteekte gevoelens hou, is daar wel hier en daar ʼn vrou wat erken dat sy meer nodig het.

“Om nie te weet waar ek staan nie, is irriterend,” het die donkerkop Laurette op boer Louis M se plaas in Bela-Bela, Limpopo, gesê.

Francois en Vanessa. (Foto: kykNET)

Anja, wat saam met haar op Louis M se plaas kuier, het dit beaam. “Ek waardeer dat hy nie die een bo die ander voortrek nie, maar soms wil ʼn mens weet hoe hy voel en dat hy van jou hou.

“’n Mens is te bang om opgewonde te raak, want jy weet net nie hoe dit gaan uitspeel nie.”

Louis M het erken dat hy steeds sy oog op albei die vroue op sy plaas het.

“My vriende en familie verstaan nou deur watse helse tyd ek gaan. Hulle het na my toe gekom en gesê ek is in ʼn baie bevoorregte posisie om twee sulke wonderlike mense daar te hê vir my.”

Boer soek ʼn vrou is elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Mens sal dink manne wat so “hard” werk sal in beter shape wees. Maar die dames moet model lywe he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.