Die beste misdaadreekse – nou op Showmax!

Op soek na ʼn lekker riller, misdaad- of polisiereeks? Of is jy dol oor ʼn speurder wat dalk self vol foute is, maar ʼn genie is wanneer hy ʼn saak moet oplos? Hier is van die beste misdaadreekse wat nou op Showmax te sien is.

Top of the Lake, S1-2

In dié aangrypende reeks vertolk Elisabeth Moss die rol van speurder Robin Griffin. In die eerste reeks keer sy terug na haar tuisdorp in Nieu-Seeland en, terwyl sy die verdwyning van ʼn swanger 12-jarige meisie ondersoek, moet sy self gruwelike gebeure uit haar verlede konfronteer. In seisoen verhuis sy na Sydney, en hoop om van die geweld uit die vorige saak te ontvlug. Daar is egter ʼn onaangename wending wanneer ʼn tas op die kuslyn uitspoel… Nicole Kidman en Gwendoline Christie is ook in die tweede seisoen te sien. Kyk nou »

Bosch, S1-4

Outeur Michael Connelly het die karakter van Hieronymus Bosch geskep en Titus Welliver laat hom leef in dié intense misdaadreeks. Bosch ondersoek moordsake in Hollywood vir die LAPD. Hy ondersoek in elke seisoen sake wat lyk of dit onmoontlik is om op te los – van ʼn kind wat jare gelede gewelddadig gesterf en in ʼn vlak graf gesterf het tot die sluipmoord op ʼn prokureur wat ʼn saak teen die LAPD sou bring. Die splinternuwe vierde seisoen van Bosch is nou eerste en slegs op Showmax te sien. Kyk nou »

Jordskott, S1-2

Dié vreesaanjaende Sweedse riller is eerste en slegs op Showmax te sien. Die storie handel oor speurder en ervare onderhandelaar Eva Thörnblad, wie se dogter Josefine sewe jaar gelede tydens ʼn piekniek in ʼn nabygeleë woud in haar tuisdorp verdwyn het. Familieverpligtinge laat Eva na die dorp terugkeer en sy ontdek ʼn seun het van dieselfde plek verdwyn en sy begin ook sy verdwyning ondersoek. Sal die nuwe saak enige leidrade bied oor haar eie dogter se verdwyning? Jordskott is eerste en slegs op Showmax te sien. Kyk nou »

HBO se The Wire, S1-5

Stap deur die strate van Baltimore, waar hardekwas polisiebeamptes en geslepe dwelmhandelaars teen mekaar te staan kom in dié briljante misdaadriller waar die lyne tussen reg en verkeerd nooit duidelik is nie. Kyk nou »

Foto: HBO

Stan Lee se Lucky Man

Uit die pen van tekenprentlegende Stan Lee kom dié Britse misdaadreeks met speurder Harry Clayton, ʼn briljante misdaadstryder vol foute met ʼn supermag – hy kan geluk beheer. Kyk nou »

Brooklyn Nine-Nine, S1-4

Met een van Amerika se beste komediante, Andy Samberg, in die hoofrol, weet jy jy’s in goeie hande. Diegene wat dol is oor komedies sal sommer dadelik van dié grappige polisiereeks hou wat in die fiktiewe 99ste distriksgebied van die NYPD afspeel. Kyk nou »

HBO se True Detective, S1-2

HBO se True Detective bly een van die mees aangrypende, intense, gewelddadige en verslawende misdaaddramas van die afgelope paar jaar en Hollywood-swaargewigte Matthew McConaughey en Woody Harrelson is twee polisiebeamptes wat ʼn ondergrondse okkultiese netwerk in Louisiana oopvlek. In seisoen 2 speel Colin Farrell, Vince Vaughn en Rachel McAdams polisiebeamptes wat gedwing word om saam te werk aan ʼn ingewikkelde saak in Kalifornië.  Kyk nou »

Foto: HBO

Fargo, S1-3

Die eerste drie seisoene van Fargo is gebaseer op die Coen-broers se fliek van dieselfde naam (ook op Showmax te sien). Al drie seisoene speel af in die sneeubedekte, afgeleë gebiede van Noord-Dakota en Minnesota af. Al drie stories handel oor wetstoepassers op die spoor van georganiseerde misdaad, sluipmoordenaars en arme, gewone mense wat in die middel van alles beland en uiteindelik self misdadigers word. Elke seisoen het ʼn donker, snaakse kant en die een is net so aangrypend soos die vorige met sterre soos Martin Freeman, Billy Bob Thornton en Ewan McGregor in die hoofrolle. Kyk nou »

The Missing, S1-2

Die twee seisoene van dié Britse misdaadreeks word met een ding verbind: Julien Baptiste, die ondersoekbeampte wat een gesin se enigste hoop is oom hul vermiste kind op te spoor. In seisoen 1 verdien Oliver Hughes in Frankryk terwyl hy en sy ouers saam op vakansie is. Agt jaar later sien sy pa ʼn foto van ʼn ander kind wat Ollie se serp dra, en sy pa voel daar is ʼn moontlikheid om hom op te spoor. In seisoen 2 daag ʼn meisie meer as ʼn dekade ná haar verdwyning weer op en Baptiste is die enigste persoon wat vermoed sy is nie wie sy voorgee om te wees nie … Kyk nou »

Foto: All 3 Weekly

BBC se Thirteen

Ivy ontsnap uit ʼn huis 13 jaar nadat sy ontvoer is. Sy word vinnig met haar gesin herenig, maar alles is nie pluis in dié geheimsinnige drama nie… Kyk nou »

Hawaii Five-O, S1-5

Dié klassieke TV-reeks herleef wanneer ʼn elite taakspan misdaad moet bekamp in Hawaii. Die span mag ernstige misdade ondersoek “wat dit ook al verg”. Die reeks is propvol aksie en ʼn vertoonvenster vir die mooiste natuurtonele van die Groot Eiland. Kyk nou »

Foto: CBS

Dexter, S1-8

Dié gewilde misdaadriller speel in Miami, Florida af. Forensiese wetenskaplike Dexter Morgan het ʼn verlede wat by hom spook en ʼn bloedlus in sy are. Hy werk by die Miami-polisiedepartement waar hy bloedspatselpatrone analiseer. Ná werk is hy ʼn reeksmoordenaar wat psigopate jag wat grumoorde gepleeg het en in sake waar geregtigheid nie geskied het nie. Kyk nou »

Foto: CBS

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland (tensy anders aangedui). Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.