‘Byt & Buskruit’: Adam Tas pak die Vaalwater met ’n bekfluitjie, rugsak

Met hierdie rugsakjag wys Adam Tas die kykers wat jy alles nodig het om in die bos te jag, vleis te verwerk, kos te maak, te oornag en om natuurlik ook ʼn bietjie musiek te maak. (Foto: Verskaf.)

In die finale episode van Byt & Buskruit besluit Adam Tas om ʼn jagtog in die bergagtige Vaalwater-omgewing met net ʼn paar noodsaaklike items in sy rugsak aan te pak.

Dit is beslis een van die episodes van dié gewilde jag-en-visvangreeks wat jy nie wil misloop nie.

Met hierdie rugsakjag wys Adam die kykers wat jy alles nodig het om in die bos te jag, vleis te verwerk, kos te maak, te oornag en om natuurlik ook ʼn bietjie musiek te maak. Hy pak die jagtog met sy eie blinkvosperd en bekfluitjie aan waar hy kykers leer van spoorsny, water soek en brood bak.

Adam wys hoe belangrik dit is om ʼn goeie skuiling te vind, genoeg te rus en drinkwater te vind sodat jy gehidreer bly. Hy wys ook wanneer dit die beste tye is om te jag en hoe om jou pad terug huis toe te kry.

Dié gewilde sanger en liedjieskrywer is op die spoor van klipspringers, rooihartebeeste en blesbokke. Ná ʼn hele paar naelbytoomblikke word die sneller suksesvol getrek en is daar vleis op die spyskaart. Oudergewoonte word die aand ook hier met ʼn bietjie musiek en gesels om die kampvuur afgesluit, soos wat dit met elke episode in die reeks gebeur.

Hierdie unieke episode is ʼn gepaste afsluiting vir die tweede seisoen van Byt & Buskruit, wat deur Forum Films vervaardig word. Jy kan hierdie episode gratis vanaf Dapper Media se webwerf op enige slimtoestel enige plek in die wêreld stroom – al wat jy benodig, is data.

Die tweede reeks van Byt & Buskruit was ʼn reusesukses ondanks die afsonderingstydperk en al sy uitdagings vir die televisiebedryf. Hierdie reeks het kykers weer na eksotiese plekke oor die hele Suid-Afrika, en selfs oorsee geneem. Bekende gaste het heerlik saam met Adam gekuier en kykers sien bestemmings op ʼn manier waarvan hulle altyd net nog kon droom.

Kom sluit hierdie reeks saam met die Byt & Buskruit-span in die bos af en sien die mooi van ons land op ʼn unieke manier.

Volg Dapper Media op sosiale media vir die jongste nuus oor Byt & Buskruit of besoek Dapper Media se webwerf vir meer inligting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.