Chris Chameleon pak Namibië

Chris Chameleon is een van die aanbieders van die program ''n Plek om dop te hou'. Foto: Verskaf.

Chris Chameleon is een van die aanbieders van die program ”n Plek om dop te hou’. Foto: Verskaf.

 Chris Chameleon en Daniella Deysel is die aanbieders van ʼn nuwe dokumentêre reeks, ʼn Plek om dop te hou, wat tans op kykNET te sien.

Die FAK, in samewerking met kykNET, het ’n projek van stapel gestuur om ’n dokumentêr te verfilm oor die suksesverhaal van Afrikaans in Namibië. Die dokumentêr is vervaardig deur regisseur Tienie Theunissen, Andre van den Heever en Gerhard Burger.

Die projek is ’n uitvloeisel van die FAK en Netwerk se kulturele vennootskap en die dokumentêr bestaan uit vier halfuur-episodes wat veral sal fokus op die belangrike rol wat Afrikaanse kultuurorganisasies, entrepreneurs en skole speel om kulturele groeiruimtes en ’n ekonomiese waarde vir Afrikaans te skep.

As deel van die dokumentêr sal Chris ’n konsertreis aanpak met opvoerings in Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund en Otjiwarongo.

Die FAK glo dit is ’n unieke brugbougeleentheid om die Namibiese Afrikaanse verhaal van hoop oor die hele Suid-Afrika te vertel. Dit is ook ’n geleentheid om nuwe perspektiewe te bied op ons eie stryd om behoud van taal en kultuur. Dit is voorts ’n unieke geleentheid om die Namibiese kultuurorganisasies aan twee miljoen Afrikaanse kykers op kykNET bekend te stel.

ʼn Plek om dop te hou is Sondae 16:30 op kykNET (kanaal 144 op DStv) te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Altyd wonderlik om nóg van jou familie te ontmoet/ontdek !!

willie olivier ·

Ek kan nie wag om eendag miskien terug te trek Namibia toe nie! Is daar gebore.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.