Clare Wiese-Wentzel wil jou ‘mooimaak’ – skryf nou in

Clare Wiese-Wentzel (Foto: Verskaf)

Ná ʼn hoogs gewilde eerste seisoen van die skoonheidskenner en televisieaanbieder Clare Wiese-Wentzel se kykNET-skoonheidsprogram, Mooimaak, keer dié program binnekort terug na die kassie – en die produksiespan beloof dat dié reeks selfs meer opwinding en groot oomblikke as voorheen gaan inhou.

Wiese-Wentzel, dogter van die sakemagnaat Christo Wiese, het Vrydag aan Maroela Media gesê sy is opgewonde om dié keer met ʼn selfs meer boeiende program na die kassie terug te keer.

“Ons het nooit verwag dat die eerste seisoen van die reeks só goed sal vaar nie,” vertel sy. “Daarom het ons as gevolg van die geweldige terugvoer besluit om dié keer ʼn stappie verder in die nuwe seisoen te gaan. Ons wil steeds die moontlikhede ten toon stel, maar dié keer wil ons uitbrei oor die behandelings wat ons gaan doen en die kykers direk en indirek betrekmet alledaagse advies en wenke vir ʼn beter en ‘mooier’ leefstyl.”.”

Sy sê die program bied ʼn geleentheid vir vroue én mans om hul beste self te wees om uiteindelik meer selfvertroue te hê. “Dis nog altyd vir my ʼn ongelooflike passie om mense mooi te maak en hulle te lei om hul eie potensiaal raak te sien,” vertel sy.

“Dit gaan nie net oor voorkoms nie – die ‘mooimaak’-proses wat ons maak is ʼn lewensverandering in plaas van net ʼn gewone make-over; dit laat ʼn groot impak op die deelnemers se lewe. Ons het in die verlede gesien hoe ingrypend mense se lewens verander het; hoe lewenslustig hulle geraak het en met watter selfvertroue hulle begin rondloop het. Dis wonderlik om te sien hoe die deelnemers hul skouers reguit trek en met trots vir hulself in die spieël kyk.”

Clare Wiese-Wentzel (Foto: Verskaf)

Dié seisoen van Mooimaak sal uur lange episodes hê en in spitstyd op televisie vertoon, anders as die vorige seisoen se halfuur-episodes. Sy sê dié keer is daar meer intrige, vermaak en in-diepte transformasies wat voorlê.

Wiese-Wentzel sê sy wil enigiemand wat beter oor hul voorkoms wil voel, aanmoedig om vir die program in te skryf. Die keuringsproses word deur haarself oorsien. “Ons kyk na die hele prentjie: Ons wil weet waar jy vandaan kom, tot watter mate die verskil in jou voorkoms ʼn verandering in jou lewe gaan maak en of jy so iets regtig nodig het. Boonop fokus ons dié keer ook op deelnemers van Johannesburg én Pretoria ook in plaas van net in die Kaap én ons sal graag ʼn man op die program wil verwelkom. Ons kies die deelnemers met die hand – en dít is die mense saam met wie ons dan ʼn pad sal stap.”

Mooimaak fokus op nie-indringende kosmetiese prosedures soos onder meer botoks, vullers, karboksieterapie, laserterapie, chemiese afskilfering, radiofrekwensie en “thread lifting”. Wiese-Wentzel sê ʼn hooffokus is altyd tandheelkunde, wat bleiking, kosmetiese binding, keramiekvenere en krone insluit.

Haar raad vir diegene wat skrik vir kosmetiese behandelings? “Begin klein,” sê sy. “Moenie alles op een slag doen nie. Besluit hoe graag jy ʼn verskil wil maak – en begin dan met iets eenvoudig soos laserterapie. Kyk die program en volg die stories van die gewone mense saam met wie ons werk. Wanneer jy eers besef dat dit oor veel meer as net uiterlike skoonheid gaan, sal jy minder skrikkerig wees.”

Inskrywings vir Mooimaak sluit op 5 Maart. Laai die inskrywingsvorm hier af.

Hou dié reëls in gedagte:

Alle foto’s moet ten minste 1 MG groot wees, teen ’n wit agtergrond geneem word en met goeie beligting (geen skaduwees op jou gesig nie). Foto’s moet nie ouer as ’n maand wees nie. Niemand anders moet op die foto’s verskyn nie. Jou hare moet uit jou gesig uit wees, agter jou ore of vasgemaak. Geen grimering mag gedra word op dié foto’s nie.

  1. Maak seker jy het die inskrywingsvorm volledig en korrek beantwoord. Let wel: Jy kan slegs inskryf indien jy ouer as 21 is.
  2. Maak seker die benodigde foto’s en ’n afskrif van jou ID-dokument is ingesluit by jou inskrywingsvorm.
  3. Vorms wat geen foto’s of ID-afskrifte insluit nie, sal nie oorweeg word nie. Inskrywingsvorms moet die span voor middernag op Maandag 5 Maart 2018 aanlyn bereik. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie.
  4. Indien jou aansoek suksesvol is, sal jy op die laatste teen 29 Maart 2018 telefonies in kennis gestel word.
  5. Kontak die span indien jy enige verdere inligting benodig by: [email protected]

Van die gedaanteverwisselings wat op die eerste seisoen gemaak is (Foto: Facebook)

Van die gedaanteverwisselings wat op die eerste seisoen gemaak is (Foto: Facebook)

Van die gedaanteverwisselings wat op die eerste seisoen gemaak is (Foto: Facebook)

Van die gedaanteverwisselings wat op die eerste seisoen gemaak is (Foto: Facebook)

Van die gedaanteverwisselings wat op die eerste seisoen gemaak is (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

Sjoe, die dames op die foto’s is radikaal getransformeer!
Hoe lyk die manne wat sy onder hande gehad het?

Meisie Pienaar ·

Enige vrou kan nie te oud wees om te wil mooi wees.
Wil graag beter voel oor my self.
n mooi smile met wittande en mooimond. Pragtige haarstyl dit is nie maklik met erge krul-hare. En nadat ek die program gevolg het,is dit net hietdie span wat dit kan doen. Jul doen wonders, en verander lewens.

Ronell Alberts ·

Het nog my hele lewe n kompleks oor myself sal graag beter wil voel oor myself.Was in n motor ongeluk en het baie snye in my gesig sal bitter graag dit wil verwyder. As ek nie suksesvol is in die aansoek nie is ek bereid om te betaal daarvoor..Elke keer as ek in die spieel kyk word ek herinner aan daai aaklige dag.

Madelaine ·

Die dames lyk pragtig ek stel belang om dèel te neem grt asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.