Die 10 flieks wat jy in jou leeftyd móét sien

‘n Toneel in Titanic (Foto: Argief)

Die tien flieks wat elke fliekvlooi volgens ʼn groep “rolprentfanatici” in sy leeftyd móét kyk, het gesamentlik 34 Oscar-toekennings ingeryg.

Dié groep van die televisiekanaal M-Net het die afgelope naweek die nr. 1-fliek in dié lys bekend gemaak. Dié emmerlysie vorm deel van M-Net se tydelike kanaal (pop up-kanaal) – wat as die M-Net Movie Bucket-list bekend gestaan het – en tussen 30 Oktober en 2 Desember 100 flieks vertoon het wat elke “fliekvlooi met selfrespek” volgens dié groep in sy of haar leeftyd behoort te sien.

Die kriteria vir die emmerlysie was dat die fliek ʼn spesifieke era moes definieer, grense moes verskuif, die status quo moes verander, ʼn groot en diverse gehoor moes trek, kritici wêreldwyd beïndruk het en in staat moet wees om kykers se liefde vir flieks aan te blaas.

Hier is die top-10 flieks:

1. Braveheart (1995)
Braveheart vertel die verhaal van William Wallace (Mel Gibson), ʼn 13de eeuse Skotse soldaat wat die Skotte in die oorlog vir onafhanklikheid teen koning Edward I van Engeland gelei het.

2. The Godfather: Part II (1974)
Dié Amerikaanse misdaadfliek is gedeeltelik gegrond op Mario Puzo se boek, The Godfather. Die verhaal vertel twee parallelle dramas – dié van Michael Corleone (Al Pacino) wat die familiebesigheid moet beskerm ná ʼn aanval op sy lewe en dié van Vito Corleone (Robert de Niro) se kinderjare tot die stigting van sy familieonderneming in New York.

3. The Silence of the Lambs (1991)
Clarice Starling (Jodie Foster) is ʼn topstudent by die FBI se opleidingsakademie. Jack Crawford (Scott Glenn) wil hê Clarice moet dr. Hannibal Lecter (Anthony Hopkins), ʼn briljante psigiater – maar ook ʼn gewelddadige psigopaat – ondervra omdat hy glo dat hy leidrade het oor ʼn spesifieke saak. Lecter is lewenslank agter tralies vir verskeie dade van moord en kannibalisme.

4. Terminator 2: Judgement (1991)
John Connor (Edward Furlong) is die enigste mens wat die oorlewing van die beskawing kan verseker wanneer robotte die wêreld gaan oorneem. Hy word deur T-1000 (Robert Patrick) geteiken om te verseker dat die wêreld wél oorgeneem kan word, maar T-800 (Arnold Schwarzenegger) – ʼn ander robot – moet sy lewe beskerm, waarna hy ʼn nou band met die robot ontwikkel.

5. Fight Club (1999)
Fight Club vertel die verhaal van ʼn depressiewe man (Edward Norton) wat ʼn relatiewe vreemde ontmoeting het met ʼn seepverkoper genaamd Tyler Durden (Brad Pitt). Nadat die man se huis vernietig is, gaan woon hy by Durden waarna hulle ʼn ondergrondse klub met streng reëls stig waar mans wat ook met hul eie lewe verveeld raak, teen mekaar kan baklei.

6. Pulp Fiction (1994)
Vincent Vega (John Travolta) en Jules Winnfield (Samuel L. Jackson) is twee sluipmoordenaars met ʼn voorliefde vir filosofiese besprekings.

7. Titanic (1997)
Titanic vertel die verhaal van die Britse passasierskip met dieselfde naam wat op 15 April 1912 in die Noord-Atlantiese oseaan gesink het. Met Kate Winslet en Leonardo DiCaprio.

8. Dead Poets Society
John Keating (Robin Williams) is ʼn nuwe Engelse onderwyser by ʼn skool wat bekend is vir sy eeue oue tradisies en hoë standaarde. Keating gebruik onortodokse metodes om na sy studente, wat geweldige druk van hul ouers en die skool ervaar, uit te reik.

9. The Dark Knight (2008)
Batman (Christian Bale) moet die sogenaamde “Joker” (Heath Ledger) die stryd aansê om steeds misdaad in Gotham City onder beheer te hou.

10. The Lion King
Dié Disney-animasieprent volg die avonture van die jong Simba (Zoe Leader), sy pa, Mufasa (Ernie Sabella), se erfgenaam. Simba se bose oom, Scar (Rowan Atkinson), wil die “troon” oorneem deur pa en seun tot in die middel van ʼn stormloop van ʼn trop wildebeeste te lok, maar Simba ontsnap die voorval terwyl sy pa sterf. Simba keer dan weer as volwassene terug na sy pa se ryk om die troon terug te vat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andries Visagie ·

Titanic? Waarskynlik as ‘n kuur vir slapeloosheid…

Willie ·

Lion King laat my te veel aan RSA dink…wie is die leeus en wie die haienas!

Liza101 ·

Ek weet regtig nie wat maak Terminator op die lys nie….

Helesti ·

The Lion King
Simba (jonk) was Jonathan Taylor Thomas
Simba (ouer) Matthew Broderick
Mufasa was James Earl Jones
Scar was Jeremy Irons

Wel ten minste in die Lion King wat ek gekyk het… :-)

Almal Behalwe... ·

Ek stem saam met almal behalwe Titanic. Hoogs overrated !

Hoe sê? ·

Starwars IV (heel eerste fliek) word internasionaal tot vandag toe beskou as die beste fliek ooit
James Cameron se Avatar, het die rolprent wêreld verewig verander

Hang maar seker af van watse soort flieks ‘n mens hou??

Annatjie Kruger ·

#1, 3, 7, 8 en 10 gesien. #4 Enige fliek met Arnold Schwarzenegger in is ‘n outomatiese NEE. #5 & 6 – Klink soos die flieks wat ek ten alle koste soos die pes sal vermy. #2 Pacino & De Niro lok by my dieselfde reaksie as met Arnold uit. #9 As ek nooit weer ‘n Batman of Superman of Superwoman (of enige ander superheld) fliek hoef te sien nie, sal dit te gou wees.

Gerhard ·

Die beste film ooit, nie eers op die lys nie. Verder is The Green Mile no2 beste film ook nie op die lys nie.

Adriaan ·

Stem 100% saam. Die lys het baie swak films wat ek beslis nie goeie punte toeken nie. Pearl Harbour so ook my lys gehaal het.

Gerhard ·

1. The Shawshank Redemption
2. The Green Mile
3. Inception
4. Silence of the Lambs
5. Rain Man
6. Forrest Gump
7. The Lord of the Rings
8. Gladiator
9. The Truman Show
10. 2001: A Space Odyssey

Yvonne Dippenaar ·

THE ENGLISH PATIENT Michael Ondaatje’s novel Dit is by ver die beste film wat ek nog ooit gesien het hy kan maar nr 1 wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.