‘Byt & Buskruit’: Appel en Adam Tas gaan jag in die Kalahari

Appel (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Byt & Buskruit is ’n jag-en-visvangprogram wat gratis aanlyn beskikbaar is. Dis ’n Forum Films-produksie in samewerking met Dapper Media, en word aangebied deur Adam Tas, een van Suid-Afrika se bekendste sangers en liedjieskrywers.

Ons wil jou graag uitnooi om met hierdie avontuurlike reeks saam met ons op reis te gaan. Daar is 13 jag- en hengelepisodes wat beloof om uniek te wees. Kom verken saam met ons talle eksotiese plekke oor die ganse Suider-Afrika. Die span maak ook ʼn draai in wondermooi plekke soos Mosambiek, Namibië, Sint Helena-eiland en Hentiesbaai.

Ons jag saam met Appel in episode 9!

Christoph Kotze, die man agter die bekende naam Appel, is eintlik al veel langer bekend as wat mense dink. Hy is verantwoordelik vir van die grootste liedjies in die Afrikaanse musiekbedryf oor die afgelope tien jaar. Liedjies soos “Koue voete en warm liefde”, “Hande” en “Sal jy bly?” is van die groot treffers wat uit sy pen gevloei het. Later het Appel ook sy eie liedjies begin sing en hy is vandag veral bekend vir “Boer loop deur my are”, “Kom lê my neer” en “Ek is jagter”.

Die Byt & Buskruit-span het Appel uitgenooi om saam te gaan jag by Sandveld Hunting Lodge, wat 100 km noord van Vryburg geleë is. Dit is ’n unieke wildplaas wat diere soos kameelperde, blouwildebeeste, seekoeie, Bengaalse tiers en vele meer huisves. Appel pronk met sy swartwildebees, ondanks die uitdagende jagtoestande wat vir seker nie die maklikste van hierdie reeks was nie.

Byt & Buskruit is gratis beskikbaar en kan énige tyd, énige plek en op énige slimtoestel van Dapper Media se webtuiste gestroom word. Elke Donderdag om 18:00 word die week se nuwe episode vrygestel – hou dus Dapper Media se Facebook-blad dop vir elke week se lusmaker en bekendstelling.

Gaan registreer by www.dappermedia.co.za om Byt & Buskruit te kyk. Gehaltevermaak in jou taal!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.