Deel jou sprokiesbruilof met kykNET

Ons Sprokiesbruilof (Foto: Verskaf)

Ons Sprokiesbruilof (Foto: Verskaf)

Is jy op die punt om die knoop deur te hak? kykNET is op soek na ʼn klomp paartjies wat hulle gróót dag wil deel met die oog op dié kanaal se splinternuwe werklikheidsreeks wat in 2017 gebeeldsaai word.

Dié televisiereeks, Ons sprokiesbruilof, sal ’n klomp paartjies van die voorbereidings tot by die bevestiging en dan tot by die onthaal volg.

Die reeks word aangebied deur die Afrikaanse sangeres Sorina Erasmus.

Suzaan Keyter, kykNET-mediabestuurder, sê pare staan met dié reeks die kans om ʼn groot trougeskenk te wen – hul troudag verewig in ʼn televisieprogram. “As jy en jou verloofde ’n interessante storie het om te vertel en boonop vriende en familie het wat op televisie sal skitter, stuur vir ons ’n uitnodiging. Ons kom hou dalk saam met jou die sprokiesbruilof waarvan jy nog altyd gedroom het,” het sy gesê.

Voltooi die inskrywingsvorm op kykNET se webwerf as jy wil deelneem.

Sorina Erasmus is die aanbieder van Ons Sprokiesbruilof (Argieffoto)

Sorina Erasmus is die aanbieder van Ons Sprokiesbruilof (Argieffoto)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.