Carte Blanche nou op Showmax te sien

In hierdie week se uitgebreide 90 minuut lange episode van Carte Blanche, wat reeds van Dinsdag, 30 Januarie vir Showmax se internasionale intekenare beskikbaar is, bied die span insig en ontleding van verskeie fasette van die Gupta-ryk, die Life Esidimeni-verhore en bring hulde aan ‘n Suid-Afrikaanse ikoon.

Life Esidimeni-verhore duur voort
Qedani Mahlangu, voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, moes uiteindelik hierdie week getuig in die Life Esidimeni-arbitrasieverhore, waar sy om verskoning gevra het vir die families van slagoffers van dié tragedie. Maar tydens haar getuienis het sy geen aanspreeklikheid aanvaar nie en het die blaam verskuif na die geskorste hoof van die Gauteng gesondheidsdepartement, Barney Selebano en die direkteur van geestesgesondheid, dr Makgabo Manamela, wat albei onlangs uit hul poste bedank het. Intussen soek die families wat geraak is steeds na antwoorde en die groot vraag bly staan: Wie gaan uiteindelik verantwoordelikheid neem vir die tragiese sterftes van 143 staatspasiënte?

Vervaardiger: Anna-Maria van Niekerk en Marzanne van den Berg
Aanbieder: Devi Sankaree Govender
Navorser: Siniketiwe Hlanze

Trillian: Bianca Goodson praat
In ’n in-diepte onderhoud lig voormalige Trillian-bestuursbeampte Bianca Goodson die sluier op die binnewerking van die Gupta-ryk en onthul hoe maatskappye met Gupta-bande beplan het om miljarde te tap van ondernemings in staatsbesit. Goodson maak ook teenoor Carte Blanche oop oor die geheime lewe van ’n fluitjieblaser – die vrees, angstigheid en depressie wat geassosieer word met uitpraat.

Vervaardiger: Graham Coetzer
Aanbieder: Macfarlane Moleli

Estina-melkplaas
In 2014 het Carte Blanche ondersoek hoe ’n massiewe boerdery-projek, die Estina-suiwelplaas wat veronderstel was om plaaslike Vrystaat-boere te bevoordeel, net nóg ’n skema geword het waardeur die Gupta-familie die staat wou melk vir miljoene van belastingbetalers se rande. Soos die Nasionale Vervolgingsgesag nader beweeg aan een van die grootste geldwassery-skemas word die melkplaas weer die middelpunt van die voortdurende ondersoek na staatskaping.

Vervaardiger: Kate Barry
Aanbieder: Devi Sankaree Govender
Navorser: Sasha Schwendenwein

Eskom: Afleidings en ontkennings
Dit was ’n besige paar dae vir Eskom, van die aankondiging van die nuwe raad tot die bedanking van die voormalige uitvoerende finansiële beampte Anoj Singh. Hierdie week het Singh en die hoof van kragopwekking, Matshela Koko, ook voor die parlement se ondersoekkommissie na die kragvoorsiener verskyn, maar as LP’s gehoop het vir reguit antwoorde, was hulle bitterlik teleurgesteld. Singh en Koko het eerder ontkennings en afleidings aangebied, of kon eenvoudig nie onthou wat hulle rolle was in gebeure wat Eskom volgens sommige LP’s op sy knieë gedwing het nie. Carte Blanche ondersoek die storie soos dit ontvou.

Vervaardiger: Joy Summers
Aanbieder: Devi Sankaree Govender
Navorser: Tony Beamish

Hugh Masekela: ’n Reus het geval
’n Internasionale ikoon, trompetspeler, komponis en musikant, en die “vader van Suid-Afrikaanse jazz” het vroeër verlede week in die ouderdom van 78 jaar tot sterwe gekom ná ’n uitgerekte stryd teen prostaatkanker.

Hugh Masekela was ’n legende in jazz-kringe wat tydens die apartheidsjare sy musiek gebruik het as protes teen die regering en om politieke verandering in Suid-Afrika aan te vuur. Carte Blanche bring hulde aan ’n Suid-Afrikaanse musikale reus.

Vervaardiger: Julian Sun
Aanbieder: Bongani Bingwa
Navorser: Siniketiwe Hlanze

SA-skiër kwalifiseer vir die Olimpiese Spele
Barkly-Oos aan die voet van die Maluti-berge in die Oos-Kaap is omtrent so ver soos mens kan kom van die beroemde ski-oorde van die wêreld, en hierdie berghange is slegs vir drie maande van die jaar bedek met sneeu.

Tog het hierdie klein dorpie ’n jong man opgelewer wat gekwalifiseer het vir die Winterspele wat volgende maand in Suid-Korea plaasvind. Carte Blanche gaan ski saam met die 22-jarige Sive Speelman.

Vervaardiger: Sasha Schwendenwein
Aanbieder: Derek Watts

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.