Mooimaak, Clare Wiese-Wentzel se baanbrekersreeks wat elf vroue op ʼn inspirerende mooimaakreis neem, keer op Donderdag 9 Augustus om 20:00 terug na kykNET
Soos met die eerste seisoen word deelnemers se lewens verander met die beste en nuutste nie-chirurgiese kosmetiese behandelings, estetiese tandheelkunde, grimeerwenke, vars haarstyle en nuwe uitrustings.
Die tweede reeks sluit ook die nuutste tendense in gesondheid, gewigsverlies, sielkunde en meditasie in. Boonop is Mooimaak se deelnemers dié keer van reg oor Suid-Afrika – van Durbanville tot Alberton.
Kykers kan veral uitsien na ʼn meer intieme blik en meer dramatiese transformasies.
“Mooimaak se nuwe seisoen beloof om weer opwindend, insiggewend en, soos altyd, inspirerend te wees. Ons ontmoet ook vir die eerste keer die deelnemers in hulle eie wonings, waar ek ook met hulle naaste familielede gesels,” verklap Clare.
Volgens haar strek die transformasies wat die deelnemers ervaar ver verby die uiterlike. “Daar was ʼn paar deelnemers wat met baie moed openlik met ons oor persoonlike hartseer en trauma gepraat het.”
2018 se deelnemers is:
- Coreen Cronjé (67), Durbanville
- San-Marie Aucamp (26), Hermanus
- Liana van den Berg (55), Pretoria-Noord
- Bridget Petersen (49), Dennemere
- Claudine Fallen De Jager (27) Alberton
- Marissa Janse van Vuuren (49), Parklands
- Annelise Swanepoel (60), Centurion
- Elmarie Van Zyl (55), Vredendal
- Karin Smith (59), Springs
- Aneline van Reenen (38), Kuilsrivier
- Sonnette Nothnagel (47), Strand
Skakel in op kykNET, DStv-kanaal 144.
Sy’s n pragtige vrou.
Sy’t reeds die uitslae gegee op Instagram, gin nut om dié nou te kyk nie.
Shame man sy help seker nou onderhou
Mooimaak en Glam Guru ewe oppervlakkig en intelektueel gestrem…..
Kyk eerder hoe verf droogword……