Clare gaan weer ‘Mooimaak’

Clare Wiese-Wentzel. (Foto: Verskaf)

Clare Wiese-Wentzel. (Foto: Verskaf)

Mooimaak, Clare Wiese-Wentzel se baanbrekersreeks wat elf vroue op ʼn inspirerende mooimaakreis neem, keer op Donderdag 9 Augustus om 20:00 terug na kykNET

Soos met die eerste seisoen word deelnemers se lewens verander met die beste en nuutste nie-chirurgiese kosmetiese behandelings, estetiese tandheelkunde, grimeerwenke, vars haarstyle en nuwe uitrustings.

Die tweede reeks sluit ook die nuutste tendense in gesondheid, gewigsverlies, sielkunde en meditasie in. Boonop is Mooimaak se deelnemers dié keer van reg oor Suid-Afrika – van Durbanville tot Alberton.

Kykers kan veral uitsien na ʼn meer intieme blik en meer dramatiese transformasies.

Mooimaak se nuwe seisoen beloof om weer opwindend, insiggewend en, soos altyd, inspirerend te wees. Ons ontmoet ook vir die eerste keer die deelnemers in hulle eie wonings, waar ek ook met hulle naaste familielede gesels,” verklap Clare.

Volgens haar strek die transformasies wat die deelnemers ervaar ver verby die uiterlike. “Daar was ʼn paar deelnemers wat met baie moed openlik met ons oor persoonlike hartseer en trauma gepraat het.”

2018 se deelnemers is:

    1. Coreen Cronjé (67), Durbanville
    2. San-Marie Aucamp (26), Hermanus
    3. Liana van den Berg (55), Pretoria-Noord
    4. Bridget Petersen (49), Dennemere
    5. Claudine Fallen De Jager (27) Alberton
    6. Marissa Janse van Vuuren (49), Parklands
    7. Annelise Swanepoel (60), Centurion
    8. Elmarie Van Zyl (55), Vredendal
    9. Karin Smith (59), Springs
    10. Aneline van Reenen (38), Kuilsrivier
    11. Sonnette Nothnagel (47), Strand

Skakel in op kykNET, DStv-kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karin ·

Sy’t reeds die uitslae gegee op Instagram, gin nut om dié nou te kyk nie.

Bul ·

Mooimaak en Glam Guru ewe oppervlakkig en intelektueel gestrem…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.